Tien wenke oor die nuwe LitNet

  • 0

LitNet is tans in ’n toetsfase ná loodsing op Vrydag 13 Januarie 2012. Hiermee 10 wenke:

1. As jy steeds nie toegang tot die nuwe LitNet kan kry nie, wis jou rekenaar se onlangse internet-geskiedenis uit of druk Ctrl+F5 om die blad te herlaai. Kontak jou diensverskaffer indien daar steeds probleme is.

2. As jy die filteropsie uitoefen om tussen Kopstukke, Oopkop en Ligweg te kies, moet jy onthou om dit te kanselleer as jy weer alle materiaal wil sien of ’n ander keuse-opsie wil uitoefen. Jou filteropsie gaan bepaal watter materiaal jy sien en watter materiaal nie op jou skerm verskyn nie.

3. Gaan kyk by LitNetters of jou profiel nie alreeds deur die redaksie geskep is nie. As jy eienaarskap van daardie reeds bestaande profiel wil neem, stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za. As jy nog nie ’n profiel op LitNet het nie, registreer deur op My LitNet | My profile te klik en die daaropvolgende instruksies te volg.

4. Nie alle nuwe materiaal in die onderskeie onderafdelings is noodwendig met die eerste oogopslag sigbaar op die LitNet-tuisblad nie – vind daarom gereeld jou weg na die onderskeie invalsblaaie (elke onderafdeling se tuisblad of indeksblad). Byvoorbeeld, op Skrywers en boeke sal resensies verskyn wat nie noodwendig dadelik op die hooftuisblad te sien is nie.

5. Om ’n blitsige oorsig van die jongste materiaal op LitNet te kry, gaan kyk by Als op LitNet, bo in die regterkantste hoek van enige LitNet-blad.

6. SêNet-aktiwiteit behels nou meer as net briewe. Diegene wat registreer, kan nou ook kommentaar op briewe lewer wat deurlopend verskyn. As jy dus in ’n onderwerp belangstel, gaan lees ook van tyd tot tyd die kommentare onderaan die briewe wat hieroor handel.

7. Die kalender is ’n opwindende nuwe funksie. Hiermee kan almal in die LitNet-gemeenskap mekaar inlig oor wat hulle doen. Musikante kan shows adverteer, uitgewers kan boekbekendstellings noem, akademici kan kongresse organiseer, restaurante kan spesiale geleenthede adverteer. Lees Hoe werk die kalender en vertel ander LitNetters wat in jou geweste aan die gang is.

8. Probleme: Enkele funksionaliteite werk nog nie optimaal nie. Ons probeer dié probleme so gou moontlik oplos.

9. Een van LitNet se borge is NB-Uitgewers en ons het ’n spesiale portaal vir hierdie uitgewery geskep. Hier kan jy hul mees onlangse publikasies te siene kry en onderhoude met skrywers en resensies van NB se boeke lees. Klik op die NB-blokkie regs op die hooftuisblad vir nog inligting. LitNet hoop dat ook ander uitgewers vir hul eie LitNet-portaal sal aanmeld. Of wynplase en restaurante – enigiemand wat graag vir ons ongeveer 50 000 unieke gebruikers van hul bestaan of spesiale geleenthede wil vertel!

10. As jy op LitNet wil adverteer, stuur ’n e-pos aan ads@litnet.co.za vir ’n volledige tariefkaart.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top