Uit slawerny

  • 0

Gebrandmerk de jure of de facto
oor see en land uit moederskoot uit moederland,
in ’n skeepsruim gestop, geketting en gekarwats;
uit ’n vreemde tong en selfs moedertong
is handel gedryf met jou lyf –

’n Jong man sing oor die katoenson
’n Jong vrou huil oor haar bebloede skoot
sussie was verkoop vir pa se skuld
boetie is al vergeet
kaalvoet oor die Sahara
’n nasie vergete onder verlore krete –

Spartacus het sy meesters vermaak
in sy nuwe land van bloed en venyn, lig hy sy swaard ...
Thracian, Thracian sou hul sing
lei ons uit die land van bloed en faam –

Hulle sê Moody-blues of kom polish gou my shoes
is net so goed soos die geboorte van Rock ’n Roll
en Elvis en die vryman
vra maar vir Ponce de León of die Viceroys
waar seil hul skepe die liedjies vandaan?

Daar's ’n meisie in die donkernag
sy verkoop haar lyf, haar siel vergete
sy sê sy's Clara, maar eindelik is sy iemand anders
maar dit bly ’n bedwelmende vergeet
uit ’n afgestorwe niemandsland
Teddie bly, Teddie bly, bly lê in die sand
en dit was al agtien jaar gelede –

9 miljoen koppies tee
smokestack lighting huil die wolf
kindermoord en marteldood
van Algerië tot oor die Rooisee
vir die suiker vir die goud!

Lees ook

Die huiskom van ’n siel

Uit die donkerkamer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top