Die ANC se nuwe besem
Gesprekleier: Tim du Plessis
Die nuwe ANC-leier wat in Desember verkies is, is Suid-Afrika se ekwivalent van ’n aangewese president, ’n gesalfde troonopvolger. Sal die party se afwaartse trajek nou gestuit en selfs omgedraai word? Wat kan ons te wagte wees wanneer dié nuwe ANC-president in Tuynhuys en die Uniegebou intrek?
Met: Joel Netshitenze (ANC, NUK-lid), Melanie Verwoerd (oud-ANC LP en ambassadeur) en Theuns Eloff (FW de Klerk-stigting)
Tim du Plessis, Joel Netshitenzhe, Melanie Verwoerd en Theuns Eloff
Joel Netshitenzhe en Melanie Verwoerd
Tim du Plessis
Theuns Eloff
Elsa Joubert: Spertyd
Ter viering van haar 95e verjaarsdag en die publikasie van die slot van haar outobiografiese trilogie, voorafgegaan deur ’n Wonderlike geweld en Reisiger, het Ena Jansen ’n eksklusiewe onderhoud met Elsa gevoer, wat in Berghof-aftreeoord opgeneem is waar die boek ook afspeel. Dié onderhoud word uitgesaai, waarna Ena ook met Elsa se seun, Nico Steytler, en haar uitgewer, Etienne Bloemhof, gesels.
Ena Jansen en Elsa Joubert se seun Nico Steytler
Elsa Joubert se uitgewer, Etienne Bloemhof
Tant Anna en die 25 Shakespeare-sonnette
Op 80 het Anna Neethling-Pohl, dramadoyenne en skoonsuster van NP van Wyk Louw, 25 van Shakespeare se sonnette in Afrikaans vertaal – ‘om te wys ek kan’. Dié gedigte is nou op CD beskikbaar, voorgelees deur Karin Hougaard. Sy gesels oor die projek se ontstaan met Ingrid Glorie, koördineerder van die Week van de Afrikaanse roman, en lees gedigte voor.
Ingrid Glorie en Karin Hougaard
Karoogesprek
’n Musiekkunstenaar, skrywer, organiseerder van boekfeeste en fotograaf vertel watter rol dié magiese, droë stuk aarde in hulle werk speel. David skets die agtergrond van die bekende Karoo Kitaar Blues en van die liedjies op sy nuwe CD, Wakkerslaap, Eben lees voor uit sy roman Groen soos die hemel daarbo, Darryl (die enigste Indiër-dosent van Afrikaans in Suid-Afrika) vertel van sy Karoo-feeste soos BoekBedonnerd, en Louis gee ’n voorsmaak uit sy nuwe koffietafel-fotoboek, Karoo.
Darryl David
Eben Venter
David Kramer
Louis Botha
Ramaphosa – Behind the enigma
What does Ray Hartley's Ramaphosa – The Man Who Would Be King say about the enigma that is the new ANC president – ambitious, charming, a born negotiator, astute businessman, the boy who at a young age told his friend that he would one day be president?
In this centenary year of Nelson Mandela, who anointed him as his successor, everyone wants to know: Does he have what it takes to turn SA around?
Max du Preez will lead the discussion with Hartley, Cape Talk's Koketso Sachane and former Sky News anchorman Jeremy Thompson.
Max du Preez
Jeremy Thompson
Ray Hartley
Koketso Sachane
Kommentaar
Ek het, soos altyd, die Woordfees verrykend en stimulerend gevind. Diskoers-gesprekke het wonderlike stof tot nadenke verskaf, die boekbesprekings en ontmoeting met skrywers het opnuut die leeslus geprikkel en behalwe al die ander goeie vertonings, was Sandra se Moedertaal, ’n emosionele meelewing.
Dankie vir al die harde werk om ons tot volgende jaar van pitkos te voorsien.