US Woordfeesprogram 2012: Dramafees

  • 0
Dramafees

Die Francois Toerien Show 8
Deur Francois Toerien. Met Francois Toerien, Martelize Kolver, Brendon Daniels, Esther von Waltsleben en Altan Ungerer.  Regie: Juanita Swanepoel
Soos op TV! Die fopdosserpaartjie, Anita en Susan, gee ? predikantsvrou ’n 'trashy glam makeover'. Punjaab, die Boeddhistiese masseur, verinneweer sy klient. En vergeet van Afri-Frans – ons ligte Afrikaanse sangeres Joleen gaan Afri-(Chi)nees! Dis net ’n voorsmakie. Pasgedrewe, spitsvondige sketskomedie! 'Ek het lanklaas so hard en aanhoudend gelag…' – News 24.
2 Maart 18:00 | 3 Maart 20:30 | 4 Maart 20:30 | 7 Maart 18:00 | Klein Libertas Teater | 75min | R95 | Geen  O/14 (T)

Die rebellie van Lafras Verwey
Aangebied deur The Mechanicals. Deur Chris Barnard. Met Stian Bam, Tinarie van Wyk-Loots, Carel Nel, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Wilhelm van der Walt en De Klerk Oelofse. Regie: Albert Maritz
Die resensente was meegevoer deur Albert Maritz se trefferstuk: 'Maritz en sy spelers omskep Chris Barnard se oorspronklike hoorspel tot ’n teatrale belewenis wat lank na die tyd by jou kom spook' – Die Burger (vier uit vyf sterre); '’n Groot bederf vir enige gehoor' – LitNet; 'Carel Nel as Lafras Verwey lewer uitsonderlike spel.' – Megan Choritz.
2, 3, 4, 5 en 6 Maart 20:30 | 9 Maart 22:30 | 10 Maart 20:30 | 11 Maart 20:30 | PJ Olivier Kunssentrum | 80min | R85

Thom Pain (based on nothing)
Presented by Thomas Channell Arts Management. Made possible by Clover Aardklop. By Will Eno.
Thom Pain: Albert Pretorius; Audience: You; Direction: Tara Notcutt
The hit play from Edinburgh, London and New York is a sad and disturbingly funny exploration of the difficulties of mastering the basics of life: dogs, bees, childhood, a pink elephant and love. The New York Times calls the play, a Pulitzer Prize finalist, 'a small masterpiece' and Eno 'a Samuel Beckett for the Jon Stewart generation.' Albert Pretorius (Binneland Sub Judice and …miskien) is Thom Pain, an everyman trying to make sense of the world and his place in it. He is just like you, only worse!
2 March 20:30 | 6 March 20:30 | Klein Libertas Theatre 70min | R80 | Language

N is vir Neurose
Aangebied deur Polony. Teks en regie: Christiaan Olwagen. Met Hannah Borthwick, Roeline Daneel, Mariechen Vosloo en Wessel Pretorius
’n Kitchen tea. Liz trou. Rachelle en Shani p#$ mekaar af. ’n Klop aan die deur. ’n Polisieman. ? Paar wynglase later neem die aand ’n wending wat hulle vir ewig sal verander. Hierdie swart komedie handel oor grootword, klein bly, werk, trou, kinders maak en liefde vind. Alles voor dertig. Natuurlik gaan ons neuroties wees…
3 Maart 10:00 | 7 Maart 20:30 | 11 Maart 12:30 | Klein Libertas Teater | 90min | R80 (R60 studente) | Geen O/16 (STN)

Skeer op Richmond
Aangebied deur Stercus Produksies. Teks: Saartjie Botha. Met Laurinda Hofmeyr, Stephanie Hough, Frieda van den Heever en Leonore Bredenkamp. Regie: Nina Swart
Vyftien jaar gelede het vyf onervare jong kunstenaars ? projek, 'Skeer op Richmond', aangepak – min wetend dat hul loopbane en lewens daardeur omvorm sou word. Twee vroue onderneem tydens Kerstyd ’n reis van Kaapstad na Bethlehem in die Vrystaat. In die ongenaakbare landskap vind hulle heling.
3 Maart 12:30 | 4 Maart 12:30 | 8 Maart 18:00 | Klein Libertas Teater | 55min | R95

