US Woordfeesprogram 2012: Aan tafel

  • 0
Aan tafel


Simonsberg Wynroete
Aangebied deur Stellenbosch Wynroete

Woord en wyn
Nuut by die US Woordfees – ’n eksklusiewe aanbod! Kom geniet ? intieme middagete saam met uitsonderlike Afrikaanse skrywers en ikone! Sit aan vir heerlike wyn en watertandgeregte saam met Simonsberg se wynmeesters en jou gunsteling-Woordfeespersoonlikheid. Slegs 12 mense per tafel. Bespreek dadelik om teleurstelling te voorkom!  

Woord en wyn 1: Sandra Prinsloo
Neil Ellis van Neil Ellis Wyne trakteer gaste op ? wynproe, waarna vir ? heerlike middagete aangesit word saam met Sandra Prinsloo, Suid-Afrika se bekende en beminde aktrise.
9 Maart 12:00 vir 12:30 | Neil Ellis Wyne, Helshoogtepad, R310 | 180min | R250

Woord en wyn 2: Riaan Cruywagen
Delheim se mede-eienaar, Nora Sperling-Thiel, stel gaste voor aan die landgoed se beste druifprodukte. Riaan Cruywagen, ? ware Suid-Afrikaanse ikoon, sorg vir sjarmante, gevatte en uitstekende geselskap.
9 Maart 12:00 vir 12:30 | Delheim, R300 | 180min | R250

Woord en wyn 3: Bakkes-broers
Johann Krige (mede-eienaar) en Abrie Beeslaar (keldermeester) van Kanonkop bederf gaste met ? vertikale wynproe en ? snoekbraai. Die gewilde skrywer-broers Johan en Christiaan Bakkes vertel stories dat dit gons en verskaf humoristiese geselskap uit die boonste rakke.
9 Maart 12:00 vir 12:30 | Kanonkop, R44 | 180min | R250

Woord en wyn 4: Annelie Botes
Morgenhof se wynmaker spog met sy beste produkte terwyl die gewilde Annelie Botes gaste vermaak met guitige staaltjies. Kom klink ? paar glasies en smul aan ? middagete wat jy nie gou sal vergeet nie.
9 Maart 12:00 vir 12:30 | Morgenhof Landgoed, R44 | 180min | R250

Woord en wyn 5: Jannie Mouton
Estelle Lourens, Uitkyk se wynmaker, verwelkom gaste met ? glasie in die hand. Sakereus Jannie Mouton, oor wie se lewe En toe fire hulle my onlangs verskyn het en groot opslae maak, hou Woordfeesgangers geselskap oor ? hartlike middagmaal.
9 Maart 12:00 vir 12:30 | Uitkyk, R44 | 180min | R250

Woord en wyn 6: Kerneels Breytenbach
Muratie se eienaar, Rijk Melck, deel sy beste wyne terwyl skrywer en smulpaap Kerneels Breytenbach  saam aansit vir ? heerlike middagete vol kwinkslae.
9 Maart 12:00 vir 12:30 | Muratie, Knorhoekpad | 180min | R250

 

Aan tafel by Knorhoek

André P. Brink
Die internasionaal gevierde André P. Brink gesels oor Philida, sy slaweroman wat later vanjaar verskyn. Dié roman speel af op die destydse plaas Zandvliet (vandag Delta) tussen Stellenbosch en Franschhoek. Kom sit aan vir ? heerlike maaltyd saam met een van Afrikaans se grootstes!
5 Maart 12:00 vir 12:30 | Towerbosch Aardkombuis, Knorhoek | 200min | R190

Marita van der Vyver
As jy nie weet wat azulejos is nie, is dit een van die redes waarom jy nie Marita van der Vyver se middagete-gesprek by die Woordfees moet misloop nie. In Portugal het sy pas die slothoofstuk van haar jongste roman voltooi. Maar wie kan wag tot Oktobermaand wanneer die boek op die rak is? Vir haar lojale lesers bied sy ’n spesiale voorsmakie van dié splinternuwe verhaal wat strek oor drie geslagte van ’n Afrikaanse familie – van Kaapstad in die jare dertig tot Lissabon in die jaar 2000. Kom geniet ’n heerlike driegangmaal terwyl jy luister hoe uitgewer Riana Barnard Suid-Afrika se lieflingskrywer pols oor die azulejo, die fado en al die ander geheimenisse wat sy in haar roman verweef het.
7 Maart 12:00 vir 12:30 | Towerbosch Aardkombuis, Knorhoek | 120min | R190 
                                       

sout+peper
Ondersteun deur Tuis-tydskrif.  Met Niël Stemmet, Sonja Jordt en Renata Coetzee
In dié verrykende driegesprek gesels Sonja met Niël oor sy nostalgiese debuutboek, sout+peper, wat sy eie lewensreis deur landskappe van stories en kos vertel. Renata Coetzee, erfeniskos-doyen, hou ? wakende oog. Wyn uit Knorhoek se privaat kelder word geskink en ? verruklike driegangmaal word voorgesit.
8 Maart 12:00 vir 12:30 | Towerbosch Aardkombuis, Knorhoek | 200min | R180

Aan tafel by De Vette Mossel

Bek sonder brieke
In samewerking met Protea Boekhuis
Elias P. Nel en Joey Erasmus laat leef die hoogpratende oom Goltros se stories met woord en musiek. Nel is ’n meesterverteller en Oom Goltros is die Noordkaap se antwoord op Oom Schalk van die Groot Marico. So, kom lag saam, maar bring ook maar ’n sakdoekie! Die rieldansers kom sand opskop en harte steel.
6 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 120min | R190

