US Woordfeesprogram 2012: Woordmusiek

  • 0
Woordmusiek

Die grammatika van liefhê
? Maniac Music-produksie
André Strijdom se jongste literêre kabaret is gebaseer op werk van digters soos J.C. Steyn en Lina Spies. Twee muses stry oor wat die liefde is en probeer byna wetenskaplik tot ? somtotaal kom. Hulle besluit om hul onderskeie filosofieë op mekaar uit te toets, asook op twee sterflike siele deur hulle verlief te laat raak.  
3 Maart 13:00 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 120min | R90

Transkripsie
Met Pieter Odendaal en Bateleur
Die digter Pieter Odendaal en die Kaapse band Bateleur span kragte saam om klankgedigte / raptracks / mondmusiek te skep. Die musiek praat met die gedigte en die woorde word klank. Hierdie talentvolle jong kunstenaars sal jou asem wegslaan!
5 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 50min | R60

Storielied
Met Luna Paige, Schalk Joubert, Kevin Gibson en gaskunstenaars
In dié uitsonderlike produksie dink Luna Paige saam met Ingrid Winterbach oor evolusie en godsdiens; sing oor vuur en verbode liefde op grond van André Brink se Die ambassadeur; haal ? lewensles uit ? Margaret Bakkes-roman en sing oor ? Boesman-gelykenis soos beskryf deur Elias P. Nel. Sy identifiseer met Dana Snyman se hartseer oor sy ouma en skryf ? wiegelied vir een van Chris Barnard se sterwende karakters. Sy dans tot dagbreek toe saam met die bevryde slawe in Raithby. ? Moet vir liefhebbers van woord en klank!
5 Maart 19:00 | De Vette Mossel | 60min | R90

In die tabernakel
Met Annelie Botes en Pieter Rademeyer
Die gewilde Annelie Botes lewer ? verhalende, geselsende voordrag uit haar nuutste boek, Tabernakel. Saam met haar tree die stemmingsanger Pieter Rademeyer op. ? Hartroerende uur van lag met ? traan, goue-oues en volksliedjies.
8 Maart 12:00 | Boektent | 50min | R60

My hart blom wit
? Pragtige aanbieding van gedigte en musiek rondom die tema van die liefde. André Strijdom is verantwoordelik vir die toonsetting van verse deur D.J. Opperman, Ingrid Jonker, Eugène Marais, T.T. Cloete en vele meer. Rika Vermeulen begelei vir Annalie Herbst, ? opkomende jong sopraan, en die dinamiese Helena Conradie lees voor.
11 Maart 18:00 | Sasol Kunsmuseum | 60min | R80










Keer terug na die program-indeksblad.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top