US Woordfeesprogram 2012: Koowee Kinderfees

  • 0
Koowee Kinderfees

Koop ? dagkaartjie vir al drie produksies by Oude Libertas Amfiteater vir slegs R100!

Tjiff en Tjaff
Die gewilde kinderreeks, Tjiff en Tjaff, wat weeksdae op kykNET se Koowee-kinderkanaal uitgesaai word, kom kuier vir ons Woordfees-maatjies. Dié twee nuuskierige groen gesiggies wat al op baie uitstappies was, nooi almal uit om deel te word van hulle avonture. Opvoedkundige vermaak vir jonk – en ouer.
10 Maart 09:00 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R40

Lollos 3
Boem boem, ons gaan groen! Lollos van Lalaland kom kuier weer op aarde om te sing en dans! ? Nuwe vriendjie, Disco, kom saam. Lollos het verlede jaar ? SAMA gewen vir hul CD, Bons dat dit gons! Kom kyk net hoe gaan hulle tekere – jy wil dit nie mis nie!
10 Maart 10:00 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R40

Poppie en Bongo
Aangebied deur Spektrum Kinderteater en Bongopop Media
Poppie en Bongo is die hoofspelers in 'n kraakvars, prettige, eg-Afrikaanse poppekas vir kinders van alle ouderdomme. Poppie en Bongo is lekker maats wat baie maltrap avonture beleef. 'n Lewensgrote interaktiewe poppespel wat almal bekoor – en hulle eerste CD kan gekoop word!
10 Maart 11:00 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R40

Bazoo en die spookpaddas
Aangebied deur Spektrum Kinderteater
Dempies Dassie is die nuwe hoofspeurder van Fynbosbuurt. Sy eerste uitdaging is: wat het geword van die spookpaddas? Hy roep die hulp in van Bazoo, die vriendelike skilpad en slimste Fynbosbuurt-inwoner. Op hulle speurtog help verskeie kleurvolle karakters om die spookpadda-raaisel op te los.
11 Maart 12:00 | DelVera | 50min | R40

Vir inligting oor deelname, skakel Shireen Crotz (021-808 9106)

Woorde Open Wêrelde (WOW) Projek

Ondersteun deur Die Dagbreek Trust, ATKV, Checkers, Hiemstra-Trust, Provincie Antwerpen en Provincie Oost-Vlaanderen 
Die WOW jaarprojek van die US Woordfees, wat sedert 2003 bestaan, het in 2011 meer as 83,000 persone bereik. Dit open leerders, die groen koring op ons land, se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan meer as 30 kreatiewe projek-aksies gerig op die bevordering van lees, die letterkunde en die kunste, omdat taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur WOW en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Moontlik gemaak deur LAPA
Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW leeskringe by 10 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers eerstehands en leer self stories skryf.

Graad 3: Leah se meermin – Nanette van Rooyen
Nanette van Rooyen bied ? gesellige program aan vir die jongste lede van WOW leeskringe, met ? meermin(pop) wat saamkom. Dié bekroonde kinderboekskrywer gee wenke vir jong aspirantskrywers en beantwoord al lees-agies se vrae. Leerders proe hoe smaak meerminkos en ontwerp ? nuwe modieuse, kleurvolle stert vir die meermin.
5 Maart 09:30 | Van der Stel Sportgronde: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 4-5: Klou – Fanie Viljoen
? Fantastiese ervaring saam met Klou se skrywer! Die bekroonde Fanie Viljoen bied ? opwindende program aan en vertel van die lewe wat skrywers lei. Deelnemers kry ? humoristiese blik op die dierewêreld en leer hoe om op te staan teen boelies. Fanie laat hulle ook Superman speel!
6 Maart 09:30 | Van der Stel Sportgronde: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 6-7: Nova: Vuurdoop – Fanie Viljoen
Fanie Viljoen neem leerders op ? toer deur die kosmos saam met al die Nova-karakters. Dus: Woorde Open Planete! Hy vertel ook hoe mens ? skrywer word, voordat elkeen ? ruimtemonster-masker ontwerp uit herwinbare materiaal. Energieke fasiliteerders help leeskringe stig met ? leesprogram wat agterna in die skool gevolg word.
7 Maart 09:30 | Van der Stel Sportgronde: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 8 – 10: [email protected]– Carina Diedericks-Hugo
Die bekroonde Carina Diedericks-Hugo bied vir ons meer senior leerders ? wonderlike sessie aan oor hoe tegnologie die leeservaring kan versterk. [email protected] was die eerste Afrikaanse boek met QR-kodes; nou kan lesers dié opwindende nuwe leeservaring eerstehands beleef. Leeskringe kies hul eie bestuurslede en stel ? lees-jaarprogram op.
8 Maart 09:30 | Van der Stel Sportgronde: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Billike boeke
? Eerste vir die WOW projek! Lekkerlees LAPA-boeke is teen billike pryse beskikbaar by die WOW Skrywersfees. Boekpryse wissel tussen R10 vir die gewilde Duidelike grappe tot R200 vir fantastiese naslaanbronne. Deelnemers aan Gatiepie se grappies-werkswinkel moet uitkyk vir Gatiepie se splinternuwe skreeusnaakse grapboek – vir die eerste keer beskikbaar by Woordfees 2012!
5-8, 10 Maart 09:30-11:30 | Van der Stel Sportgronde: Van der Stel-saal