Bullets over Bishop Lavis
Aangebied deur Jester Productions. Deur Christo Davids en Jody Abrahams. Met Abduragman Adams, Diaan Lawrenson en Charlton Lee George. Regie: Jody Abrahams
Die drama is die storie van mense wat woon in die misdaad- en dwelmgeteisterde Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte: Jerome en Ronnie het groot geword as bloedbroers, maar ’n skietery verander alles. Ronnie het die sneller getrek, maar dis Jerome se gesig wat laaste gesien word. Na sewe jaar tronkstraf word Jerome vrygelaat...
3 Maart 14:30 | 6 Maart 21:00 | Hoërskool Stellenbosch | 65min | R75, R105 | Geen O/12 (T)

Nag Ma
Produksievennoot: National Arts Festival. Mediaborge: Rooi Rose; Vrouekeur. Deur Marsha Norman. Vertaling en verwerking: Antoinette Louw en Sandra Prinsloo. Met Sandra Prinsloo en Antoinette Louw. Regie: Lara Bye
Saterdagaand. Twee vroue. Een geweer... ’n Ma wat haar dogter langer by haar wil hou. Die bloed wat ons bind, en wat ons soms versmoor. Die begeerte om gehoor te word, om raakgesien te wees. Nag Ma, ? Pulitzer wenner, is ’n hartroerende teaterbelewenis wat jou lank sal bybly.
3 Maart 15:00 | 4 Maart 10:00 | 5 Maart 14:30, 20:30 | 6 Maart 18:00 | Klein Libertas Teater | 85min | R110 | Geen O/14

Paloekas – Die dagboek van ? single girl
Teks en regie: Leon Kruger. Met Lulu Botha
Daar word geblaai deur die dagboek van ’n hedendaagse Afrikaanse vrou wat troumateriaal soek, maar maar sy sagte linne wil voel, krap die polyester van al die paloekas. Tilla is 32 jaar oud – die stof vergaar, die horlosie tik, maar al wat aan haar voordeur klop, is een paloeka na die ander. Ontmoet ook vir Ouma Tilla wat met haar bolognaise amper vir Bles Bridges in haar kooi laat jodel het.
3 Maart 18:00 | 5 Maart 18:00 | Klein Libertas Teater | 70min | R85

Buitepos
’n US Woordfees | Absa KKNK ko-produksie. Deur Rachelle Greeff. Regie: Fred Abrahamse. Ontwerp: Marcel Meyer. Klankbaan: Charl-Johan Lingenfelder. Met Marko van der Colff, Deidre Wolhuter en Jill Middlekop.
Na die sukses van Die naaimasjien – Rachelle Greef se tweede toneelstuk! Oor ’n man. Wat elke laatmiddag in die droë rivierloop buite die Karoodorp Buitepos, alleen met sy klippe en sy gedagtes is. Tot die dag toe die poskantoor laat weet daar wag ’n geregistreerde brief. Buitepos trek ’n vinger oor die snykant van stilswye. Dis ook ? sanksie van vergifnis – en die plesier – van die liefde.
3 Maart 20:30 |6 Maart 18:00 | Hoërskool Stellenbosch | 70min | R90

Ont
Teks en regie: Wessel Pretorius. Met Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony
Ont is ? eenmanvertoning oor die reis van “grootword”, ? studie oor die samestelling van ? gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.
4 Maart 15:00 | 11 Maart 15:00 | Klein Libertas Teater | 75min | R80 (R60 studente) | Geen O/16 (TN)

Die gras is groener
Saamgestel deur Juanita Swanepoel. Met Susanne Beyers, Joanie Combrink, Roeline Daneel en Stephanie Badenhorst
Dié woordkuns-aanbieding, saamgestel uit die gelyknamige bloemlesing van Danie Marais, handel oor emigrasie, afstand, verlange en verlies, en ook huistoe kom. Gesoute akteurs vertolk die hunkering en nostalgie van bekende Suid-Afrikaners wat hulle in die buiteland bevind. Die stuk spreek tot die harte van almal wie se geliefdes ver van die huis af is.
4 Maart 17:30 | 11 Maart 18:00 | Klein Libertas Teater | 60min | R75

