US Woordfeesprogram 2012: Kunsfees

  • 0
Kunsfees

Feeskunstenaar Paul Emsley
Woordfeeskurator: Amanda Botha.  Opgedra aan die nagedagtenis van die kunstenaar Adriaan van Zyl (1957-2006).  In samewerking met die Nelson Mandela Stigting; Brundyn Gonsalves Kunsgalery, Kaapstad, en die direkteure van die Bright Stigting: Frank Kidbourn en Attie Taljaard
Hierdie retrospektiewe tentoonstelling van die internasionaal bekende Paul Emsley (1947-) bied ? oorsig oor vyf uiteenlopende periodes. Emsley, wat sy deurbraak in 1993 op Stellenbosch gemaak het met ? solo-uitstalling in die Sasol Kunsmuseum, se Stellenbosse periodes word o.m. gekenmerk deur aandag aan die eksperimentele, en later landskappe, met verf as voorkeurmedium. Hy is egter veral bekend vir sy buitengewoon gedetailleerde swart-en-wit tekeninge van mense, diere, blomme en die landskap, soos sy groot portrette van wêreldbekende figure – o.a. van Nelson Mandela en V.S. Naipaul, in opdrag van die National Portrait Gallery in Londen. Emsley se tegniek, gebaseer op waarneming, word vergestalt in beelde wat nooit foto-realisme word nie, maar eerder ? besondere individuele blik op die wêreld bied, met spesifieke aandag aan die val van lig en verloop van tyd. Van Emsley, nou ? Londenaar, se belangrikste werk uit sy Londense periode word uitgestal. Die portretstudie van Nelson Mandela word vertoon met verlof van die Nelson Mandela Stigting.
Sasol Kunsmuseum: Opening 2 Maart 18:30 vir 19:00. Spreker: Frank Kidbourn, kunsversamelaar en direkteur van die Bright Stigting. Uitstalling: 2 – 31 Maart

Ik ben een Afrikaander 2
In samewerking met Artspace, Johannesburg
? Groepsuitstalling waarin kunstenaars Henk Serfontein, John Murray, Mea Ox, Willie Bester, Sandra Hanekom, Jaco Sieberhagen, Lien Botha, Hanneke Benade en Marieke Kruger die uitspraak van Hendrik Biebouw in Maart 1707 op Stellenbosch, ‘Ik ben een Afrikaander’, persoonlik interpreteer as Afrikaanssprekendes in ? Suid-Afrika van 300 jaar later.
2 – 11 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis

Klei-klank
Die keramiekkunstenaar Laura du Toit en komponis Hannelore Olivier gebruik groen-aarde klei en organiese klank in hierdie ‘groen’ uitstalling. Die aarde word uitgebeeld in verskillende stadia: hoe dit was en hoe dit kan word. Aanvanklik skroei en kraak geluide dissonant, maar dan harmoniseer dit in ritmes waaruit musiek ontspruit. Uiteindelik verklank dit al die tale waarin groen benoem word.
2 – 11 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis

HumanEarth
’n Groepuitstalling, saamgestel deur Nastasha Daniels, van verskeie installasiewerke wat die verhouding tussen mens en materiaal ondersoek. Kunstenaars wie se werk te sien is, is Elnette Viljoen, Tamzyn Varney, Janet Ranson, Larita Engelbrecht, Janet Botes en Nina Faasen.

5 Maart 18:30 (opening) tot 31 Maart | US Kunsgalery, h/v Dorp- en Birdstraat

Rondleiding: Beeldhouer Willem Strydom
Met Amanda Botha
Willem Strydom kan beskryf word as ? Suid-Afrikaanse Michaelangelo. Hy kap sy beelde pynlik stadig en noukeurig uit die Italiaanse marmerbronne van Pietrasanta, maar die Karoolandskap is sy kreatiewe voedingsbron. Amanda Botha vertel in haar rondleiding deur Strydom se eerste solo-uitstalling in 20 jaar o.m. hoe die kunstenaar aansluit by Thomas Aquinas se sienings.
7 Maart 13:00 | Rupert Kunsmuseum | 50min | R50

Rondleiding: Paul Emsley
Met Amanda Botha
In haar tiende en laaste jaar as Woordfeeskurator begelei Amanda Botha feesgangers deur die tentoonstelling van wêreldbekende feeskunstenaar Paul Emsley se skilderye. Sy verskaf interessante besonderhede wat die werk van die kunstenaar op unieke wyse ontsluit. ? Móét vir kunsliefhebbers.
7 Maart 17:30 | 10 Maart 15:00 | Sasol Kunsmuseum | R30 by die deur

