Met Skilder met Woorde III, is daar aan sewe beeldende kunstenaars en sewe digters opdrag gegee om elk ’n kunswerk en gedig te skep rondom die tema “1, 2, 3 blok myself!”. Deur ’n wisselwerking tussen die beeldende- en woordkunstenaars, is daar toe kunswerke en gepaardgaande gedigte geskep wat die tema uitbeeld.
Die volgende stap was dat ’n klankbaan vir die uitstalling geskep is. Mr Cat and the Jackal was verantwoordelik vir die Skilder met Woorde III-klankbaan. As deel van die klankbaan, dra stemkunstenaars (Anna-Mart van der Merwe en Petrus du Preez) die gedigte voor. Besoekers aan die uitstalling, bekyk elke kunswerk/gedig-kombinasie individueel, aangesien dit afsonderlik belig word terwyl die bypassende klankbaan gehoor kan word.
Deelnemers aan die nuwe produksie van Skilder met Woorde III, is:
Kunstenaars: Digters:
Strijdom van der Merwe Diana Ferrus
Pauline Gutter Tom Gouws
Nathan Trantraal Ronelda Kamfer
Sam Nhlengethwa Johan Myburg
Elizabeth Gunter Melt Myburg
Karin Miller Martjie Bosman
Diek Grobler Danie Marais
Die produksie het gedebuteer by Clover Aardklop 2012, en is in 2013 ook te siene by die US Woordfees, die ABSA KKNK en die Grahamstown National Arts Festival.
Skilder met Woorde III is ’n ATKV-produksie en die kurator is Nita Cronjé.
Kliek hier vir die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees program.


