Hendry Dawid Kortje is op Albertinia in die Wes-Kaap gebore en woon in Grabouw en tans in Stellenbosch. Hy het sedert 2016 vyf digbundels self uitgegee met oa die volgende titels: die antie met die vuil kopdoek, My lewe is in ’n swart haadkawwe boek, Parakletos en nog twee ander. Hy het ook twee CD’s met gedigte die lig laat sien.