 

US Woordfees-kunsroete
Besoek een van die volgende kunsgalerye tydens jou besoek aan die US Woordfees en verkwik jou siel met die beste visuele kuns wat Stellenbosch bied. Dalk loop jy ? winskopie raak om jou eie versameling mee aan te vul:

Die Oude Libertas Kunsgalery
Hoek van Oude Libertas- & Adam Tasweg, Stellenbosch

Groen Sanctus – met kleur en klank
Groen is die kleur van lewe... met visuele kunstenaars soos Willie Bester, Lynne Smuts, Titia Ballot, Strijdom van der Merwe, Jaco Sieberhagen, Keith Dietrich, Tertia du Toit, Amanda de Wet, Shany van den Berg, Alida Bothma, Danie Louw, David Jones, Andrieta Wenzel, Marius Lourens, Wehrner Lemmer en Jacques de Jager.
Ma-Vry 09:00-16:00 | Sat 9:00-13:00 | Tel: 021-809 7463

Rupert Museum
Stellentialaan, Stellenbosch

Verskeie kunstenaars
Kom besigtig Willem Strydom se tentoonstelling van beeldhouwerke en tekeninge, die Johannesburgse stasiepanele van J.H. Pieneef, asook werke van ander bekende kunstenaars soos o.a. Irma Stern, Anton van Wouw, Cecil Higgs en Jean Welz.
Ma-Vry 09:30-13:00; 14:00-16:00  Sat 10:00-13:00 | Tel: 021-888 3344

red black and white
Distilleryweg 5A, Bosman’s Crossing, Stellenbosch

Objek
'n Uitstalling van kunsmeubelstukke wat die grense van tradisionele vorms en funksies uitdaag om as beelde of kunsobjekte gestalte te vind. Om by die Woordfees se groen-tema te pas, herwin kunstenaars ou of gebreekte meubels, of dele daarvan, en gebruik dit in nuwe gedaantes in hul ontwerpe. Kom kyk hoe vernuwe Strijdom van der Merwe, Shany van den Berg, Andile Dyalvane, Eduard Haumann, Johann Slee en Roche van den Berg.
Ma-Vry 09:00-16:00 | Sat 09:00-13:00 |Tel: 021-886 6281 | thewarehouse@mweb.co.za

Die Red Teapot Gallery
Oude Hoek-gebou, h/v Kerk- en Andringastraat (oorkant Java), Stellenbosch

Die tuiste van Stellenbosch se geliefde Portchie
'n Vreugdevolle kleur-en-kuns ervaring! Kunswerke van Portchie en ander kunstenaars is te sien, asook unieke gebruiksartikels en 'n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Kom loer gerus in vir spesiale aanbiedinge gedurende die US Woordfees.
Ma-Vry 09:00-16:00 | Sat 09:00-13:00 | Tel: 021-883 9582; 021-883 8890

Johan Coetzee Kunsgalery
h/v Plein- en Ryneveldstraat, Stellenbosch

Verskeie kunstenaars
Op die voorpunt van die kunsfront – altyd iets besonders in hierdie galery! Die beste kunswinskopies spesiaal in die US Woordfees se groen jaar!
Ma-Vry 09:00-16:00 | Sat 09:00-13:00 | Tel: 021-886 5656 | www.coetzeeartgalleries.co.za | jcgalery@mweb.co.za

 

Kykfees 2012
Aangebied deur Cinemuse
As al die opwindende items op die Woordfeesprogram jou enkels laat swel en jy wil vir ? wyle van die opwindende gedruis ontsnap, is ? film uit toeka se dae of ? hedendaagse treffer net die regte medisyne! By Cinemuse se Kykfees kan jy heerlik uitspan met die beste Afrikaanse rolprente op die groot skerm. Besoek www.kykfees.co.za of www.cinemuse.co.za om te kyk wat is op jou fliekspyskaart. Gaan kyk bv. Roepman saam met Jan van Tonder, ? gas op ons Skrywersfees, of woon ? werkswinkel met Skoonheid se regisseur by. Of daag sommer by een van die volgende rolprent-venues op:
5 Ryneveld Cinema | Stellenbosch Drive-In | Neelsie Cinema | AmaZink, Kayamandi.






Keer terug na die program-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top