Titel: Verskietende ster
Skrywer: Stefan Enslin
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781869195076
Koop Verskietende ster by Kalahari.com.
Verskietende ster is Stefan Enslin se debuutroman by Naledi en is onlangs by die Vryfees bekendgestel. Die boek handel oor 'n musikale seun wie se lewe deur sy pa verwoes kon word – maar die kind kies om sy drome na te jaag en sy potensiaal te verwesenlik. Naomi Meyer het die boekbekendstelling op 17 Julie 2013 in Somerset-Wes bygewoon.
![]() |
|
"Ons almal het 'n boek binne ons," sê Hykie Berg. "Maar Stefan Enslin (regs op die foto) het die deursettingsvermoë gehad om te gaan sit en sy boek te skryf."
|
![]() |
|
Is dit hoe dik die boek vol van Stefan Enslin se aanvanklike idees was? Hykie Berg voer 'n lewendige onderhoud.
|
![]() |
|
"Ek het amper elke rigting onder die son gaan studeer, maar elke slag besluit dis nie vir my nie. My pa was later moedeloos ..." vertel Stefan Enslin.
|
![]() |
|
Stefan Enslin wou graag films maak. En dis nog steeds 'n groot liefde. Films en die skryf van draaiboeke.
|
![]() |
|
Maar vanaand is die oë van die skare en die lens van die kamera op hom omdat hy 'n ander groot droom verwesenlik het – die skryf van 'n boek.
|
![]() |
|
Stefan vertel hoe hy al van kleins af verbeeldingspeletjies saam met sy broer gespeel het.
|
![]() |
|
In hierdie betrokke vertelling beduie Stefan hoe hy en sy broer tot op die dak geklim het.
|
![]() |
|
Wat vra jy my nou? Hykie laat sak maar net sy kop en wag geduldig dat Stefan een van sy vrae antwoord.
|
![]() |
|
Stefan se dogtertjie Maya het wakkergebly vir haar pa se boekbekendstelling. Hier is sy by haar ma: Stefan se vrou Louise.
|










