
Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die SA Akademie se Algemene Simposium op Donderdag 28 en Vrydag 29 September 2023.
Die simposium word in ’n hibriede formaat aangebied, dit wil sê in persoon by die SA Akademie se gebou in Arcadia, Pretoria, of aanlyn. Indien jy in Pretoria en omgewing woon, nooi ons jou vriendelik uit om die simposium in persoon by te woon.
Klik hier vir die voorlopige program van die simposium, en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.
Ons hoop dat jy hierdie jaarlikse simposium van die Akademie met al die interessante referate sal kan meemaak.

