Suiderkruis Mis

  • 1

 

Suiderkruis Mis spel één ding: Ubuntu. Gebaseer op die tradisionele vyf dele van die Latynse Mis, gebruik André Strijdom herkenbare en geliefde Suid-Afrikaanse musiekstyle om ‘n feestelike werk te skep waarin hy  toon hoe die verskillende unieke kulture van ons land hande kan vat om ‘n kleurvolle saamgebonde mosaiek te vorm in Afrikaans, Engels, Latyns en isiXhosa. Dit lyk soos ‘n Babelse kakofonie, maar wanneer die luisteraar dit beleef, sien en hoor hy hoe al die verskillende skakerings van musiek en tale verrassend en beslis opwindend saam harmonieer. 

 

Met Francois van Coke en Leroi Nel as die twee rocksoliste, Annalie Herbst, Ellenoré van As, en Riaan Hunter as die klassieke soliste, die Klein Libertas Teater Koor, ‘n strykkwartet en rock-band met  oa Basson Laubscher, Beitel van der Merwe, perkussie deur Pierre Theron en ‘n Praise-singer, beloof hierdie werk ‘n buitengewone ervaring vir die gehoor.

 

Hierdie pragtige werk spel nét een ding: UBUNTU. Dis ‘n eerste vir Suid-Afrika. So iets is nog nooit gedoen nie. Dit strek ver verby Freddie Mercury en Monserrat Cabellé in ‘Barcelona’, ver verby Pavarotti en Sting saam: dit neem Suid-Afrika se beste klassieke musici, gooi dit saam met die voorste rocksangers in ons land, geur dit met dromme en perkussie, en messel alles mooi saam vas met ‘n isiXhosa Praise singer en ‘n koor. Suiderkruis Mis hef mens op, voed mens op, en neem jou op ‘n rollercoaster-ride van Suid-Afrikaanse feestelikheid wat jy nog nooit ervaar het nie. Gewaarborg.

 

Die Suiderkruis Mis word uitgevoer vir die US Woordfees 2012 op 6 Maart om 18:00 in die Japie Krige Auditorium by Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch. Kaartjies kos R90,00 by Computicket of die deur.

 

  • 1

Kommentaar

  • Ons het pas weer André Strijdom se Suiderkruis Mis opgevoer op 24 September tydens Erfenisdag-feesvieringe in die Helderberg. Sien fb.me/suiderkruismis2017 Hierdie Ubuntu-werk verdien beslis om op baie meer ore te val!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top