Verwysings na hordes steen des aanstoots

  • 1

Hello Cornelius,

Baie dankie vir hierdie reaksie van jou kant af. https://www.litnet.co.za/Article/vloermoere-en-versinsels Dit is ongelukkig so dat die meeste daarvan al voorheen deur jou publiseer is en daarom nie nuwe inligting bied nie en is daar selfs daarin weer eens punte waaroor verskil kan word, maar daar word glad nie gepoog om afbreuk te maak aan jou getuienis nie.

Waarmee daar werklik ‘n probleem is, is die volgende opmerking van jou, “Wouter, in ’n mate kan ek verstaan wat jou so erg omtrent my ontstel. Ek het egter vrede met jou mening. Jy kan tog nie verwag dat ek daarin moet vasval nie.”

Nog nooit was die verwagting dat jy jou lewe volgens my mening moet inrig nie, dit sal nooit die verwagting of veronderstelling wees nie en om dit die kwessie te probeer maak is om volkome die omvang van die vorige verskille en gesprekke wan voor te stel.

Dit is betekenisloos van jou om te beweer dat jy verstaan hoekom jy my kwansuis sou “ontstel”.

Uit gronde daarvan, ‘n paar bevestigings. Ek word nie onstel deur jou nie, daar is geen haat en hoon van my kant af wat ek projekteer of ervaar teen jou.

Die enigste belangstelling is beperk tot die onderwerpe wat jy sou aanspreek waarin ek sou belangstel en indien die geleentheid daar is om soms daarop te reageer.

Alle verskille voorheen bespreek was slegs baseer op daardie basis, daar is nie verskuilde emosionele, sielkundige motiverings nie.

Dit is werklik net die argumente wat my aangaan. Nie teenstaande dit staan die uitdaging van die “visie van die gesalfde, beide vir jou en my en enige ander persoon wat oor idees en die belangrikheid daarvan in gesprek is.

Die volgende word aangebied soos dit na vore gekom het in ‘n onderhoud met George Steiner http://www.telerama.fr/idees/george-steiner-l-europe-est-en-train-de-sacrifier-ses-jeunes,75871.php
waarin hy aanvoer dat letterkunde nou beperk is slegs tot die beperkte skaal van die persoonlike en persoonlike verhoudings.

Die aansluiting daarvan met jou vertelling is eenvoudig, sterk soos jy ook al mag voel, is dit slegs die beperkte skaal van persoonlike ervaring wat jy aanspreek in jou skrywe en daar is geen manier hoe dit verhef kan word tot ‘n verklaring van die globale nie.

In daardie konteks word jou belangrikste aanspraak bevraagteken wanneer jy hier verwys na “Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese” groeperinge.

Wat wel benodig word is ‘n vertelling van wat die groep (samelewing) in sy volle kompleksiteit kan beskryf, net soos die onmoontlikheid daarvan ‘n konstante uitdaging is, hoe moontlik is dit om ‘n houvas te kry op “anything bigger than a home, or anything vaguer than a human being”.

Dit is op grond daarvan waar jy volgens my faal wanneer jy namens die “Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese” wil praat.

Meelewing op ‘n persoonlike vlak met persone in daardie groeperinge, enige tyd, maar nie soos jy hier probeer doen het, om dit tot ‘n alternatiewe werklikheid te probeer verhef nie.

Dit is hoekom Comestor se verwysings na die hordes net so ‘n steen des aanstoots is.

Die kompleksiteit en diversiteit van alles rondom my en die veelvuldigheid van die menslike ervaring en hoe om daardie kennis te kommunikeer is ‘n uitdaging wat daagliks oordink moet word.

Is “ons” geletterd genoeg daarvoor?

Baie dankie

Wouter

  • 1

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Wouter,  

    Omdat geen stem of eens 'n prentjie saam met jou woorde gaan nie, hoop ek tog jy verstaan dat hier waar ek as totaal vreemdeling jou woorde lees sonder om selfs 'n behoorlike naam daaraan te kan koppel, dit beslis nie so vriendelik oorkom as wat jy dalk sou wou nie.  

    Nietemin, ek het myself menigmaal soos 'n hoender op die spoorlyn verklaar dat ek my ervaring op die werf deel en nie namens enige groep hul dogma hier sit en tik nie.  

    My vreugde het my laat wegdryf van die Protestante en my met vrede laat aansluit by al die ander Godsdienste waaruit ek aanhaal.  

    Wat die "globale" betref, is Aartsbiskop Desmond Tutu tog sy lewe op rekord vir sy hart in die hutspot.  

    Dis is so dat ek weinig nuut aan jou kan bring; maar probeer een jaar self op 16 Deser by die Heilige George Katedraal in Kaapstad te wees en stap dan saam met die gemeente om eerstehands Hindoe, Moslem en Joodse liefde in die uitdra van die Evangelie te beleef.  

    Dis werklik 'n algemene Anglikaanse wyse.

    Die Jode het ook geen probleem met katolieke nie, en eweneens so die Moslems en Hindoes in ons land. In die Kaap kniel baie Moslems saam terwyl in Alberton daar selfs Hindoe lekepredikers is wat die Mis bedien.

    Die diens in Alberton word ook gereeld deur 'n "Mother Reverend" met 'n Tau simbool in die hand voorgegaan.

    Behalwe vir elkeen se hart in diens aan ons Almagtige Lewende Skepper, is die liturgie in welke die Godsdiens my liefde. Die ritusse en sakramente in die onderskeie Godsdienste is 'n besieling vir my.  

    En dis hoe gewoon my eie belewenis is en al die katkisasie wat ek so in my rondgaan oorkom -  dit dan wat ek op die werf deel.  

    Wouter, jy tik: "Die kompleksiteit en diversiteit van alles rondom my  en die veelvuldigheid van die menslike ervaring en hoe om daardie kennis te  kommunikeer is ‘n uitdaging wat daagliks oordink moet word."  

    En dis my moontlike antwoord met respek daarop Wouter; ek nooi jou heelhartig om jou intellek 'n bietjie te laat vaar en jouself toe te laat dat jou hart/gevoel jou in nuwe ervaring in die lewe lei.  

    Namaste!   Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,  
    Ekke        

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top