my oë bly
die koepel deursoek
vir weerklank van insig
oor wat die toekoms kan bring
terwyl die horlosiewysers
oor ure gly
dis eers in die ou-nag
van ’n nuwejaar
wat ek plankvloere hoor kraak
onder die oujaar
se skimme en spookstemme
wat blikkerig
in vreemde tale skel
soos die ure ontbind
hoor ek hoe ’n naguil se roep
deur die galswart skeur
oor dekades se skewe spore
wat gegiet in graniet lê
terwyl ’n melankolie
van herinneringe
erosieslote kerf



Kommentaar
Baie dankie LitNet ek waardeer die blootstelling baie!
Jinne maar jy woeker met jou woorde. Pragtig.
Baie mooi Anzé. Doen so voort.
So pragtig Anzé, dankie vir die deel, dit is kosbaar!
Baie dankie Amanda ek waardeer baie.
Baie dankie Truide ek waardeer baie.
Baie dankie Leonie ek waardeer baie!
Jy woeker omtrent met jou talent. Puik verby!
Anzé - PUIK PUIK!
Baie dankie Cornien ek waardeer baie.
Baie dankie Margaret ek waardeer baie
Pragtig. Absolute puik werk hier Anze.
Baie dankie Loretta ek waardeer baie.