Hello,
Die ironie daarvan om Cornelius Henn vir Kobus te beskuldig as die “een” wat volgens sy eie oordeel alleen reg is, is net te veel. Het Henn dan vergeet hoe gereeld hy ’n vloermoer hier gegooi het wanneer sy gunsteling versinsels hier bevraagteken was en hoe gereeld hy daarop aangedring het dat hy wat Henn reg is sonder enige twyfel. Die verskeidenheid van onderwerpe is langer as wat 600 woorde jou toelaat om te kan bevestig. Dalk dink Henn die klug van die katolieke groete gaan hom vrywaar teen beskuldigings van engheid – want kyk hoe groot is my, Henn, se sirkel.
So asof die Katoliek en die Jood knus in dieselfde oortuiging staan. Pous Benedict XVI voer aan daar is net een Katolieke Kerk, Henn weer dink alles is katoliek – onbewus daarvan dat dit Henn eintlik ’n protestant maak.
Die party met een lid, die sal Henn wees, Kobus het die voordeel dat baie van sy stellings onder die algemeen-aanvaarde beginsels van die geloof deur hom gehuldig kan val. Daar is baie wat egter met ’n sak sout gevat moet word.
Maar hierdie is net ’n inleiding tot die aanbieding van ’n idee wat ek onlangs raakgelees het. Thomas Sowell beskryf die volgende persoon wat beskryf word as die gesalfde en die visie wat die gesalfde huldig:
“The vision of the anointed”.
The vision of the anointed is a complicated thing. It is part ideology, part prejudice, part ignorance, part psychological projection, and part (perhaps its biggest part) wishful thinking. The vision of the anointed is at its heart a refusal—a knowing, intentional refusal—to deal with reality on reality’s terms, or even to conscientiously encounter realities that are challenge that vision or unpleasant.
Dit word aan die deelnemers hier oorgelaat wie val die meeste male in die lokval van die “visie van die gesalfde” en te oordink wat kan gedoen word om dit te vermy.
Wouter


Kommentaar
Ek gun aan jou die mening ten spyte van die hewige wrok wat uit die hoofgedeelte straal ...
Interessant dat Kobus de Klerk hierdie uitnodiging al voorheen aan die fenomenale kits naslaner Woutie gerig het: "As jy nie moeite gaan doen om dié perspektiewe in te sien en dan my skrywes in die lig dáárvan bejeën nie, sal jy altyd net as onkundige buitestander halfgebakte kommentaar bly lewer."
Ja dis waar. Kobus ken die verskil tussen "aan" en "in" as dit hom pas.
Terwyl Woutie nes Kobus de Klerk 'n entoesiastiese aanhanger van kennis oor elke onderwerp in die Kosmos is, maan Kobus vir Woutie dat dié nooit sal verstaan totdat Woutie oopmaak en in die ding kom nie.
Tog weet beide alles oor ander se werklikheid sonder om ooit in 'n sinagoge, moskee, katedraal of Hindoe tempel aanbid het.
Cornelius Henn,
Wouter, aangesien jou veronderstelling omtrent my werklikheid so bepalend vir jou vrede teenoor my geword het, deel ek die volgende heelhartig met jou.
As ek myself oor minstens die afgelope dekade of wat moet beskou (ek is al so 'n jaar of wat oor 'n halwe eeu heen), aanbid ek gereeld saam en vrylik tussen Jode, Hindoes, Moslems, Anglikane, Roomses, Baptiste, Protestante, en Charismata.
Die afgelope drie jaar of wat met my dogtertjie, het ek baie meer saam met my (sinkretiese) Anglikaanse en Joodse broers en susters gekniel as voorheen.
Ek belowe jou egter dat ek kort-kort na my Baptiste, Katolieke, Hindoe en Moslem broers en susters verlang.
Jy sal nooit glo as ek vir jou verduidelik hoe besig 'n naweek kan raak en hoe intens die week verby vlieg as jy iewers by 'n studiereeks (katkisasie) in enige van die Godsdienste betrokke raak nie (dan tik ek nog gereeld op die werf en vang ek vis met die minste geleentheid - en dan werk ek ook nog oor die hele land daarby).
Ek dank God vir die genade daarin.
Maar hoe het dit gebeur?
As kind het ek langs die groot pyp kerkorrel van die Gereformeerde kerk Alberton-Noord groot geword. Ek het 'n bekoorlike liefde selfs binne in die orrel ervaar wanneer my pa ook in die week daarop geoefen het.
Maar, 'n mens groei.
Deel van my grootword was om 'n nommer te word in die eerste twee jaar diensplig inname destyds; die eerste JA/NEE stem in die politiek; en die Drie Susters se blatante politiekery vanaf die preekstoel in die 80's.
Dit was 'n ongelooflike pynlike ontnugtering vir my. Alles waarvoor ek so lief was is verdag gelaat.
Wouter, in die laat tagtigs tot vroeë negentigs sou Richard Dawkins 'n les by my kon leer. Ek het my verdiep in die mitologie en was selfs 'n gerekende spreker oor die "plagiaat in die Bybel" (uit byvoorbeeld Egiptiese mites). Ek kon die wetenskap van ons DNS heel akkuraat tot oor die honderd duisend jaar terugvoer. Danksy Carl Sagan is die dieptes van ons Kosmos styf vasgevang tussen my twee ore.
Dieselfde onverskrokkenheid het my ook heel kordaat oor die drumpels van sinagoges, moskees, Hindoe tempels en Katolieke katedrale laat mars.
Sonder 'n enkele mens se direkte invloed het 'n nuwe werklikheid by my begin insink.
Behalwe vir 'n geweldige verlange na wat ek uit my kinderjare verloor het, kon ek dit nie mis nie; in elke Godsdiens is daar toegewyde dienaars aan GOD hul lewe lank. Hulle weet nie en steur hulle nie aan die ander paadjies teen die Berg op nie. Hulle glo soos hulle glo van kinds af; die ooreenstemming in hul eerbied 'n spontane en entoesiastiese aanbidding tot dieselfde Almagtige Lewende Skepper.
Wouter, dis my belewenis.
Ek sou niemand agter my aan roep nie. Dit bly 'n eensame weg. Oral vind ek myself op die agterbanke; stil in die studie van Heilige Skrifte saam ander en net te dankbaar vir elke bietjie kategese wat my broers en susters in elke Godsdiens waar ek instap met my deel. Ek sal nooit weer kan inhaal of so intiem deel van 'n groep wees soos dié wat trou hul lewe lank daarin is nie.
Maar, ek is vergewe!
En hier tik ek vandag uit my werklikheid; my biblioteek vol ervaring op die werf ...
Wouter, in 'n mate kan ek verstaan wat jou so erg omtrent my ontstel. Ek het egter vrede met jou mening. Jy kan tog nie verwag dat ek daarin moet vasval nie.
Ek nooi jou heelhartig om jou intellek 'n bietjie te laat vaar en jouself toe te laat dat jou hart/gevoel jou in nuwe ervaring in die lewe lei.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Ekke