Storievuur
Met Johan Bakkes, Christiaan Bakkes, Gerrit Rautenbach, Ronelda Kamfer, Ulla Pakendorf en die Kaapse Affodille Dames Boereorkes
? Instelling op die feesprogram! Vanjaar sorg die knapste storievertellers vir vermaak wat die tone laat tintel en die hartsnare roer. Kyk of jy De Vette Mossel se agtgang seekosmaal kan baasraak terwyl die Kaapse Affodille jou voete laat jeuk vir passies in die seesand.
8 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 150min | R200

Soete Groete
Met Alexander Strachan, Petra Müller, Diana Ferrus, Leonard Nolens en Kees t’ Hart. Musiek deur Emile Minnie, aanbieder Dorothea van Zyl
By hierdie prestige-geleentheid is die room van die Afrikaanse, Vlaamse en Nederlandse letterkunde heerlik informeel saam op een verhoog, met Emile Minnie wat ernstig én guitig saampraat in liriek en musiek. Die agtgang seekos-ete sorg vir ? jolige feestelike belewenis!
10 Maart 19:00 | De Vette Mossel | 150min | R180

Ontbyt by De Vette Mossel

Kom geniet ? gesellige ontbyt by De Vette Mossel, met jou voete in die Woordfees se eie tuisgemaakte seestrand. Formidabele skrywer Riana Scheepers sorg dat jou aandag gefokus bly op vier merkwaardige Afrikaanse mans. Klink ? glasie vonkelwyn op die heel beste in ons geweste!

Murray La Vita
Murray La Vita het hom onderskei as een van die suksesvolste onderhoudvoerders van ons tyd. Hierdie Groot Sagmoedige Reus kry dit reg dat die belangrikste mense van ons tyd – politici, kunstenaars, aktiviste en meningsvormers – telkens hul siele vir hom ontbloot. Sy onderhoude lei tot merkwaardige, sensitiewe gesprekke wat ? onuitwisbare indruk op sy lesers laat. Maar hierdie keer word die onderhoudvoerder ondervra!
8 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R90

Louis Jansen van Vuuren
Louis Jansen van Vuuren is een van ons veelsydigste kunstenaars: ? skilder wat met sy verfkwas verhale vertel en  skrywer wat met pen en potlood skilderye maak. Kom ontmoet hierdie flambojante persoonlikheid wat met sy vymskerp humorsin teater te skep uit die gewone!
9 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R90

Reuben Riffel
Reuben Riffel, chef extraordinaire, restaurateur enskrywer,laat jou mond sommer sonder kos al water. Sy fenomenale opgang van kelner en kroegman tot gesogte Sjef van die Jaar, en die aanwysing van Reuben’s as Restaurant van die Jaar, is merkwaardig. Kom vind uit watter aandete maak hierdie beskeie man, wat ? huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het, saans vir sy eie gesin!
10 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R90

Etensuur-gesprekke by De Vette Mossel

Kom luister hoe gesels die akteurs van die Woordfees se Dramaprogram oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Kry sommer ? vinnige gereg van De Vette Mossel se heerlike middagspyskaart terwyl jy jou vergaap aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net beskikbaar by De Vette Mossel se ingang:

Mooi Maria
André Roothman, Isadora Verwey, Waldemar Schultz, Anthea Thompson, Neels van Jaarsveld en Roeline Daneel sluit by regisseur Albert Maritz aan om te gesels oor dié bekroonde produksie, Mooi Maria.
5 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R20 (ete uitgesluit)

Ou blare
Drie TV- en verhoogsterre aan die woord. Elsabé Daneel, Susanne Beyers en Joanie Combrink in gesprek oor die skreeusnaakse komedie Ou blare. Ideaal vir mense wat ? waardering vir humor het.
7 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R20 (ete uitgesluit)

Voor ek vergeet...
Hannes van Wyk praat met Amanda Strydom oor Voor ek vergeet..., die hartroerende produksie wat Strydom na die teaterverhoog teruggelok het.
8 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R20 (ete uitgesluit)

N is vir neurose
Regisseur en skrywer Christiaan Olwagen tree in gesprek met aktrise Roeline Daneel oor N is vir neurose, die swart komedie op die Woordfees se dramaprogram.
9 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R20 (ete uitgesluit)

Aan tafel by Dorpstraat Teater @ Summerhill

Filosofiekafee
Ondersteun deur Dirk Hertzog, en opgedra aan kollega Paul Cilliers.  Met Anton van Niekerk, Vasti Roodt, Johan Hattingh,Hannes Smit, Louise du Toit en Minka Woermann  
In die Woordfees se “groen” jaar takel Stellenbosse filosowe mekaar oor kleure. Kom verkneukel jou oor die manier waarop die wysgere probeer om mekaar te ontmasker as filosofiese groentjies en stem vir jou wenspan! Geniet ? heerlike ete uit die Dorpstraat-kombuis en bederf jouself met ’n drankie. Bespreek gou – dis altyd vroeg reeds uitverkoop!
7 Maart 19:00 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 120min | R60 (ete uitgesluit)

Aan tafel by Erfurthuis

Aandwandeling met spoke
Op hierdie gewilde staptog begelei Pietman Retief en ander kenners van Stellenbosch se geskiedenis feesgangers op die dwaalroete van onrustige geeste deur die geskiedkundige dorpskern. Hierna word in die historiese Erfurthuis aangesit vir ’n welverdiende maaltyd saam met die dapperes van gees. Bespreek by 021-887 2937 – as jy genoeg murg in jou pype het!
8 Maart 19:00 | Erfurthuis | 120min | R120 (ete ingesluit)






Keer terug na die program-indeksblad.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top