US Woordfees 2018: Fotoblad 3

  • 1

Ongehoord-gespreksreeks: Gender, godsdiens en die kunste – om anders te kyk

Die kunste is ’n belangrike kanaal om ons te help om anders te kyk na die wyse waarop godsdiens en gender in ons gemeenskap figureer. Kritiese vrae, onder meer oor die verband tussen godsdiens, gender en kultuur, word gevra asook oor die verweefdheid van gender, ras, klas en gestremdheid.

Marlene le Roux en Julie Claassens

Marlene le Roux

Zuma: Vyand nommer 1

Max du Preez ondervra ’n nuwe generasie ondersoekende joernaliste wat nie skroom om die waarheid te publiseer nie – ondanks die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma se grootskaalse korrupsie en hoe ’n nasie begin terugveg het in Zuma – Enemy of the People. Pieter-Louis verklap in The Republic of Gupta – A Story of State Capture meer omtrent die manne wat die staatskoffers plunder.

Met: Adriaan Basson, Pieter du Toit, Pieter-Louis Myburgh en Max du Preez

Max du Preez

Pieter du Toit

Adriaan Basson

Pieter-Louis Myburgh

Antjie Krog – Suske en Wiske en Mandela

Honderd jaar ná Mandela se geboorte kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika – uitgebeeld word in twee Vlaamse comics uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie jong plaaslike comics-kunstenaars.

Met: Antjie Krog, Daniël du Plessis, Willem Samuel, Loyiso Mkize

Antjie Krog

Willem Samuel en Antjie Krog

Daniël du Plessis

Loyiso Mkize

Vaderland, moederband, broederliefde

In altwee dié romans word ’n wêreld anderkant geografiese grense verken, maar ook grense van die band met ’n ma en seksualiteit.

In Die derde spoel projekteer SJ (of Fanie) ’n donker poëtiese beeld van liefde tussen mans op ’n steeds verskuiwende doek, terwyl Eben in Groen soos die hemel daarbo ritueel maak van erotiese ervarings en die ontginning van selfkennis daaruit.

Frederik de Jager gesels met hulle.

Frederik de Jager

SJ Naudé en Eben Venter

Eben Venter

SJ Naudé

Irma Joubert en Hans du Plessis

Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ’n Nederlandse oorlogwesie wat alleen ’n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor ’n kinderkarakter in Drie vroue en ’n meisie, wat handel oor vier geslagte vroue op die Hoëveld en hulle droom van ’n beter lewe.

Ilse Salzwedel

Hans du Plessis en Irma Joubert

Irma Joubert

Hans du Plessis

Whose history is it anyway?

How important is it to keep telling accurate and unembellished stories about the past – even if it's offensive or hurtful? Four writers discuss this with Sandra Swart. Fred used the sinking of the crew ship SS Mendi in the icy English Channel during the First World War as backdrop for Dancing the Death Drill. Alexandra wrote about growing up during the Rhodesian war in her debut and for her new novel, Quiet Until the Thaw, investigates the history of two Native American boys in a South Dakota reserve. In New Times Rehana draws on her own 30-year history as a political journalist to examine Nelson Mandela’s record as the first president of democratic South Africa, while Achmat returns to the apartheid history in Dikeledi.

With: Fred Khumalo, Alexandra Fuller, Achmat Dangor, Rehana Rossouw

Sandra Swart

Rehana Rossouw

Alexandra Fuller

Fred Khumalo

Achmat Dangor

  • 1

Kommentaar

  • Hierdie gesprek "Whose history is it anyway?" was baie aangenaam met baie variasie en interessante perspektiewe. Mens het sommer lus om weer hulle boeke te lees. Ek wonder nou net wat gaan die arme US doen met die naam van hulle Geskiedenisdepartement. Die gate waarin 'n mens jou tog kan bevind as jy probeer Engels wees ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top