
Foto van Henry Cloete: Naomi Bruwer
Gesien op Facebook:
Vir 'n oomblik opgekyk en gedink ek sien 'n meteoorreën. Toe was dit net die volmaan se lig wat vir splitsekondes op 'n slag bons van die bure se palmboom, met die wind wat die takke roskam en die blare dwing om hierdie spikkels weerkaatsingslig só te laat flikker. Waarskynlik net vir 'n kort rukkie, terwyl die maan in dié spesifieke posisie leeglê.
En ek dag ek's lucky genoeg om 'n meteoorreën te sien. Pfft. Stupid, fnuiklustige natuur. Niks moois gebeur ooit in Bellville nie.

