Uitnodiging: 18 September | Donker water deur Martin Steyn – bekendstelling by Oude Leeskamer

  • 0

Boekbekendstelling van Donker water deur Martin Steyn

Gespreksleier: Jonathan Amid
Plek: Jannie se Leeskamer by Oude Leeskamer, Stellenbosch
Datum en tyd: Woensdag 18 September, 15:30–16:30

Hoe om jou pad uit troebel water te vind is een van die temas wat Martin Steyn in sy eerste roman sedert 2018 ondersoek. Donker water is oudergewoonte uitmuntende misdaadfiksie en ’n boek waarvoor Steyn se aanhangers lank reeds wag.

Sluit by Martin en Jonathan Amid aan in Jannie se Leeskamer: Martin is steeds een van die land se topskrywers, en met Donker water ontgin ht nogmaals sterk, komplekse karakters wat lewensgetrou uitgebeeld word. dan is daar die balans tussen stilte en rustigheid en spanning, en tussen menslikheid en lewensgevaarlike uitdagings. Moenie hierdie gesprek misloop nie!

RSVP: events@oudeleeskamer.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top