Uit Woordenaars: siembamba

  • 1

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Hendry Kortje "siembamba" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

siembamba

maak toe jou oë my kind
maak toe jou oë
rus

jy mag nie die pyn
in my oë sien
maak toe jou oë my kind
maak toe jou oë
rus

laat slaap jou insluk
droom daar van geluk
dat jy my kind is
van vreugde
wat net jy
kan bring

soos ’n verlore siel
dwaal my inner-soekende seer
probeer so hard ...
die Here weet hoe hard ek probeer
om jou geboorte te vergeet

ek probeer vergeet
van ’n voorreg my ontneem
om jou skaterlaggie te hoor
om die bruin in jou oë te peil
voor dit vir heel laas toegaan

die lewe het jou gefail!

maak toe jou oë my kind
... en soos alle moeders
hulle kinders aan die slaap sus
maak toe jou oë en rus
... sag

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top