US Woordfeesprogram 2012: Stories agter stories

  • 0
Stories agter stories

Tweegesprekke met skrywers

Bad Sex
Bibi Slippers gesels oor die gender-gordyn heen met Leon de Kock oor wat 'Bad Sex' nou eintlik beteken, en hoeveel meer (of minder) dit beteken as die teenoorgestelde (of ander kant?) van 'goeie seks'! Die gesprék volg natuurlik op De Kock se veelbesproke roman, Bad Sex.
5 Maart 11:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis

Die Siener se visioene
Aangebied deur Lapa
Martiens van Bart gesels met Andries Raath oor sy omvattende studie, Niklaas van Rensburg – die Siener, wat strek van die heldersiende se voorgeslagte tot en met sy dood. Siener word geplaas teen die agtergrond van sy gesinslewe, godsdienstige omgewing, veldslae tydens die Anglo-Boereoorlog en sy verbintenis met generaal De la Rey.
5 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R40

Ingeboek
Aangebied deur Griffel Media
Karen Kuhn se debuutdigbundel ondersoek die nosie van “ingeboek” wees. Die pasiënt in die inrigting progresseer tot digter wat binne die digkuns 'n tuiste vind. Temas wat ontgin word, is reis, politiek, liefde en die religie. Kom ontmoet die digter.
5 Maart 12:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis

Lendetaal
Ondersteun deur Protea Boekhuis
Die gay cowboy? Die lyntekening, ja, maar is hy straight? Wat van die naakfiguur, manlike naakfiguur in die kuns? Kom luister hoe Amanda Botha en Louise Viljoen gesels oor die vrae wat Hennie Aucamp stel in sy boek getiteld Lendetaal.
5 Maart 15:00 | Boektent | 50min | R40

Sofie van Groot Daan
Aangebied deur Griffel Media
In die Knysna-boswêreld van die 1930’s en -40’s gaan werk die eenvoudige Sofie by Groot Daan, met sy familie en doodsiek vrou Miets. Met haar spesiale aanslag en sagtheid kruip Sofie stadig maar seker in die harte van die Gerber-gesin. Kom luister hoe gesels skrywer Keith Cornelis-Britz oor dié treffende boek.
5 Maart 15:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis

Groentjie in Londen – Naas Steenkamp
In sy dae as junior diplomaat by Suid-Afrikahuis in Londen het Naas Steenkamp allerlei avonture beleef. Naas woelinge op die politieke front in die onstuimige laat 50’s en vroeë 60’s het hy 'n verskeidenheid fassinerende uitdagings die hoof gebied. Kom luister na sy wedervaringe, soos opgeteken in Op 'n galop na Buckingham-paleis.
6 Maart 12:00 | Boektent | 50min | R40

Oktober, ’n 21ste eeuse sprokie
Aangebied deur Protea Boekhuis
“Wat is die sin van ’n verhouding met ’n expiry date?” Jo, ? fotograaf, en Leigh, ? popsanger, ontmoet mekaar terwyl Leigh wag vir ontstellende nuus van haar dokter af. Wat daarna gebeur, vorm die basis vir ? 21ste eeuse liefdesverhaal; en ? ongelooflike debuut deur Reney Warrington. Izak de Vries lei die gesprek.
7 Maart 10:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis

’n Lyf onthou
Aangebied deur Naledi
Erotiek. Daaroor gaan Riette Rust se splinternuwe debuut-kortverhaalbundel, ’n Lyf onthou (Protea). Rapport-joernalis Marlene Malan lei die bespreking. Riette en Marlene vertel ook na aanleiding van Riette se boek, Lang bene & Lipstiek (Naledi), hoe jy erotiese kapitaal kan kry en só tot 15% meer per jaar kan verdien.
7 Maart 17:00 | Boektent | 50min | R40

Sexy medisyne
Sexy medisyne is 'n mediese handboek geskryf deur Die Burger-rubriekskrywer Heinz Mödler. Hierdie boek is nie die een wat op jou dokter se eikehout-lessenaar lê en oopgeslaan word wanneer jy hom vra hoeveel longe mens het nie. Hier lees jy van mense wat goeters hoor, sien en doen wat jy nie sommer gaan glo nie. Rachelle Greeff vra die vriendelike dokter uit.
8 Maart 12:00 | De Vette Mossel | 50min | R40

Corlia Fourie
Die bekroonde Corlia Fourie is tuis in verskeie genres: artikels, verhoog- en radiodramas, kortverhale, romans en kinderverhale. In 'n gesprek met Amanda Lourens lig sy die sluier oor Die geheime kamer, 'n naelkou-riller oor 'n psigopaat wat 'n joernalis ontvoer en aanhou in sy superskoon huis.
8 Maart 16:00 | Erfurthuis | 50min | R40

Rykie van Reenen – 'n lewe
Rykie van Reenen was as joernalis superbekend en ’n allemansvriend met joie de vivre in oormaat, maar as persoon uiters privaat. Elmari Rautenbach, Media24 se boekeredakteur en ’n peetkind van Van Reenen, praat met Lizette Rabe, skrywer van Rykie – ’n Lewe met woorde, oor dié ikoniese joernalis en haar nalatenskap.
9 Maart 15:00 | Boektent | 50min | R40

Soom
Aangebied deur Griffel Media
Soom is die langverwagte debuutbundel uit die pen van prof. Hennie van Coller, hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Vrystaat-Universiteit. Kom luister na wat hy vertel oor ’n vervloë era uit die Lae Lande en Suid-Afrika wat in hierdie bundel opgeroep word.
9 Maart 15:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis

Musikant, akteur, skrywer, pa
Aangebied deur Lapa
Valiant Swart, een van ons veelsydigste kunstenaars, het gewildheid verwerf as rubriekskrywer waarin die lief en leed van sy status as ruk-en-rol gesinsman op dikwels komiese wyse weergegee word. Andries Bezuidenhout gesels met Valiant oor Trouens en terloops wat pas verskyn het.
10 Maart 11:00 | Protea Boekwinkel | 50min | Gratis

Een stad, drie rooikoppe, sewe dae
Aangebied deur Lapa
Fey, ’n ontkleedanseres, raak saam met die geskeide Heleen en die voormalige model Saskia deurmekaar met ’n moordlustige groep kriminele. Dié aweregse stadsriller oor sewe dae in die lewe van dié vroue bied ’n vars en skreeusnaakse blik op die lewe in Kaapstad. Lili en Adeline Radloff lig die sluier oor dié opwindende verhaal.
10 Maart 12:00 | Protea Boekwinkel | 50min | Gratis

Poppekas
Aangebied deur Lapa
Poppekas, Deborah Steinmair se nuwe boek, is ? spanningsverhaal met skop. Kom luister hoe vertel dié bekroonde skrywer oor moord in die Moederstad en van een vreeslose vrou wat net mooi genoeg gehad het. Die heldin durf die korporatiewe reuse kaalvuis aan, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies.
10 Maart 14:00 | Protea Boekwinkel | 50min | Gratis

Die moord op Francis
Aangebied deur Griffel Media
In Jan van der Merwe se boek word feite en fiksie intiem verweef in ’n samesweringsteorie oor die Afrikaner se donkerste geheime. Vroeg in hierdie spanningsroman word Francis Victor, die Afrikanerbond se eerste vroulike direksielid, vermoor. Was haar binnekennis van die AB se geheime fondse moontlik die rede vir haar vroeë dood? Die skrywer lig die sluier.
10 Maart 15:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis






Keer terug na die program-indeksblad.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top