My skemertyd

  • 31

my skemertyd het nou ru aangebreek
en ek – ek spartel
tussen die doodstyding en die nistuine
van my kronkelende lewenspad

daarom bid ek my vergifnisbedes
in letselwoorde – strofes met swak
oopgespalkte woorde wat bly huiwer
in onthou tussen die gisters en die nou

na die tye toe my trane blyplek soek,
toe my hosannas plek-plek weerklink het
en die dae toe ek sondeloos, perfek wou leef
maar my gees net deurgeskaaf bly hang het

nou braak die doodsengel sy gal oor my
en dit wat moes is nou wat was;
en my lewensspore lê nou vasgeskroei
in duisend bloedmane gelede

want my skemertyd het nou ru aangebreek
en ek – ek spartel
tussen die doodstyding en die nistuine
van my ámper vergete lewenspad

  • 31

Kommentaar

  • Louisa van Vliet

    Sjoe vriendin, dit klink hartseer, diep seerkry, wat nou maar net n verlede geword het, niks is begrawe nie, vrede ontbreek...dit is puik geskryf... Beleef ek amper my eie lewe ook hier in....

  • Bess Bogaards

    Ek is stom geslaan ....hierdie gedig praat met my, ek voel of dit ek is wat daar staan!!!! Alles in die gedig is perfek!!!!!

  • Loretta Szikra

    Baie geluk met nog n pragtige erkenning Anze. Jy maak ons Inklede trots om deel van jou span te wees..

  • Absoluut skitterende werk deur 'n ongelooflike begaafde kunstenaar. Sjoe hierdie vat aan mens - ruk jou tot nadenke. Baie dankie vir die voorreg om jou werk te kan geniet en waardeer.

  • Annelise Kriek

    Anze ... jou vermoë om rou emosie in woorde te omskep slaan my asem weg. Jy is geseën met 'n ongelooflike talent. Ek salueer jou! Baie geluk.

  • Ja, ek het stilgestaan en weer gelees. 'n Gedig wat praat. Ek koester nog altyd jou skryfwerk. Puik.

  • Laantie le Roux

    Wonderlik Anzé. Ek is dankbaar dat jy raak gelees word. Jou woorde spreek tot my. Pragtig! Ek sien die woord prente in my gedagtes.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top