Uit Woordenaars: in genade-stilte

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Edgar Magerman "in genade-stilte" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

in genade-stilte

in genade-stilte
probeer ek deur literêre dubbeltongighede
krap
sin soek
tekeninge vir tekenisse maak
dis parole en langue
signifie
maar die hele proses word
’n deursigtige leuen
want ek is hier
afwesig
nie hier teenwoordig
waar?
by haar my môre-kind
ons bymekaarwees vroeër
was onvergeetlik
geen steuring kon die geesdrif demp
om dit wat binne ons is te laat ontlaad nie
oomblikke van sweet en kners
druk en pers
sonder vetlamp of kers
net dit ... die natuur se geluk om ons
was ons ekstase miskien ongegrond
wat dit ook al was: dit was
slegs dit is genoeg vir my
daarom kan ek nou die skemer inloop
wandel tot die aandwind waai
my enigste vraagteken
’n skaduwee-vlug

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top