Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel

  • 1

Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Louis Esterhuizen het met hom gesels.

Video opgeneem deur Naomi Bruwer.

Charl-Pierre Naudé
Foto: Naomi Bruwer

Charl-Pierre Naudé
Foto: Naomi Bruwer

Louis Esterhuizen en Charl-Pierre Naudé
Foto: Naomi Bruwer

Louis Esterhuizen
Foto: Naomi Bruwer


Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey
Charl-Pierre Naudé
Tafelberg
ISBN: 9780624084341 

Op ’n dag in die vroeë sewentigs bemerk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net ’n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . 

Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het. 
                                ---
Die roman het gedien as ’n voorlegging vir die verkryging van ’n MA-graad in literêre teorie, kritiek en skeppende skryfkuns, gedoen aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, in 2016.

 

Lees ook

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé

  • 1

Kommentaar

  • Annora Eksteen

    Ongelooflik interessant en briljant. Die verbeelding bly dus altyd om verder te dink as net die essensie of net die bewysde werklikhede en dit is altyd so en bly dus 'n konstante werklikheid van ons onskuldige bestaan. Omdat die fisika ingegooi word, grens dit dus vir my aan wetenskapfiksie gemeng met die magiese in die verskeie bestane en daarmee saam inderdaad om oor alles te twyfel soos ook oor hierdie ewe-wêrelde, maar wat sekerlik by die lees van hierdie gedugte roman vir mens heeltemal werklik kan word. As ek dit nou min of meer reg het, want ek het nie die boek gelees nie, maar die onderhoud was uiters stimulerend en inderdaad het ek ook deurentyd met 'n glimlag daarna gekyk en geluister. Alles beslis baie beeldryk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top