Spesiale ATKV-items by die US Woordfees 2013

  • 0

Amen
’n ATKV en US Woordfees-produksie
Dié pragproduksie met Rina Hugo en Zanne Stapelberg is saamgestel uit liedere wat fokus op die woord "gebed". Musiek uit verskillende genres (klassiek tot rock, musiekblyspele tot pop, opera tot gospel) is aangepas vir dié twee hemelstemme saam met ’n 9 stuks-orkes en ’n massakoor.
9 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150, R120, R90

Skilder met Woorde III
’n ATKV-produksie
Sewe beeldende kunstenaars en digters is genooi om kunswerke en gedigte te skep rondom die tema "1-2-3 blok myself!" Interessante wisselwerking vind plaas tussen Strijdom van der Merwe en Diana Ferrus; Pauline Gutter en Tom Gouws; Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer; Sam Nhlengethwa en Johan Myburg; Elizabeth Gunter en Melt Myburgh; Karin Miller en Martjie Bosman; Diek Grobler en Danie Marais. Klankbaan: Mr Cat & the Jackal.
1 – 10 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis

ATKV Debat-finaal – Stellenbosch-uitdunne
Aangebied deur die ATKV en die SR
Ongeveer 20 spanne van verskillende koshuise en PSO’s redeneer sake uit in die finale US-rondte van die ATKV Universiteite-debatkompetisie. Kampuswenners dring deur na die landwyefinale 24-27 April op Stellenbosch.
Vir meer inligting, skakel Anuska Rabe (072827 4230) of Naomi Bruwer (0723419258).
8 Maart 17:00 | Plataankafee | 120min | Gratis

WOW Dag vir graad 12’s
Ondersteun deur Shoprite/Checkers
Dinamiese persone uit die mediawêreld gesels met voornemende studente en motiveer hulle om hul droom by die US te kom najaag; Afrikaans-spesialiste van die WKOD gee wenke oor hoe om Vraestel 3 kaf te draf, en Beverley Fanella verskaf saam met Matie-studente inligting oor die US. Daarna is dit groot sports by die Van der Stel Sportterrein, waar Ivor Price verrassend-bekende akteurs aan die woord stel, na ? kort ontmoeting met mnr. Japie Gouws van die ATKV en Woordfeesdirekteur Dorothea van Zyl. Die Wellingtonse blaasorkes vermaak almal as voorspel tot die skouspelagtigeWOW Karnaval. ’n Hemelse dag en aand!
9 Maart 08:00 | GG Cillié-gebou: kamer 1028 en 3001; Wilcocks-gebou: kamer 1001, 1012 en 3001 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top