Vertel ons jóú Grensoorlogstorie – wenners aangekondig!

  • 0

 

Uit: Briewe van die grens: oproepinstruksies, LitNet-brief, 23.04.2012

Jy dink die Grensoorlog (1966–1989) is al jare lank verby? Die Grensoorlog het met baie van ons gebeur, al het dit nie ons almal se pad gekruis nie. Seuntjies het die televisie sit en dophou as die landsvlag saans hys en benoud gedink oor die dag as hulle Grens toe moet gaan. Party van hulle wás ook Grens toe en het later jare teruggekom na 'n vrou wat niks van hul ervarings begryp het nie. Ander mense het op die kantlyn staan en toekyk. Maar ons almal het geweet van dié storm wat die oorlog was.

Naledi het die onlangs-afgetrede generaal-majoor Roland de Vries se boek Eye of the Firestorm so pas gepubliseer. As jy vir ons jóú storie skryf, kan jy sy boek wen en onder andere lees hoe hy die Ratel help ontwikkel het.

Stuur inskrywings na webvoet@litnet.co.za. Die titel moet begin met die woorde "Eye of the Firestorm-inskrywing". Die kompetisie sluit 31 Mei 2013. Woordbeperking: 1000 woorde.

Tina Cloete wen een kopie van Eye of the Firestorm vir My klein pop.

Albert Maritz wen een kopie van Eye of the Firestorm vir Na – en van ...

Kyk na foto’s van die boekbekendstelling van Eye of the Firestorm deur Roland de Vries.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Titel: Eye of the Firestorm
Outeur: Roland de Vries
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780992191252

Koop Eye of the Firestorm nou by Kalahari.com.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top