
Ons land, soos ander wêrelddele, verkeer in die greep van die COVID-19 virus-pandemie.
Onsekerheid oor wanneer die gepaardgaande gesondheidsgevare sal gewyk het, asook of die Noordwes-Universiteit, gastehuise, lugrederye en ander instellings teen 1-5 Junie gewone bedrywighede hervat sal hê, noop die ATKV-Skryfskool om Winterskool 2020 (soos beplan vir die genoemde datums) uit te stel tot verdere kennisgewing.
Die personeel van die ATKV-Skryfskool wens alle belangstellendes in, en betrokkenes by, Winterskool 2020 geborgenheid en ongeskondenheid toe in die ramptydperk wat voorlê.
E-posadres vir navrae: kobie.vanaswegen@nwu.ac.za.
Lees die oorspronklike persvrystelling hier:
Persvrystelling: Winterskool met skryfkompetisie vir opkomende skrywers

