die storm is leeg gehuil
terwyl my hart treur
oor die haelskade in my oë;
brand in my are ’n woestyn
smagtend na die tula’s
van Skelfseekwartels
die nagmaal van manna;
met ’n paar druppels wyn
maar
onder die fladdering
van ’n veer
moes ek ’n verweerde masker
uit die trommel haal
om dit weer eens
deur die modder
te draai
te probeer
om dit na die wind te swaai



Kommentaar
Baie dankie LitNet vir die blootstelling. Ek waardeer baie
Sjoe Anzé, daar doen jy dit weer. Skitter mooi
Mooi woorde Anzé.
Baie dankie Amanda, ek waardeer jou altyd.
Baie dankie Laantie, ek waardeer jou saamlees en kommentaar baie