Rika Vermeulen

Rika Vermeulen is 'n pianis, begeleier en vervaardiger in die teaterbedryf sedert 1986 nadat sy haar studies in klassieke musiek voltooi het. Sy was klaspianis by die Staatsteater Dansgeselskappe en was in dié tyd Nataniël se eerste begeleier totdat sy na vier jaar deur Rocco de Villiers opgevolg is. Rika het vele ander bekendes in die bedryf al begelei en in produksies opgetree. Ná 'n 6 jaar hiatus uit die bedryf het Rika Wes-Kaap toe verhuis en weer die bedryf betree waar haar werksaamhede meestal op Stellenbosch en in Kaapstad is. Sy is gereeld te sien op die verhoë van die groter Wes-Kaap en is nou woonagtig op Stellenbosch.

Deurbraak: ’n lesersresensie

Rika Vermeulen 2012-08-01 "Maak jou voordeur oop en gaan kyk. Deurbraak speel verder by Aan de Braak Teater, Alexanderstraat, Stellenbosch, op 1, 2, 3 en 4 Augustus."

Lesersresensie: 100% Volroom Melt

Rika Vermeulen 2012-06-22 Oor Grootboom Gesprekke op 19 Junie – Melt Sieberhagen by Aan de Braak Teater, Stellenbosch

Die leë saal en die groot gesprek oor Afrikaanse musiek en musiekteater

Rika Vermeulen 2012-06-11 "Ek voel woedend en moedeloos en wil van Simonsberg met ’n moerse klanksisteem af skree: 'Waar was julle!!!' Op Stellenbosch, waar die intellektuele, kulturele en artistieke elite van Afrikaners by hul kaggels hul wyn en tamatiebredies liefderik verorber, gesels oor diepsinnige onderwerpe en grap oor die ’kommin’ Afrikaanse kulturele landskap, sal hulle nie die moeite doen om kwaliteit Afrikaanse musiekteater te ondersteun nie."

Kom sing in die Klein Libertas Teaterkoor

Rika Vermeulen 2012-04-18 Repeteer Maandae-aande 18h00 – 20h00 by die Klein Libertasteater, Stellenbosch.

Foto’s: Lus op die Karoo Krioel-program van die KKNK 2012

Rika Vermeulen 2012-04-12 Lus is 'n kabaret geskryf deur André Strijdom, en gaan oor die liefde van die lyf, gebaseer op bekende digters en skrywers se werk met songs deur André Strijdom. 

Almal harmonieus saam onder die Suiderkruis

Naomi Meyer, Rika Vermeulen 2012-02-16 “Met Francois van Coke en Leroi Nel as die twee rocksoliste, Annalie Herbst, Ellenoré van As, en Riaan Hunter as die klassieke soliste, die Klein Libertas Teater Koor, ‘n strykkwartet en rock-band. Perkussie deur Pierre Theron en ‘n Praise-singer, beloof hierdie werk ‘n buitengewone ervaring vir die gehoor.”

Suiderkruis Mis

Rika Vermeulen 2012-02-13 Die Suiderkruis Mis van komponis André Strijdom debuteer by die US Woordfees 2012 op 6 Maart.
Top