
Grafika verskaf deur FilosofieKafee
Tema: Kernkrag in Suid-Afrika: ja of nee?
Spreker: Pieter Bredell
Die gesprek stel die vraag: Dink julle dat kernkrag ’n betroubare, volhoubare en veilige energiebron in Suid-Afrika kan wees?
Die huidige stand van sake in die internasionale arena sal bespreek word met die klem op die openbare mening rondom kernkrag en, as deel van die gesprek, die hoofredes vir teenkanting en verset teen kernkrag.
Vervolgens word vlugtig gekyk na die belangrikste rolspelers binne die Suid-Afrikaanse kernbedryf, naamlik die betrokke regeringsinstansies, reguleerders, aanlegbedrywers, nywerheidsverkaffers en die plaaslike gemeenskappe. Die klem val uitsluitlik op skakeling met die publiek. Pieter wil graag fokus op sy skakeling met die publiek rakende kernkragkwessies, veral rondom die bestuur van kernafval, een van die mees uitdagende projekte van sy loopbaan!
“Dit het vir my as kerntegnoloog tot diep insigte gebring van die belangrikheid van ’n onderliggende sosiologiese wêreld, waarvan ek onbewus was.”
Ter afsluiting gesels ons vlugtig oor die regering se planne, sover bekend, met die oprigting van nuwe kernkragstasies in Suid-Afrika.
Pieter Bredell het ’n graad in chemiese ingenieurswese van die Universiteit van Pretoria en ’n regsgraad van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het 50 jaar ondervinding in die kernbrandstofbedryf, insluitend uraanontginning, -omsetting en -verryking, die uitbedryfstelling van kernaanlegte, die bestuur van radioaktiewe afval en kernbeveiliging. Die grootste gedeelte van sy werksloopbaan was by die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), eers as prosesingenieur en later hoofbestuurder: Uraanverryking en -omsetting.
Tussen 2012 en 2015 was hy as deeltydse kernkonsultant aktief betrokke by die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) in Wene met internasionale kernprojekte en tegniese sendings na verskeie IAEA-lidlande
Pieter skilder van kleins af en het onlangs met beeldhouprojekte begin werk. Hy stap elke dag en lees deesdae nie meer so baie filosofiese boeke nie.
Iedereen is welkom!
Datum: Saterdag 12 September 2026
Tyd: 09:00 tot 12:00
Plek: Proe, AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, Menlo Park
Bespreek asb by Lamé: +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Toegang: R175 pp (sluit ’n kontinentale ontbyt in)
Betaal asb met die datum P12/09 en jou naam by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee.

