Tuin van digters 2017: Foto's en video's

  • 3

Die 6de Tuin van digters is op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington aangebied. Die tema van vanjaar se fees was "Uitdagend skeppend". Naomi Bruwer het Saterdag die fees bygewoon.

Rachelle Greeff se skryfkursus

Rachelle Greeff is die aanbieder van die Breytenbach Sentrum se skryfskool. Johan van Lill het met haar en enkele kursusgangers oor die waarde van die skryfskool gesels.

Johan van Lill, Rachelle Greeff, Alma Nel, Jean-Pierre de Kock, Theltom Masimila en Francois Verster

Francois Verster

Theltom Masimila, mededraaiboekskrywer by Suidooster en 7de Laan

Jean-Pierre de Kock

Alma Nel

Johan van Lill en Rachelle Greeff

Jong en voornemende skrywers kan nou inskryf vir die bekroonde skrywer Rachelle Greeff se vierde gewilde jaarlikse skryfskool wat binnekort by die Breytenbach Sentrum in Wellington begin. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 6 Oktober 2017. Volledige besonderhede, insluitende die koste en tye van die skryfkursus, is beskikbaar by www.breytenbachsentrum.co.za of by info@breytenbachsentrum.co.za.

Nuwe Stemme 6

Nuwe Stemme 6, saamgestel deur Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé, is by die fees bekendgestel en verskeie bydraers het hulle gedigte voorgelees.

Danie Marais was seremoniemeester van die hele fees.

Charl-Pierre Naudé

Hoe het Breyten generasies ná hom beïnvloed?

In die gesprek, aangebied deur PEN Afrikaans, het Danie Marais gesels met Louise Viljoen, ’n kenner van Breyten Breytenbach se werk, en drie gerekende digters uit verskillende generasies: Charl-Pierre Naudé, Andries Bezuidenhout en Bibi Slippers.

Danie Marais, Andries Bezuidenhout, Louise Viljoen en Bibi Slippers.

 

Louise Viljoen

Bibi Slippers

Video: Wat is die slaggate?

Andries Bezuidenhout en Charl-Pierre Naudé

Ampie Coetzee

Debuutbundels wat uitdaag

Charl-Pierre Naudé het met Corné Coetzee (Nou, hier) en Jolyn Phillips (Radbraak) oor hulle debuutbundels gesels.

Afrikaans in Europa

Daniel Hugo en Yves T'Sjoen het gesels oor Afrikaans in Europa. Yves T'Sjoen is bestuurslid van UGent (Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika) en is verbonde aan die universiteite van Gent en Stellenbosch.

 

Yves T'Sjoen

Yves T'Sjoen en Daniel Hugo

Desmond Painter, Willem de Vries en Abraham de Vries

Tribal Echo salueer Small

Tribal Echo het hulde aan Adam Small gebring met nuwe toonsettings van Small se gedigte.

Frazer Barry

Deniel Barry

Denis Goldberg

Bacchus Nel

Tribal Echo

Fotostaatmasjien

Andries Bezuidenhout het met Bibi Slippers gesels oor haar veelbekroonde digbundel, Fotostaatmasjien.

Toekenning van die Ingrid Jonker-prys

Die Ingrid Jonker-prys is vanjaar by die Tuin van digters oorhandig. Hilda Smits is aangekondig as wenner vir haar bundel die bome reusagtig soos ons was.

Ronel de Goede

Theuns Eloff van die Dagbreek Trust.  Die Dagbreek Trust het vanjaar prysgeld van R10 000 aan die wenner van die Ingrid Jonker-prys geskenk.

Die prys is oorhandig deur Simone Jonker, Ingrid Jonker se dogter.

Nicol Stassen van Protea Boekhuis het die prys namens Hilda Smits ontvang. Die Breytenbach Sentrum het dié beeld deur Nanette Ranger aan die wenner geskenk. 

Daniel Hugo het verse uit die bome reusagtig soos ons was voorgelees.

Riku Lätti en Die Wasgoedlyn

Jolyn Phillips het die gehoor aan haar voete gehad.

Bacchus Nel en Riku Lätti

Jackie Lätti

Laurinda Hofmeyr

Churchil Naudé

Die Wasgoedlyn

  • 3

Kommentaar

  • Herman Lategan

    Wow, dankie. Ek kon dit nie maak nie, tot my spyt, maar hierdie foto's en opnames laat my voel asof ek darem vanaf die kantlyn kan koekeloer.

  • Dankie dat julle sorg dat ons pragtige hartstaal kan voortleef deur julle woorde en geesdrif. Die leser weet nie hoe lank en onseker die skepper kraam om net daardie regte woord uit die kosmiese aanbod op die gedagte-riempie in te ryg nie.
    Dis verblydend om die nuwe gesigte te sien, Jolyn en Corné ... en die ouer Charl-Pierre (darem verlede week fisies gesien) en die nog ouer, Anton (ek het jou as Tonie op Stilbaai leer ken) en Braam (jou vrou het groen sokkies gebrei terwyl jy stories vertel op Koos se stoep in Val De Grace).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top