US Woordfeesprogram 2012: Spesiaal vir ons groen seisoen

  • 0
Spesiaal vir ons groen seisoen!

Die Groen Kamer by AAN DE BRAAK
Voel jy groen om die kiewe na ’n warm feesdag? Ontsnap na die lafenis van die Groen Kamer. Hier kan jy vermaak word en skouers skuur met ander bekendes. Gratis vir alle Woordfeeskunstenaars, maar R100 vir die publiek.
5, 6, 7, 8, 9 Maart | Aan de Braak Teater | 22:30 tot laat | R100; Gratis vir feeskunstenaars

Bome by dosyne
Aangebied deur Groen vir Lewe 
Kom plant inheemse bome en struike in ons groenste jaar en help die fees se koolstofvoetspoor verklein. Sluit by Stellenbosch se munisipaliteit, skole, kerke, universiteitskoshuise en feeskunstenaars aan en gaan groen!
6 Maart 16:00 | Jan Marais Natuurreservaat | 60min | Gratis

Straatmyl
Ondersteun deur US atletiekklub, Oud-Dagbrekerbond en Sanlam.  Pryse geborg deur B-Sport
Na die suksesvolle eerste Dagbreek-Maties Straatmyl ter ere van oud-Dagbreker De Villiers Lamprecht (eerste SA droommyl) nooi ons jou om deel te neem aan een van 3 wedlope in Victoriastraat: vir mans- en dameskoshuise en elite atlete. Vermaak tussendeur vir toeskouers. Vir navrae of vorms: kontak Chris (cjd@sun.ac.za) of Francois (straatmyl@hotmail.com) of sien www.woordfees.co.za. Prysuitdeling by De Vette Mossel vanaf 18:00.
7 Maart 17:30| Voor Dagbreek, De Vette Mossel | 90min | Inskrywingsfooi R10; tydelike lisensies R20

Volmaan-staptog, Klapmutskop
Aangebied deur Stellenbosch Wynroetes
Kom stap saam met ons – die son sak oor Tafelberg, en die volmaan kom op oor die Hottentots Holland. Proe wyn en bespreek ’n piekniekmandjie. Onthou jou stapskoene en ’n flits! Om te bespreek, skakel 021-884 4752 of besoek www.dirtopia.co.za.
8 Maart 17:00 | DelVera, R44 | 180min | R100 (Bespreking noodsaaklik)

Markdag, DelVera
Aangebied deur Stellenbosch Wynroetes
Geniet ’n familiedag met wyn van die Simonsberg wynroete: musiek, lekker kos, stalletjies, kinder- en druiweoes-aktiwiteite. Manouche sorg vir op-en-wakker musiek. Neem gerus ’n pendelbussie, die Vine Hopper, vanaf en na Stellenbosch. Vir meer inligting, skakel 021-886 4310 of besoek www.wineroute.co.za.
11 Maart 10:00 – 16:00 | DelVera, R44 | Gratis | Vine Hopper vertrek vanaf Stellenbosch Toerismekantoor, Markstraat 36

WOW Karnaval
In samewerking met Son
’n Hoogtepunt op die WOW program, met Emo en Lukmaan Adams, Idol Kelly, The Rockets, die N2 jazz band, Karin Kortje, Salome, die immergewilde Koekie en die Bakgat Boyz. 5 Groen Seisoen Plaaslike talent wys ook hul slag. WOW skole se hip-hop-dansers spook dit Vrydag 9 Maart vanaf 16:00 uit in die WOW Hip-Hopkampioenskap. Goeie en veilige gesinsvermaak met stalletjies en pretritte. Vir grootmense bied die
biertent koel lafenis teen die hitte.
9 Maart 16:00 – 23:00 | 10 Maart 14:00 – 23:00 | Van der Stel Sportterrein | R10 vir leerders, R20 vir volwassenes

Skatte-jaag
Kom wen groot, met fantastiese pryse, in hierdie prettige resies: I-pads, vakansies en allerlei groen produkte – en die Groenblaar-trofee! Skryf gou in saam met ? spanmaat vir ? maltrap jaagtog deur die strate van Stellenbosch agter leidrade en uitdagings aan. Kyk of julle slim skuiwe die teenstanders kan uitoorlê en uitstof! Navrae en inskrywings: marlise.klopper@gmail.com.
10 Maart 09:00 (registrasie) – 16:30 | Die Braak | R200 per span (plek vir slegs 20 spanne!)

Velddraf met woorde
Ek skop stof op in my taal! Kom draf saam met ons vir die volhoubaarheid van natuur en taal. Skop die dag vroeg af met ’n 6 km ‘familiejaptrap’ of in ’n ‘wys-joukuite 12 km vastrap’ en borg die woord waarmee jy draf vir die WAT. Geniet piekniekmandjies propvol plaaslike produkte, en wyn. Navrae: Marlise, 082 955 2655.  Bespreek piekniekmandjies by info@uitkyk.co.za
10 Maart 09:00 (registrasie vanaf 07:30) | Uitkyk Wynlandgoed | 60min | R30, R60

Groen maskerade
Kom neem deel aan die Woordfees se optog deur die historiese strate van Stellenbosch! Span jou kreatiwiteit in en maak jou eie masker van herwinbare afvalmateriaal. Wonderlike pryse vir die beste maskers in verskeie kategorieë. Hoe groener en hoe oorspronkliker, hoe beter. Navrae en inskrywings: marlise.klopper@gmail.com.
10 Maart 12:00 – 14:30 | Die Braak | Gratis

Groen kuierplekke

Pompstasie
Griffel Media sorg vanjaar vir ? gesellige uitspanplek langs die Boektent waar lesers kan ontspan met goeie boeke en goeie geselskap. Skuur skouers met jou gunstelingskrywers en laat hulle jou boeke teken terwyl jy eenstop-boekinkopies doen. Die Pompstasie is die plek om gesien te word!

Die Plataan-kafee
Hart-van die-fees agter die Sasol Kunsmuseum, met ete en drinke, groen praatjies en rooiwarm onderwerpe saam met RSG Nuus, Die Burger en die US Gespreksforum vir die Geestes- en Sosiale Wetenskappe. By feeskunstenaar Paul Emsley se uitstalling, die Boektent se ryk skrywersprogram en die Pompstasie se boekverkope.

De Vette Mossel
Onder die koel bome langs die Sasol Kunsmuseum is ’n rusplek, storieplek, asemterugkryplek, plek van heerlike seekos, wit sand en groen skaduwees.

Knorhoek
Die konsep ‘plat-op-die-aarde’ kry 'n magiese nuwe gedaante by Knorhoek se Towerbosch-kombuis, een van die wynland se bes bewaarde geheime net buite Stellenbosch. Hierdie knus hawe met sy kwinksinnige outydse interieur en onpretensieuse ‘ouma-kos’ is die perfekte plek vir 'n heerlike reeks Woordfees-aanbiedings.

Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill
Die legendariese Dorpstraat Restaurant Teater en die Woordfees bied vanjaar nogmaals saam die beste aan – in kuns, vermaak en kos. Musiek en woorde en onvergeetlike kuier is gewaarborg. Vir middagvertonings is die kombuis oop van 11:00 tot 12:30 en vertonings begin om 13:00. Vir aandvertonings is die kombuis oop van 18:00 tot 19:30, wanneer vertonings begin.

Keer terug na die program-indeksblad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top