US Woordfeesprogram 2012: Studente-fees

  • 0
Studente-fees

Tassenberg Straatfees
In samewerking met MK
Enige student se droom: ’n straatpartytjie op die voorstoep van die dorp se gewildste kuierplekke ­– Bohemia en Mystic Boer. ’n Daglange fees met ? karnaval-atmosfeer en gesogte bands soos Good Luck, Isochronous, Tidal Waves, Zinkplaat, Mr Cat & The Jackal, Voortvlugtend, Saintfearless en vele meer. Dis die plek om te wees! Kaartjies net by die ingang.
3 Maart 11:00 | Victoriastraat (voor Bohemia & Mystic Boer) | 600min | R20

SuperSport-vasvra
Aangebied deur SuperSport
Maties se mans- en dameskoshuise vorm spanne om hul sportkennis teen mekaar te toets. Wonderlike pryse is op die spel. Gewilde aanbieders van SuperSport tree as gashere op by ’n opwindende groen en goue sportwedstryd van ’n ander aard. Kom ondersteun jou span volmondig (dit verdien ook punte) en kyk wie wen!
6 Maart 20:00 | De Vette Mossel | 60min | Gratis

Sanlam Kultuurplesier!
? Uitstalvenster vir die beste kultuur-items van die koshuise en PSO se kultuuraande! ? Paneel beoordelaars besoek koshuise en PSO’s voor die Woordfees om net die beste uit te kies. Informele pret vir almal met kultuurwoema! Navrae: Hannes Swart (072 621 8678).
7 Maart 19:00 | De Vette Mossel | 120min | Gratis

Drink, dig, eet!
Studentepoësie-aand aangebied deur die Adam Tas Studentevereniging. Kom geniet ? heerlike aand met studentewoorde, uitvoerkaas en Drostdy-Hof wyn. Studente dra hul gedigte voor en die gehoor kry ? kans om saam te dig. Onthou: eerder ? bloutjie loop as ? groentjie bly! Kaartjies slegs by die deur.
8 Maart 19:00 | Boektent | 120 minute | R20

ATKV Debat-finaal – Stellenbosch-uitdunne
Aangebied deur die ATKV en die SR
Ongeveer 20 spanne van verskillende koshuise en PSO’s redeneer sake uit in die finale US-rondte van die ATKV Universiteite-debatkompetisie. Stellenbosse kampuswenners dring deur na die landwye finaal in Pretoria later vanjaar. Dis geen groentjies hierdie nie! Vir meer inligting, skakel Naomi Bruwer: 072 341 9258.
9 Maart 19:00 | Plataan-kafee | 120min | Gratis

Black Bottle presents "Black is Back"
Featuring: DJ Black Coffee, Boland’s Finest, DJ Joni Ranton and Tornik DJ, Pisce DJ (R.O.A.R.) in a night of amazing highlights.
Dress code: touch of black.
9 March 20:00 | Klein Libertas Theatre | 300min | R50 (R30 students)

Mensverf en Groen Maskerade
Die opwindende jaarlikse Mensverf-kompetisie lewer unieke lyfkunswerke. PSO’s en koshuise neem deel in spanne van vier, waar een persoon geverf word en die res Picasso speel...  Mensverf-deelnemers word dan deel van die Groen Maskerade-optog wat eindig by die WOW Karnaval op die Van der Stel Sportterrein. Wen pryse deur saam te loop in hierdie optog met jou eie masker van herwinbare materiaal! Meld om 11:30 op Die Braak aan vir ? heerlike dag saam met die Stellenbosch-gemeenskap. Inskrywingsvorms by die SR-kantoor. Navrae: Nadia Hefer (072 600 7901).
10 Maart 11:30 | Die Braak | Gratis vir studente






Keer terug na die program-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top