Agterplaas
? US Woordfees Absa KKNK ko-produksie. Aangebied deur Kaap Teater-ensemble. Teks en regie: Charles Fourie. Met Deon Lotz, Deidré Wolhuter en Esther von Waltsleben
Die gevierde dramaturg Charles Fourie se veelbesproke stuk vertel die verhaal van ? arm Afrikaanse gesin wat hard baklei om die mas op te kom. Oor hierdie trefferstuk skryf Laetitia Pople in Die Burger: ‘Agterplaas verdien om op elke verhoog in Suid-Afrika gesien te word.’ Mense wat die stuk gesien het, beskryf dit as een van hul roerendste dog vermaaklikste toneelervarings ooit.
5 Maart 18:30 & 20:30 | 6 Maart 18:30 & 20:30 | PJ Olivier Kunssentrum | 70min | R90 | Geen O/14 (T)

? Lewe in die teater
Aangebied deur FACTS in samewerking met TEATERteater. Ondersteun deur die LOTTO
Deur David Mamet; Afrikaanse vertaling: Peter Taljaard. Met Gerben Kamper en Peter Taljaard
Regie en ontwerp: Marthinus Basson. Assistent-regisseur: Hugo Theart
Dié tragi-komedi, wat al beskryf is as David Mamet se liefdesbrief aan die teater en sy belangrikste genote: akteurs, ondersoek die verhouding tussen ? jong en ouer akteur. Die een staan aan die begin van sy loopbaan en die ander nader die einde. Beste Debuutproduksie (Vryfees  2011); Beste Kunstenaars (Vryfees 2011). Vir meer besonderhede, besoek www.teaterteater.com.
5 Maart 18:30 | 6 Maart 21:00 | Hoërskool Stellenbosch | 90min | R90 (R50 studente) | Geen O/14 (T)

Dis koue kos, skat
Aangebied deur Kosie House of Theatre. Deur Marita van der Vyver. Verwerking: Alexa Strachan. Met Elzabé Zietsman.  Regie: Andre Odendaal
Clara Brand is ? korrespondent van faam. Sy skreeu om wraak, want haar man het haar en die kinders gelos vir een van haar beste vriendinne! Wat volg is ? vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming en Clara huiwer nie om alles by die naam te noem nie. Dit skitter, ontplof, skok en verkwik – en sal vroue én mans vermaak.
5 Maart 20:15 | 6 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 70min | R80, R90, R100

Mooi Maria
Moontlik gemaak deur Clover Aardklop en Die Dagbreek Trust.  Deur Pieter Fourie. Met André Roothman, Isadora Verwey, Waldemar Schultz, Anthea Thompson, Theresa C. Sedras, Lille Goosen, Neels van Jaarsveld en Roeline Daneel. Regie, ontwerp en beligting: Albert Maritz
Die verhaal van ’n meisie wat eens Mooi Maria was – totdat die noodlot toeslaan. Net soos Faan se trein deur Fourie, ? wegholsukses van die sewentigs en steeds relevant. In Beeld noem Anna-Retha Bouwer Anthea Thompson se spel ? “kragtoer”. By Aardklop 2011 bekroon met toekennings vir Beste Afrikaanse produksie, Beste Regisseur en Beste Aktrise.
5 Maart 20:15 | 6 Maart 20:15 | Spier Amfiteater | 70 min | R80, R90, R100

Vaselinetjie
Met o.a. Robbie Klay, Andrea Streso, Werner Coetser (Bernard op 7de Laan), Ingrid Paulus, Theodore Jantjies, Elma Postma en Deon van Zyl.. Regie: Henry Mylne
Vaselinetjie ken van die lewe in ? kinderhuis vol gomgatte, emosionele verwaarlosing, prostitusie, seks, dwelms en bendegeweld. Maar dis ook ? verhaal vol menslike humor en dik romanse. Speelvakke van Hugo Taljaard se verwerking van Anoeschka von Meck se veelbekroonde blitsverkoper het uitverkoop by kunstefeeste regoor die land. Moenie dié aangrypende sterbelaaide stuk misloop nie!
8 Maart 20:15 | 9 Maart 20:15 | 10 Maart 20:15 | Spier Amfiteater | 120min | R80, R90, R100

