US Woordfeesprogram 2012: Sanlam Musiekfees – Kontemporêr

  • 0
Sanlam Musiekfees: Kontemporêr

AmaZink Live!
? Barnyard-produksie. AmaZink Live! vertel die storie van ? sjebien wat geforseer word om te sluit, maar dit regkry om die deure oop te hou deur die magiese krag van musiek. Hulde word gebring aan musieklegendes Miriam Makeba, Mango Groove en Johnny Clegg. ? Oorspronklike, interaktiewe Suid-Afrikaanse musiekblyspel en kulinêre ervaring by Amazink Live restaurant in Kayamandi. Verwelkomingsdrankie en 3-gangspyskaart ingesluit.
Retoer-pendeldiens beskikbaar van Stellenbosch (R30 p.p.), Lanzerac Hotel & Spa (R35 p.p.), Franschhoek (R70 p.p.) en ander Kaapse areas. Navrae: 021-889 7536, info@amazink.co.za, www.amazink.co.za.
2, 3, 7, 9, 10 Maart 20:00 | 4, 11 Maart 12:30 | AmaZink, Kayamandi | 150min | R300


Black Bottle Blues @ De Vette Mossel

Kom weer na die gewilde laataand jolkol van die fees, met yskoue whiskey, vuurwarm Blues, sagte seesand onder en ? sterrehemel bo. Om nie van die sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid te praat nie. Die legendariese Black Bottle Blues Band vorm die ruggraat van die sessies: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmett en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:
·         Maandag, 5 Maart – Natasha Meister & Dane Taylor
·         Dinsdag, 6 Maart – Piet Botha
·         Woensdag, 7 Maart – Dan Patlansky
·         Donderdag, 8 Maart – Valiant Swart
·         Vrydag, 9 Maart – Basson Laubscher, Greg Smith & Dr John
5, 6, 7, 8, Maart 21:00 | 9 Maart 19:00 | De Vette Mossel | 120min | R20

Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill

Die legendariese Dorpstraat Restaurant Teater bied weer die beste in kuns, vermaak en kos. Hier is musiek en woorde na elkeen se smaak en onvergeetlike kuiers word gewaarborg. Voel soos altyd welkom, met goeie wyn en smaaklike kuierkos. Dorpstraat se goue wenke vir groen feesgangers:
- Middagvertonings: Kombuis oop van 11:00 tot 12:30; vertonings begin 13:00.
- Aandvertonings: Kombuis oop van 18:00 tot 19:30; vertonings van 20:30 tot 23:00 met ? pouse.
- Etes uitgesluit by kaartjiepryse.

Gian Groen en gaste: Stiltetyd
Wie dan anders by ? groen fees? Sedert sy debuut as voorsanger van Spinnekop 12 jaar gelede spits Gian Groen hom deesdae toe op ernstiger lirieke. Die Groen-klong se jongste album Stiltetyd, met ballades en van sy beste lirieke tot dusver, word bekendgestel.
3 Maart 20:15 | Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill | 90min | R80

Ping!
Met CH2 en Lizz Meiring
Dié komiese kitaarkabaret is unieke, slim kleinkuns. ‘Ping!’ is die magiese geluid wanneer alles in plek val, met ? perfekte toon, astrante styl en verbeeldingryke klank ineen. Die fenomenale kitaarduo CH2, wat die musiekwêreld hier en oorsee oorrompel, klink saam met die supergewilde Lizz Meiring op in ? trefseker vertoning.
5  Maart | 13:00 en 20:15 | Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill | 90min | R90

Hier huil jy net twee keer
Met Dana Snyman en Klopjag. Met trots aangebied deur Rapport.
Dié vervolg op die suksesvolle Baby, as ek verby ry skakel met die ou gesegde: “Hier huil jy net twee keer, die dag wat jy aankom en die dag wat jy weer moet wegry.” Kom luister na die mooi, kostelike en hartseer vertelkuns op sy beste, saamgestel uit die gewilde Dana se stories oor families en huishoudings.
6 Maart 13:00 en 20:15 | Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill | 120min | R80

Jan Harm - Singstories
Die debuutproduksie van Jan Harm, bekend vir sy kaperjolle op RSG Ontbytsake, bring ? versameling bekende én oorspronklike liedjies, asook stories uit sy kinderjare. Om die nostalgie aan te wakker, word herinneringe visueel voorgestel deur 8mm film-beeldmateriaal uit die 1970’s en 80’s.
7 Maart 13:00 | Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill | 90min | R80

