Uitnodiging: FilosofieKafee – Wat kan Machiavelli ons leer oor ekonomiese oorlog?

  • 0

Tema: Wat kan Machiavelli ons leer oor ekonomiese oorlog?
Spreker: Raenette Gottardo (voorheen Taljaard)
Medereder: Lydia von Wielligh-Steyn

Niccolò Machiavelli was ’n senior Florentynse diplomaat. Hy is op 29-jarige ouderdom deur Piero Soderini aangestel en is later deur die Medici-familie opgesluit. Hy het sy meesterstuk, Die prins, aan Lorenzo de Medici opgedra. Sy denke oor beginsels, en die verskeie uitdagings wat beginselvaste leiers dikwels in die spervuur plaas, is tans meer relevant as ooit tevore. Sy persoonlike ervarings met die magtige Medici-familie is ’n interessante invalshoek om na die huidige fluktuerende globale internasionale ekonomiese orde te kyk. Te midde van globale handelstariefkonflikte en geopolitieke ekonomiese magstryde kan hy ons heelwat oor strategie leer.

Raenette Taljaard, nou Gottardo, het bekendheid verwerf toe sy tussen 1999 en 2004 ’n parlementslid vir die Demokratiese Alliansie was. Sy was die jongste vroulike parlementslid. Ná 1999 het sy die akademiese wêreld betree en aan die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die Witwatersrand doseer. Tussen 2006 en 2009 was sy direkteur van die Helen Suzman-stigting en in 2011 is sy benoem as kommissaris van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Sy beskik oor ’n PhD in politieke wetenskap wat sy aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het en is ook die skrywer van die boek Up in arms: Pursuing accountability for the arms deal in parliament. Tans werk sy as ’n onafhanklike internasionale konsultant. Sy is lief vir letterkunde, opera en Italië. Raenette het onlangs die gesogte Cavaliere dell’Ordine della Stella d’Italia-toekenning van die Italiaanse president ontvang.

Datum: Vrydag 5 September 2025
Tyd: 18:00–21:00
Plek: ATKV Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington
Bespreek asb by Lamé: +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R150 pp (sluit ’n verwelkomingsdrankie in)

Betaal asb met die datum W05/09 en jou naam by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee

Iedereen is welkom!
Besoek https://filosofiekafee.blogspot.com vir nog inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top