Uitnodiging: Saterdag-Boekemark by die NALN-Opedag

  • 0

Saterdag-Boekemark @ NALN-OPEDAG

Besoek die Vriende van NALN-vereniging se Boekemark

in die pragtige ou Ketelkelder op

Saterdag, 14 September 2019, om 8:30 - 12:30.

NALN-opedag:

Kom ervaar die leefwêrelde van ons geliefde Afrikaanse skrywers tydens begeleide museumtoere by NALN!

Koop drie boeke in die Ketelkelder se Boekemark en kry die goedkoopste een GRATIS!

Langspeelplate, biografieë, digbundels, resepteboeke, kinder- en jeugboeke,

Afrikaanse en Engelse storieboeke is volgens outeur gerangskik.

Jou gunstelingskrywer se handtekening verskyn dalk op die Skrywersmuur in die Ketelkelder:

Is dit Daniel Hugo, Alexander Strachan, Nico Luwes, Heilna du Plooy, Wannie Carstens, Francois Smith, Antjie Krog, Jaco Jacobs, Annerle Barnard, J.C. (Jaap) Steyn, Maretha Maartens, Manie Wolvaardt, Louis Bothma, Philip de Vos, Etienne van Heerden, Riana Scheepers, Dan Sleigh, Deon Meyer of Irma Joubert?

Besoek die Boekemark elke Maandagoggend om 8:30 - 12:30.

 Navrae: Menitza Gutter:  sel 083 264 2377 óf Ina Rossouw: sel 060 993 2027.

Parkering is beskikbaar op die terrein voor die hoofingang,

via die hoofhek in President Brandstraat.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)

is geleë op die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.

 

Kontak NALN: naln@sacr.fs.gov.za óf 051-405 471

Skakel gerus in by die Vriende van NALN se Facebookblad: https://www.facebook.com/vriendevannaln?fref=ts.

Nooi asseblief u vriende om aan te sluit by die Vriende van NALN-vereniging vir 2019. Lewer ’n aktiewe bydrae as ’n gewone lid, student of instansie, of hernu gerus u lidmaatskap @ R50 p.j. Die lidmaatskapvorm is hierby aangeheg en is ook saam met die grondwet beskikbaar by NALN se webwerf: http://www.fssacr.gov.za/internet/index.php/NALN (punt 10). Of stuur ’n boodskap aan vriendevannaln@gmail.com en ontvang dié twee dokumente.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top