
Hiermee ’n vriendelike uitnodiging om aan te sluit by ’n departementele seminaar aangebied deur Afrikaans@UJ, eenheid deel van die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, Universiteit van Johannesburg.
Ons is trots om dr Imke van Heerden, tans assistent-professor by Koç-universiteit in Istanboel, aan die woord te kan stel oor die AfriKI-projek en die eerste Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans. Almal is hartlik welkom.
- Datum: Woensdag, 27 Julie 2022
- Tyd: 12:00–13:30
> Zoom-skakel
Die seminaar het ’n internasionale gehoor en die referaat word in Engels aangebied, met naatvrye simultaantolking beskikbaar via Zoom.


Kommentaar
Dit klink vreeslik interessant!! Maar ek is ongelukkig nie daardie tyd beskikbaar nie. Enige moontlikheid dat dit opgeneem sal word?
Ek is opgewonde om deel te neem om die volhoubaarheid van my moedertaal uit te bou.
Baie dankie Chrislyn!
Die videolesing is nou in Engels en Afrikaans beskikbaar: https://www.litnet.co.za/afriki-kunsmatige-intelligensie-gedigte-in-afrikaans-videolesing-in-engels-en-afrikaans/