Spesiaal vir die seniors!

WOW Dag vir Graad 12’s
Ondersteun deur Shoprite/Checkers
Nagraadse studente in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe gesels met voornemende studente en motiveer hulle om hul droom by die US na te jaag. Daarna maak Afrikaans-spesialiste van die WKOD hulle touwys oor Vraestel 3. Na ’n sessie oor die US o.l.v. Beverley Fanella en haar studentespan beweeg almal na die Van der Stel Sportterrein waar hulle vir Vinette Ebrahim, Christo Davids en Terence Abrahams van Ellen Pakkies-faam ontmoet. Ivor Price is die gespreksleier en hanteer vrae uit die gehoor. ? Musiekuitvoering en die heerlike WOW Karnaval volg!
10 Maart 08:00 | Opvoedkunde: 1028 en 3001, Lettere: 230, Ou Hoofgebou: 2027, Geologie: 1004 | 400min | Gratis

WOW Skryfskool vir Hoërskool-leerders
In samewerking met LAPA
Die tweede WOW Skryfskool word aangebied deur skrywer Nanette van Rooyen. Sy maak leerders op ? prettige manier touwys oor skryf. Deelnemers kry ? boek deur Nanette, wat begrip vir die nuwe vaardighede maklik laat inskop.
9 Maart | 14:00 | Lettere: 222 | 180min | R80

WOW Debatfees
Ondersteun deur die ATKV, Paarl Media, LAPA en NB-Uitgewers
In die 3de WOW Debatfees kompeteer 32 skole in die kategorieë ?uwe besems’ en ‘Ou hande’. Leerders en onderwysers kry vooraf opleidingmateriaal, waarna die groot debat begin. Die 10 topskole in die ?uwe besems’-afdeling vorder outomaties na die volgende rondte in die ATKV se debatkompetisie.
10 Maart 09:00 – 15:00 | Luckhoff Hoërskool | R100 per leerder

WOW Skoolkoerantprojek
In samewerking met Son
’n Voldagprogram met werksessies vir 150 leerders en onderwysers oor aspekte van die joernalistiek en hoe om ’n skoolkoerant interessant en prakties aan te pak, is in Januarie 2012 by Son aangebied. Tydens hierdie geleentheid kom stal leerders hul eie koerante uit en beantwoord vrae van die beoordelaars. Beoordeling vind plaas en fantastiese pryse word toegeken.
10 Maart 10:00 | Van der Stel Sportterrein: Hoofsaal | 180min | Gratis

WOW Visuele Kuns-werkswinkel
In samewerking met US Departement Visuele Kuns
In dié werksessie vir 70 leerders en onderwysers in juweliersontwerp, leer Verna Jooste en haar studente deelnemers hoe om koperjuwele te maak. Voornemende studente in Visuele Kuns ontvang waardevolle inligting en hulp oor die saamstel van ? goeie portfolio vir keuring tot die graadprogram.
10 Maart 09:00 | Visuele Kuns-gebou | 240min Gratis

Spesiaal vir die juniors!

