
U word hiermee hartlik uitgenooi na die 50ste Hertzoggedenklesing wat aanlyn aangebied word.
..........
Datum: Woensdag 20 Oktober 2021 om 18:00
Spreker: Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys en die MOS-Inisiatief
Titel van lesing: Die Hertzog-onderwyswet (1908) en vandag se taalbeleid in die onderwys
Na afloop van die lesing is geleentheid vir vrae en bespreking.
Die byeenkoms word deur middel van MS Teams aangebied.
Stuur asseblief voor of teen 18 Oktober 2021 ’n e-pos aan linda@akademie.co.za om ’n skakel na die lesing te ontvang.
In 1970 het die Hertzogmonumentkomitee ontbind en sy oorblywende bates aan die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns oorgedra. Een van die voorwaardes vir die oordrag, waaraan die Akademie graag voldoen, is dat die Akademie onderneem om "jaarliks ’n J.B.M. Hertzoggedenklesing oor sake van nasionale, staatkundige en kulturele belang aan te bied deur middel van sodanige persoon, op sodanige plek en by sodanige geleentheid as wat die Akademie in sy uitsluitlike diskresie mag besluit, en om afskrifte van sodanige lesings te bewaar".