Loslippig
Kom lag saam met RSG se Loslip-aanbieder Ian Wessels in sy eenmankomedie wat ondersoek hoe verskillend bo- en onderdorpenaars die lewe benader. Ian kyk na dinge soos wynproe, hoe om ? doedie te betower, na die Afrikaans wat ons praat en die musiek wat ons luister. Regie deur Margit Meyer-Rödenbeck.
8 Maart 13:00 en 20:15 | Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill | 120min | R80

Liefdeswoorde / Mots d’Amour 
Vers-en-klank van hoogstaande gehalte! Daniéle Pascal se passie en kreatiwiteit is inspirend vir medekunstenaars en bewonderaars. In dié splinternuwe produksie lewer sy niks minder nie as die hoogste standaard wat kabaretteater vereis. Afrikaanse en Franse digkuns word aangevul deur oorspronklike komposisies, van tango tot jazz.
9 Maart 13:00 | Dorpstraat Restaurant Teater @ Summerhill | 90min | R80

Konkas vol kole
Met Danie Van Huyssteen en Gertjan Holtshauzen
Dié keur uit Koos du Plessis se verse en lirieke vertel die universele verhaal van ? worsteling met jou innerlike bagasie. Die gedigte verwoord die stryd in die hede, en die liedere roep terugflitse uit die verlede op. ? Produksie waarmee almal kan identifiseer.
9 Maart 20:15 | Dorpstraat  Restaurant Teater @ Summerhill | 90min | R80

Oude Libertas Amfiteater

Binnekamer met Amanda Strydom
Deur Deon Opperman. Met Amanda Strydom en Janine Neethling
Ons eie diva, Amanda Strydom, het sonder om twee keer te dink ja gesê toe Hertzogprys-wenner Deon Opperman en musieklegende Janine Neethling haar genader het vir dié produksie. Amanda is voor die mikrofoon, Janine agter die klavier en Deon in die agtergrond as skrywer en regisseur. Drie besonderse teatermense, een besonderse vertoning!
7  Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 70min | R80, R90, R100

Neethlingshof Slenterfees
In samewerking met kykNET en BOS Ice Tea
’n Interaktiewe vars kunstefees-in-die-kleine met iets vir almal ­– fynproewers, wynliefhebbers, buitemense en gesinne. Na verlede jaar se sukses doen ons vanjaar die groen ding en fokus op biodiversiteit, met ? ander formaat: slenterfeesgangers kuier op hul eie tyd en loer in by enige of alles van die volgende – en by nog ? paar verrassings:
-     braaipraatjies met Jan Braai – en dalk maak Jack Parow en sy braaisous ook ? draai
-     voëlkyksessie saam met Groen-aanbieder Dave Pepler
-     voorlesing van groen gedigte deur Bibi Slippers, LitNet se poësieredakteur
-     die gewilde trekkerrit met trekklavierklanke
-     groepsuitstalling van die Botaniese Kunsvereniging van Suid-Afrika
-     wynproe, met groen geregte
-     kinderspeletjies met Bazoo die bergskilpad
-    skemerkonsert met Romanz & Die Gugulethu Tenore*
*Die Slenterfees sluit ’n wynproe en peuselhappies in, asook toegang na die skemerkonsert met Romanz en die Gugulethu Tenore. Sien kykNET Piekniekkonserte se program onder vir meer besonderhede.
4 Maart 12:00 | Neethlingshof | 300min | R160 (kinders O/12 Gratis)

kykNET Piekniekkonserte @ Neethlingshof
Kom span uit op Neethlingshof wynlandgoed se groen gras langs die dam, tussen bome en met ? prag-uitsig op die Stellenbosse berge, vir ’n reeks piekniekkonserte met uitsonderlike musikante en groot geeste in verskillende genres.

