US Woordfees 2018: Fotoblad 4

  • 0

Kosdemo: Teetyd met Martjie

Koekedoor se Martjie Malan publiseer binnekort haar eerste bakboek wat enige bakgierige sal inspireer met resepte en delikate waterverf-illustrasies deur Claudia Liebenberg. Sy gee wenke oor hoe om met ’n basis te begin en dan voort te bou op variasies daarvan.

Die resepte wat Martjie gedemonstreer het en wat die gehoor kon saamvat huis toe

Martjie Malan

Martjie demonstreer die invryfmetode.

Ben, Martjie se assistent, help haar met die maak van die soetdeeg van die donkersjokoladetert.

Martjie vertel ’n bietjie meer oor die CocoaFair-sjokolade waarmee sy graag bak.

Karel Schoeman se laaste stemme

Dié historiese improvisasie is een van Schoeman se laaste literêre werke voor sy afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ’n menigte immigrante aan die Kaap. Aan die hand hiervan word gekyk na dié skrywer se nalatenskap en hoekom hy ’n ‘anderster’ Sestiger was, waarna elke deelnemer sy/haar mooiste Schoeman-roman kies.

Met: Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen

Cas Wepener

Tim Huisamen

Louise Viljoen

Dan Sleigh

Carina Stander: Die bergengel

Die verhaal van ’n mitiese bergengel en die jong Eron Verberger se lewensveranderende avontuurreis deur die land Gabriëllië is die onderwerp van Carina se fantasieverhaal. Sy vertel meer omtrent haar karakters en inspirasie aan die hand van die 30 sketse wat sy vir haar boek gemaak het.

Carina Stander

Dana Snyman en Nathan Trantraal: Die kleure van ons land

’n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie ’n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit.

Loftus Marais

Nathan Trantraal

Dana Snyman

Tannie Evita en Pik onthou Madiba

In die eeufeesviering van Madiba se geboortejaar onthou vier mense wat oor ons eerste demokraties-verkose president geskryf het die mens agter die woorde.

Tannie Evita én Pieter-Dirk is daar, Pik huldig die man met wie hy ’n ‘onbekende en intieme verbintenis’ gehad het, en Denis die spirituele leier. En in volle sirkelgang lei ’n Verwoerd die gesprek!

Met: Pieter-Dirk Uys, Pik Botha, Denis Cruywagen, Melanie Verwoerd

Evita en Pik is ou vriende

Tannie Evita

Pik Botha

Denis Cruywagen

Melanie Verwoerd

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top