US Woordfeesprogram 2012: Sanlam Musiekfees – Klassiek

  • 0
Sanlam Musiekfees: Klassiek

USSO – Franse program
In samewerking met die US Konservatorium.  Die US Simfonie-orkes, met Corvin Matei (dirigent), Peter Martens (tjello) en Mario Nell (orrel)
Hierdie uitvoering in die ryk tradisie van die Franse orkesmusiek open met Offenbach se beroemde ouverture tot Orpheus in die onderwêreld. Dat Offenbach ook ? virtuose tjellis was, maak die volgende item baie gepas: Vieuxtemps se ingewikkelde, minder bekende eerste tjello concerto word vir die eerste keer in Suid-Afrika uitgevoer deur die uitnemende Peter Martens. Na pouse volg Saint-Säens’ se geliefde 3de simfonie, die Orrel Simfonie, met Mario Nell, een van Suid-Afrika se voorste orreliste wat die ongewone solo-gedeelte speel.
2 en 3 Maart 20:00 | Endler | 120min | R110 (R85 studente en pensioenarisse)

Harmonic Brass – Concerto festivo
In samewerking met die US Konservatorium. 
Die gewilde Harmoniese blaaskwintet uit München, wat ewe tuis is in die Carnegie-saal in New York, in Seoul, Leipzig as in die Endler, is op hul 2010-konserttoer deur Suid-Afrika begroet met staande ovasies. In hulle spesiale concerto festivo sal die sensitiewe toonkleur en briljante klank van hulle besonderse interpretasies jou nogmaals meesleur. Die program sluit ou geliefdes in, soos die Toccata and Fuga in d-mineur deur J.S. Bach, ‘O Fortuna’ uit Carl Orff se Carmina Burana, die Groot Mars uit Aïda van Giuseppe Verdi, die ‘Bolero’ van Maurice Ravel en die soel jazz-klanke van die ‘Susannata’ deur Mulo Francel.
4 Maart 16:30 | Endler | 120min | R110 (R85 studente en pensioenarisse)

2 Blondes 2 Tango
? Tale be Told-produksie. Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh, Schalk Joubert, Mark Hoeben en Wilken Calitz. Verteller: Niël Rademan. Regisseur en vervaardiger: Ingrid Howard
? Aangrypende menslike verhaal van twee vroue vasgevang in ? soeke na identiteit, welvaart, oorlewing en vryheid gedurende die laat 19de en vroeg 20ste eeu in La Boca (geboorteplek van die tango) in Argentinië. ? Verteller, koppelaar, klubeienaar en kliënt vervleg die musiek tot storie. Laat jouself betower en verruk  deur tango-voorlopers soos die habanera, bolero en flamenco, en bekende tango’s soos Hernando’s Hideaway, Oblivion, Libertango, The Godfather en La Comparsita.
7 Maart 19:00 | Endler | 80min | R100

Stijn Hanssens en Zorada Temmingh op die orrel
Moontlik gemaak deur Vlaams-Suid-Afrikaanse Kultuurstigting
Die bekende, veelsydige en talentvolle Vlaamse orrelis en komponis Stijn Hanssens bring Belgiese orrelwerke na die Woordfees saam met die gevierde Suid-Afrikaanse orrelis Zorada Temmingh, wat improvisasies doen met ? fokus op die groen natuur. Die hoog-aangeskrewe Hanssens is onder meer dosent in orrel, musiekgeskiedenis en musiekteorie by die Gemeentelijke Academie van Dilbeek en is as navorser verbonde aan die Lemmensinstituut (Leuven).
8 Maart 20:00 | Endler | 80min | R90 (R70 studente en pensioenarisse)

Cape Consort Baroque
Moontlik gemaak deur die Rupert Musiekstigting.  Met Antoinette Blyth en Lente Louw (soprane), Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Nick de Jager en Lance Phillip (tenore), en Charles Ainslie (bariton). Begeleiers: Antoinette Lohmann, Andrew Cruickshank, Hans Huyssen en Eon Louw
Die Cape Consort sing Italiaanse madrigale deur komponiste soos Claudio Monteverdi, Tarquinio Merula, Giovanni Pandolfi Mealli, Dario Castello en Francesco Turini in ? besonderse uitvoering wat die wondere van vorige eeue vir jou ontsluit.
9 Maart 20:00 | Endler | 120min | R99 (R75 studente en pensioenarisse)

Huldiging van Hubert du Plessis & ander Afrikaanse Koorwerke
Moontlik gemaak deur die Rupert Musiekstigting.  Met die Scola Cantorum o.l.v. Rudolf de Beer en bekende soliste
Die US Woordfees huldig die ikoniese Suid-Afrikaanse komponis Hubert du Plessis, wat in Maart 2011 oorlede is, graag in Maart 2012 met ? program bestaande uit ? kombinasie van verskeie komposisies vir ensemble en soliste. Hierdie program is verder ook 'n groete aan die artistieke direkteur van Schola Cantorum, Rudolf de Beer, wat in April na Noorweë verhuis.
10 Maart 20:00 | Endler | 120min | R99 (R75 studente en pensioenarisse)








Keer terug na die program-indeksblad.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top