
Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na Gerald Groenewald (UJ) se gesprek, “Die grootste van ons volk: MER, MT Steyn en Afrikaanse taalnasionalisme”, op Woensdag 10 Junie 2026 om 18:00 by NALN.
RSVP: vriendevannaln@gmail.com
Vrystaat Kunstefees Literatuurfees
Lede van die ATKV en Vriende van NALN Vereniging kry gratis toegang tot die Literatuurfees met geldige bewys van lidmaatskap (beskikbaar tydens die Literatuurfees by NALN se navraagtoonbank in die ATKV-Boeke-oase, 7–11 Julie 2026. Navrae: WhatsApp 076 741 0628).
Die gewilde “Hulde aan helde”-reeks word weer deur NALN aangebied:
Hulde aan helde: Stella Blakemore [7 Julie 2026 15:00 R40]
- Binnehof: ATKV-Boeke-oase Vrystaat Kunstefees Literatuurfees.
- https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1592035391
Hulde aan helde: Johann Lodewyk Marais [8 Julie 2026 15:00 R40]
- Binnehof: ATKV-Boeke-oase Vystaat Kunstefees Literatuurfees.
- https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1592036012
Hulde aan helde: Janie Oosthuysen [9 Julie 2026 15:00 R40]
- Binnehof: ATKV-Boeke-oase Vrystaat Kunstefees Literatuurfees.
- https://www.webticket.co.za/v2/event.aspx?itemid=1592036574
*
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Charlotte Maxeke- en Pres Brandstraat, Bloemfontein. Parkering is saans beskikbaar op die teerblad langs die Ou Goewermentsgebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