Woelige werkswinkels: Opskryf, Opsê, Opvoer – WOW!!
Werkswinkels vol verrassings! 50 deelnemers leer hoe om stories te skryf, woordkuns voor te dra en liedjies te komponeer. Kom slyp jou talente – wie weet, dalk is jy die Emo Adams of Koekie Loekie van môre!
10 Maart 10:00 | PJ Olivier Kunssentrum | 180min | Gratis

Verf-en-Vers werkswinkels
Dié werkswinkels wakker kreatiwiteit en ’n liefde vir lees aan by leerders in die grondslag- en intermediêre fases, en motiveer opvoeders om taal-onderrig vernuwend en kreatief aan te pak. Leerders leer tegnieke aan in kreatiewe skryf, visuele geletterdheid, teken- en verfwerk, asook vingerverf. Jong leerders skryf hulle eie gediggies en beeld dit uit op ? kleurvolle A3-plakkaat. Die beste plakkate wat inskryf vir WOW se jaarlikse Verf-en-Vers kompetisie wat in November sluit, kry kontant- en boekpryse, verskaf deur Leserskring, en wenners word by die WOORDtroFEES vereer.
10 Maart 10:00 | PJ Olivier Kunssentrum | 180min | Gratis

Kunsuitstalling: Verf-en-Vers-wenners
Die uitstalling van leerders se kunswerke maak deel uit van die Woordfees se fokus op woord en beeld. Boek- en geldpryse word jaarliks aan wenners uitgedeel vir kleurryke plakkate met gedigte in ? kompetisie wat groot reaksie by skole uitlok. Inskrywings word vanoor die hele Wes-Kaap ontvang.
10 Maart | PJ Olivier Kunssentrum | Gratis

Spesiaal vir die onderwysers!

WOW Dag vir onderwysers
Onderwysers en finale jaar-studente van UWK ontmoet Wium van Zyl, die vertaler van A.H.M. Scholtz se Vatmaar. Christine Wessels en Ivor Price van RSG praat met die skrywer. Onderwysers stel vrae en ontvang waardevolle wenke. Hierna volg ? forumgesprek en oor taalbemagtiging, waarin ? paneel kundiges gesels oor opvoeders se rol in die ontwikkeling van leerders se taalvaardigheid, met insette deur opvoeders. Woordfeesdirekteur Dorothea van Zyl sluit die sessie af na ? heerlike seekosmaal in De Vette Mossel.
10 Maart 10:00 | De Vette Mossel | 210min | Gratis

Spesiaal vir ons gemeenskap!

Langarm Snack Dans
(Ten bate van ons gemeenskap)
Oud en jonk kan oudergewoonte weer hulle dansskoene uithaal en hulle passies by die Woordfees kom maak. Kom vier die langarm-tradisie saam met ons! Musiek deur die Paddy’s Dance Band.
2 Maart 20:00 | A.F. Louw-skoolsaal | 240min | R60 (ligte verversings ingesluit)

WOW Musiekwerkswinkel
In samewerking met US Departement Musiek
? Koperblaasinstrument-werkswinkel vir gemeenskapsorkeste onder leiding van die befaamde Harmonic Brass kwintet uit Duitsland! Eers maak die kundige Duitsers deelnemers touwys in die fyner kunsies van blaas; dan wys hulle met ? uitvoering waarom hulle wêreldwyd gehore gaande het.
3 Maart 09:00 – 15:00 | Endler-saal | 360min | Gratis

WOW Karnaval
In samewerking met Son
Karnaval 2012 is ? hoogtepunt op die Woorde Open Wêrelde program, met kunstenaars soos Emo en Lukmaan Adams, Idol Kelly, The Rockets, die N2 jazz band, Karin Kortjé, Salome, die immergewilde Koekie Loekie en die Bakgat Boyz. Plaaslike kunstenaars kom ook hulle talent wys. WOW skole se hip-hop dansers spook dit Vrydag 9 Maart vanaf 16:00 in die WOW Hip-Hop kampioenskap. Gesonde en veilige gesinsvermaak, met ? klomp stalletjies en pretritte vir die jongspan. Vir grootmense bied die biertent koel lafenis teen die hitte.
9 Maart 16:00 – 23:00, 10 Maart 14:00 – 23:00 | Van der Stel Sportterrein | R10 vir leerders, R25 vir volwassenes







Keer terug na die program-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top