Uitnodiging: Boekbekendstelling (18 April by NALN in Bloemfontein)

  • 0

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Spiesjagter deur Jurie J Wessels op 18 April by NALN in Bloemfontein. 

RSVP: annelien.naln@gmail.com

Klik hier vir ’n groter weergawe van onderstaande uitnodiging.

Meer oor Spiesjagter:

Spiesjagter deur Jurie J Wessels
Uitgewer:
Turksvy Publikasies, 2024
Prys: R320
ISBN: 9780796111289

Elandsdrift het al in die 1800’s aan die Cloetes behoort. Die oorspronklike opstal is deur die Engelse afgebrand en, nadat Oupa Cloete van Ceylon en Ouma uit die konsentrasiekamp teruggekeer het, moes hulle weer van voor af begin. Loek se pa en ma het in die 1950’s hier saam met die ou mense kom woon en die nuwe geslag Cloetetjies – Loek en sy broer – is ook hier onder die krakende sinkdak gebore. En nou sê die bankbestuurder: “Ons kan jou nie langer dra nie.” So ’n familieplaas is ’n groter verantwoordelikheid as wat mense besef. Loek lê lank in stilte na die donker plafon en staar.

Loek Cloete se pogings om hom uit sy benarde posisie los te wikkel lei hom na Engeland waar hy ’n enigmatiese meisie en ’n suinige Engelsman ontmoet. Die gebeure loop onkeerbaar uit op ’n leeujag in Suid-Afrika, waarin ’n tuisgemaakte spies die hoofrol speel. Spiesjagter is ’n verhaal vol onverwagte kinkels en onvergeetlike karakters.

Oor Jurie J Wessels

Jurie J Wessels gebruik sy ondervindings as valskermsoldaat, sportonderwyser en later as voltydse boer op die familieplaas, Aberfeldy, naby Harrismith in die Vrystaat om die verhaal van Loek Cloete en die spiesjagter John Caldershot te vertel. Jurie en sy vrou, Jacomien, se lewe op die plaas word verryk deur saam te kuier met hul kinders en kleinkinders.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top