Boekbekendstelling: Ontaard deur Pieter Odendaal, Kaapstad | 27 Julie 2023

  • 0
 
Pieter Odendaal stel Ontaard bekend by Book Lounge in Kaapstad op 27 Julie 2023.
 
Bibi Burger gesels met Pieter Odendaal en Allison-Claire Hoskins lei die gesprek.
 
Besonderhede:
Donderdag 27 Julie
17:30 vir 18:00
Book Lounge
71 Roelandstraat
 
In Pieter Odendaal se langverwagte tweede bundel skryf hy oor aktuele temas soos queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding. Dit is ’n selfbewuste maar ook selfversekerde digterstem wat aan die woord is. Die digter skroom nie om binnetoe te kyk en ongemaklike vrae te vra oor herkoms, tuiswees en heengaan nie: Waar kom ons vandaan? Waar behoort ons? En waar gaan ons heen as ons van die aarde ontwortel word?
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top