Romanz & Die Gugulethu Tenore
Al verskil hul musikale invloede, style en agtergronde toon Romanz en Die Gugulethu Tenore baie ooreenkomste: albei groepe bestaan uit vier ‘gewone’ ouens met buitengewone stemme wat uit hul harte sing en gehore telkens bekoor, en beide is al beskryf as Suid-Afrika se Il Divo. Romanz sing kontemporêre musiek met ? ligte klassieke aanslag en Die Gugulethu Tenore is ? Afro-opera pop-sensasie. Iets vir die oog en die oor!
4 Maart 18:00 | Neethlingshof | 70min | R90 (R60 studente)

Kitaarkonings
Een man, een kitaar, een verhoog, één aand. Vyf briljante kitaarspelers in verskillende genres, style en ritmes kom wys hul slag: die klassieke maestro James Grace, die veelsydige fingerstyle storieverteller Tony Cox, die dromerige Afro-jazzo Louis Mhlanga, die magiese blues-man Dan Patlansky en Richard Onraet, wat verstom met towerhase uit die kitaar se houthoed.
5 Maart 20:15 | Neethlingshof | 110min | R90 (R60 studente)

Kurt Darren en Koos Kombuis
Kurt se grootste treffers en Koos se B-sides – ? aweregse kombinasie eie aan die Woordfees! Kurt se langverwagte Grootste Treffers Toer gooi ? Kaapse draai met ? vol orkes, dansers, en al sy grootste en jongste treffers. Die ander blouoogseun, maar ? stouter een, is Koos Kombuis ...
9 Maart 20:15 | Neethlingshof | 90min | R90 (R60 studente)

Die Heuwels Fantasties
Dié groep het die plaaslike musiekrekords laat spat met hul 2011 CD, Wilder as die Wildtuin: goue status binne 6 maande; Nommer 1-posisies op al wat ? topverkoperlys is, en samewerking met verskeie plaaslike én internasionale A-lys kunstenaars. Maak jou tuis in die mitiese plek wat die Heuwels Fantasties is. ? Fantastiese vertoning!
10 Maart 20:15 | Neethlingshof | 90min | R90 (R60 studente)

Chris Chameleon & Kaleidoskoop
Behalwe vir sy buitengewone stemkunsies, humorsin en woordvernuf, is Chris Chameleon ook ? groen-aktivis en ambassadeur vir Leadership for Conservation Africa. In 2011 het sy ‘Minutes to Midnight’ die fokus op omgewingsake laat val. Chameleon: akoesties en intiem op die lowergroen Neethlingshof. Kaleidskoop warm die verhoog op.
11 Maart 18:00 | Neethlingshof | 120min | R90 (R60 studente)

Spier Amfiteater

Vusi Mahlasela & Lize Beekman
Die immergewilde, veelbekroonde Lize Beekman en wêreldberoemde musieklegende Vusi Mahlasela kom bymekaar vir dié eenmalige vertoning. Saam is hulle bekend vir die liedjie ‘All the same’ vir hul fondsinsamelingsprojek vir Vigs-wesies en -pasiënte. ’n Baie spesiale vertoning met twee van die land se voorste musiek-uitvoerprodukte.
2 Maart 20:15 | Spier | 90min | R90, R120, R150

Droomvrou
? Tale be Told-produksie. Met Brandon October, Richard van der Westhuizen en Antonina Dariienko. Vervaardiger: Ingrid Howard
Die lewensverhaal van Antonina Dariienko kristalliseer uit Lucas Maree se musiekskatkis. Camillo Lombaard versorg die musiek en die formidabele Anna Davel en Jak de Priester is mede-regisseurs van dié trefferproduksie. Dariienko bring ’n vars, sensuele krag al die pad uit die Oekraïne – ? ware ‘Droomvrou’ met talent, wilskrag, en deursettingsvermoë.
3 Maart 20:15 | Spier | 90min | R90, R120, R150

Karen Zoid & Zolani Mahola
Zolani Mahola is die supergewilde voorsanger van die Grammy-bekroonde Freshly Ground. Karen Zoid is die SAMA-wenner met die ysterstem, leerbaadjie en warm rock-snare. Hulle kom lewer ? dubbelloop-sarsie briljante musiek wat begin en eindig met ? Z!
7 Maart 20:15 | Spier | 90min | R90, R120, R150

Spirito
Ondersteun deur Distell en die ATKV.  Met Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, Tygerberg Kinderkoor, Solms Delta-orkes met Adriaan Brand en Les Javan
Spirito is ? unieke musiekproduksie gebaseer op Amerikaanse ‘spirituals’, vermeng met Afrikaans, Kaaps-Maleis en Afrika-tale. Vanjaar word dié pragproduksie gekombineer met die Woordfees se Koorsig Gala, die tradisionele hoogtepunt waarop die feesprogram afsluit. Die kunstenaars sal gehoorlede onder die sterre verruk en verryk met hul unieke vermenging van style.
11 Maart 20:15 | Spier | 90min | R90, R120, R150