Grieta kry geleerdheid
Aangebied deur Wordsmith's Theatre Factory.  Gebaseer op Willy Russell se Educating Rita. Met Chris van Niekerk en Lulu Botha. Regie, vertaling en verwerking: Hennie van Greunen
Wanneer Grieta, 'n Bishop Lavis hairdresser, besluit sy wil ALLES weet, sy wil geleerdheid hê, ontmoet sy haar tutor, prof. Frans, 'n gefrustreerde akademiese alkoholis. Hulle praat oor Breyten, Shakespeare, Krog en Foster. Tussendeur die akademie leer albei meer as wat hulle ooit gedink het hulle sal – oor geleerdheid, weggesteekte whiskey, keuses en hair relaxer
7 Maart 20:30 | 10 Maart 14:00 | Hoërskool Stellenbosch | 120min | R100

Skop
Aangebied deur Ysterolifantwaltz. Deur Sjaka S. Septembir. Met Sjaka S.Septembir, Melanie Basson en Shaun Acker. Regisseur: Sandra Temmingh
Kletsrym en teater flonker donker saam in hierdie produksie waar woorde en musiek magies vervleg. Kom kyk self wat steek agter die aweregse kunstenaar Sjaka S. Septembir, wie se verlede as stroom-op Stellenbosse straatdigter onlangs vasgevang is in ? internasionale dokumentêre film.
7 Maart 20:30 | 10 Maart 20:00 | PJ Olivier Kunssentrum | 45 min | R75 (R50 studente) | Geen O/14 (TD)

Ou blare
Aangebied deur Elsabé Daneel Produksies BK. Ondersteun deur Revlon.  Teks en regie: Leon Kruger. Met Elsabé Daneel, Susanne Beyers en Joanie Combrink
Drie jarelange vriendinne kom bymekaar om te herlaai. Hulle is dapper, eksentriek en boonop vies. Tussen joga en sopies spoel hulle mond uit oor karwagte, rietskraal winkelpoppe, kop­dokters en thongs. Dié splinternuwe gesinskomedie laat die maskers waai en dra ? fakkel vir vroue van ? sekere ouderdom.
8 Maart 18:00 en 20:30 | 10 Maart 20:30 | Hoërskool Stellenbosch | 70min | R100

Next customer please...
Aangebied deur VEE Productions. Deur Ilne Fourie. Met Ilne Fourie. Regisseur: Pieter Venter
Dié nuwe solostuk handel oor die ervaringe van Doris de Waal, ? kassier in ? winkelsentrum. Stories, staaltjies, skandale, karakters en customers kry lewe op die verhoog. Gaan op reis saam met Doris en ontmoet nuwe mense. ? Lag met ? traan.
8 Maart 20:30 | 10 Maart 10:00 | Klein Libertas Teater | 55min | R80

Proesstraat
Aangebied deur Richter Medien. Met Waldemar Schultz, Melt Sieberhagen, Pierre Breytenbach, Wickus du Toit, Martelize Kolver en Esther von Waltsleben
KykNET se sukseskomedie in lewende lywe op die Oude Libertas Amfiteater-verhoog! Kaapse gehore kan uiteindelik die dikwels aweregse improvisasie-komedie beleef. Kom kyk hoe die talentvolle akteurs van Proesstraat op hulle voete dink (of oor hulle val), sweet en die kluts heeltemal kwytraak. Elke vertoning is ’n unieke ervaring.
8, 9 en 10 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R90, R100, R110

Sister Mary Ignatius Explains It All For You
Aangebied deur Polony. Teks: Christopher Durang. Met Martelize Kolver, De Klerk Oelofse, Roeline Daneel, Wessel Pretorius, Cintaine Schutte en Naudé van der Merwe. Regie: Christiaan Olwagen
Elke verlore siel is welkom by Suster Mary se lesing. Met behulp van Thomas, haar toegewyde student, sal sy alles verduidelik. Haar lesings sluit ? Kersspel  in, sowel as ongewone sienings van die lewe buite die kloostermure. Voorwaar ? pret-pakket!
8 Maart 20:30 | 9 Maart 20:30 | PJ Olivier Kunssentrum | 80min | R80 (R60 studente) | Geen O/18 (SNGTD)