Japie Krige Ouditorium

Rooiwynliefde
Die bekroonde Helena Hettema se nuwe album Rooiwynliefde word bekendgestel met die jong stemme van die Paul Roos Gimnasium Seunskoor. Hulle sing ? kombinasie van ou en nuwe treffers, soos Helena se gewilde ‘Sonkring’ en ‘Tolbos in die wind’, treffers van Brel en Piaf, asook snitte van ‘Rooiwynliefde’. Deetlefs Landgoed verskaf rooiwyn.
2 Maart 18:00 | Japie Krige | 90min | R90

Jak de Priester – van Nougat tot nou
Jak de Priester vier sy 10de jaar in die bedryf met ? pragtige konsert wat sy reis as liedjieskrywer vasvang. ‘Sally Williams Nougat’ was sy eerste treffer. Tien jaar later het ? hele paar nuwes in mense se harte gekruip. Kom geniet die hartebreker met die kuif en kordate kommentaar.
5 Maart 18:00 | Japie Krige | 90min | R90 (R60 studente)

Suiderkruis Mis
? Maniac Music-produksie. Deur André Strijdom. Met Francois van Coke, Leroi Nel, Annalie Herbst, Klein Libertas Teater Koor en ander
Gebaseer op die tradisionele vyf dele van die Katolieke Mis, gebruik Strijdom herkenbare en geliefde musiekstyle om ? feestelike werk te skep waarin Suid-Afrikaanse kulture ? mosaïek vorm. Rock, luister- en FAK-liedjies saam met township-jive en mbaquanga, neem die gehoor mee op ? ware Ubuntu-reis.
6 Maart 18:00 | Japie Krige | 90min | R90 (R60 studente)

Beautiful, beautiful piano 2
Die sjarmante pianis en mengeldrankie-connoisseur Rocco de Villiers geniet groot aanhang vir sy instrumentale musiek. Sy unieke, flambojante, teatrale en energieke kreatiwiteit vind oral byval. Beautiful, beautiful piano 2 volg op sy 2011-blitsverkoper. Geniet sy groen musiekvingers by die Woordfees!
8 Maart 18:00 | Japie Krige | 90min | R95 (R75 studente)

Vier klaviere in groen
Met Niël Rademan, Lucas Heinen, Winand Grundling en Ronella van Rensburg
Populêre musiek in ? meer klasieke sleutel. Vier klaviere op die verhoog praat die taal van ons harte. Verwag enigiets – van ‘Groen koringlande’  tot ‘Groen is die land van Natal’ ­– teen die agtergrond van reusebeelde van landskapskunswerke deur Strijdom van der Merwe.
9 Maart 18:00 | Paul Roos Sentrum | 90min | R100

Coenie de Villiers: Hart van glas
Coenie was onlangs vir die eerste keer in drie jaar terug in die ateljee. Hart van Glas is die produk waarmee dié immergroen Afrikaanse ikoon opnuut bewys dat dit onmoontlik is om sy skeppende vermoëns in ? blik te druk. Maak jou reg vir vintage De Villiers met musiek en liriek wat grense verskuif.
10 Maart 18:00 | Japie Krige | 90min | R95 (R75 studente)

Die Woodmill-mark
Kuier lekker met die Woodmill-mark se spog-aanbod van wyn, kos en handgemaakte ware. 'n Steinhoff Properties-ontwikkeling. Mark oop vanaf 17:00

Radio Reggae
Kom wieg saam op die maat van die lekkerste ritmes in die land. 'n Aand propvol reggae – plaaslik, oorspronklik en lewendig, soos dit hoort. Met oorspronklike musiek vir oorspronklike mense: Tidal Waves, al die pad van Gauteng; Country Conquerors – Greyton se antwoord op Bob Marley, en Kaapse grooves van The Rivertones.
2 Maart 19:00 | Die Woodmill-mark | 180min | R60

Forever 27 Club
? Huldeblyk aan musieklegendes wat op 27 tragies gesterf het: Morrison, Joplin, Hendrix, Winehouse, Cobain, en Jones. Gaskunstenaars: Piet Botha, Les Javan, Gerald Clark, Voortvlugtend en vele meer. Met Free Mouth Blues Trio as die anker-orkes.  Regie:  Sven Blumer.
9 Maart 19:00 | Die Woodmill-mark | 180min | R60








Keer terug na die program-indeksblad.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top