Bye Ma, Jaypee
Aangebied deur EPM Projects & Arena Produksies. Moontlik gemaak deur First For Women Insuranceen Sarie. Deur Daleen Kruger. Met Chris van Niekerk. Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
? Menslike verhaal met lewensgetroue humoristiese momente wat jou sal laat huil van die lag, net om kort daarna weer ? hartseer traan weg te pink. “Oprah Winfrey sê ? kind kies sy ouers. As ek alles in die lewe verkeerd gedoen het, het ek ten minste een ding reggedoen en dit was om Ma te kies. Bye Ma, Jaypee.”
8 Maart 20:30 | 9 Maart 20:30 | Japie Krige | 75min | R95

Dit voel leeg
Deur Lucy Kirkwood. Vertaling: Hugo Taljaard. Met Kim Cloete en Vuyelwa Booi. Regie: Henry Mylne
Sy weet hoeveel haar lewe werd is: twee en ? halwe i-pods! In Kaapstad word sy een van 27 miljoen slawe wêreldwyd, een van 800,000 mense wat jaarliks oor landsgrense gesmokkel word. Kim Cloete van Isidingo-faam se vertolking van ? menseroof-slagoffer sal jou aan die hart gryp!
9 Maart 14:30 | 11 Maart 10:00 | Klein Libertas Teater | 90min | R100

TaMiem van Swellendam
Deur M.E.R. Verwerking: Bettie Kemp. Met Bettie Kemp. Regie: André van Blerk
Kom geniet die ware verhale van die legendariese Hertzogpryswenner, TaMiem. Beleef die wel en wee van een van die vyf grootste Afrikaners van die eeu. TaMiem laat jou lag en nadink lank na die vertoning verby is. Terug op die verhoog na 'n Londen-speelvak en twee Vita-nominasies!
9 Maart 18:00 | 10 Maart 12:30 | Klein Libertas Teater | 55min | R80

Voor ek vergeet…
Moontlik gemaak deur Clover en Leopard’s Leap. Aangebied deur The Sixth Sense.
Deur Karen Marx. Met Amanda Strydom en Hannes van Wyk. Regisseur: Gert van Niekerk
Amanda Strydom na jare weer op die verhoog! Die aangrypende storie van ? ma en seun, maar anders as in heelwat verhale deesdae, haat hulle mekaar nie. ? Reistog van geloof, hoop en liefde, deurvleg met verrassende en deernisvolle elemente.
9 Maart 18:00 | 10 Maart 17:30 | Hoërskool Stellenbosch | 70min | R110 | Geen O/12

My name/My naam is Ellen Pakkies
Aangebied deur The Sixth Sense. Teks en regie: Lizz Meiring. Met Vinette Ebrahim en Christo Davids
Dié aangrypende stuk handel oor ? tragiese voorval wat internasionaal opslae gemaak het. Dit vertel die verhaal van ’n ma wie se magtelose liefde vir haar tikverslaafde kind haar tot moord gedryf het. Dis die geskiedenis van ? ouer, stomgeslaan deur ongenaakbare trauma, maar bowenal is dit ? viering van vergifnis, hoop en oorlewing.
10 Maart 09:00 en 11:00 | Hoërskool Stellenbosch | 60min | R110 | Geen O/14

Pa ...vir dummies
Moontlik gemaak deur Rapport.  Deur Schalk Schoombie, Jackie Hancke en Kabous Verwoed.
Met Neels van Jaarsveld. Regie: Tobie Cronjé
Dries Klopper (28) se doodgewone, lekker lewe word ontwrig deur die oorweldigende uitdagings van vaderskap. Dis ? helse skok vir sy sisteem. Soos soveel jong pa’s voor hom, kon hy nooit die aardskuddende, onthutsende veranderinge en aanpassings in sy lewenstyl voorsien nie. Wat nog te sê verwerk!
10 Maart 13:00 en 21:00 | Dorpstraat Teater @Summerhill | 60min | R100

holm@iafrica.com
Aangebied deur Handyminds. Deur Chris Vorster en Marion Holm. Met Marion Holm. Regie: Chris Vorster
Marion Holm in haar agtste eenvrou-vertoning! ? Bietjie links, ? bietjie regs, bo, onder en in die middel, sommer net om anders te wees! Stories wat jou laat lag. Stories wat jou laat dink. En as jy mooi luister ... en jou selfoon afsit ... is daar nog ? storie agter die storie. Regtig! Kom kyk maar, ons jok nie!    
10 Maart 20:30 | Japie Krige | 75min | R100






Keer terug na die program-indeksblad.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top