Clover Aardklop 2012 – program

  • 0

Borge | Diskoers | Gesprekke | Boeke-oase | Toneel | Ander | Kabaret en musiek
Klassieke musiek | Visuele kunste

Klassifikasies: A (Almal), OB (Ouerbegeleiding), V (Volwassenes), T (Taal), G (Geweld), S (Seks), N (Naaktheid), D (Diviniteit), VO (Vooroordeel)

Classifications: A (All), PG (Parental guidance), AO (Adults only), L (Language), V (Violence), S (Sex), N (Nudity), B (Blasphemy), P (Prejudice)

Besprekings kan landswyd by Computicket-takke gemaak word, ook tydens die fees. Feesgangers kan gedurende die fees bespreek by die kaartjieskantoor op die hoek van Esselen- en Molenstraat en by Clover Aardklop se kantoor (Malherbestraat 59). Kaartjies wat per kredietkaart bespreek is, kan afgehaal word by die kaartjieskantoor. Kaartjiebesprekings: Daagliks (Maandag tot Saterdag) tussen 08:00 en 20:00 en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by 011 340 8000 of 083 915 8000.

Produksies wat in aanmerking kom vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir die beste nuwe Afrikaanse verhoogteks (toneel en kabaret) wat by Aardklop debuteer, word by die onderskeie produksies as sodanig aangedui.

Ons borge

Naamborg: Clover

Hoofborge: AngloGold Ashanti, ATKV, Beeld, kykNET, Nasionale Loteryverspreidingsfonds, Vodacom

Stigtersborg: Media24         

Senior borge: Absa, Drostdy-Hof, Klipdrift, Nasionale Kunsteraad, OFM, Rapport, SAB Miller                                                

Gasheerborge: NWU (Potchefstroomkampus), Tlokwe-stadsraad                                        

Venueborge: Absa – Laerskool Mooirivier, ATKV – Hoër Tegniese skool Potchefstroom, Beeld – Totiussaal, Clover – Senwespark-krieketstadion, Klipdrift – Roots, kykNET – Gimmies en Konservatorium                                               

Mediavennote: Beeld, Gateway, Glamour, GQ, House & Garden, Huis & Tuin, Koowee, kykNET, Life FM, OFM, Overvaal Stereo, Potchefstroom Herald, Radio Kansel, Rapport, RSG, Tuis, Weg!, WegRY, WegSLEEP                                                    

Donateurs: Aardklop 21, Dagbreek Trust, Distell Stigting, L.W. Hiemstra Trust, Naspers Voorsittersfonds, Puk Kanselierstrust, Rupert Musiekstigting, Vriende van Aardklop                                               

Feesvennote: Engel & Völkers, FAK, Impala Hotel, JTI, Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes, Van Zyl, Smith & Vennote, Yomoco   

Diskoers

Ondersteun deur die Puk Kanselierstrust

Freek Robinson van kykNET se Robinson regstreeks is weer in die voorsitterstoel vir gesprekke en gesonde debatte in die Diskoers-gespreksreeks. Buiten vir die geleentheid om te luister na kundiges wat gesels oor aktuele sake sal gehoorlede ook ’n kans kry om deel te neem deur vrae te vra. Die volledige program sal in die feesgids verskyn. Hou ook die pers en www.cloveraardklop.co.za dop vir meer inligting. Cachet Kleinteater – 90 min. – Gratis. 3 tot 6 Okt. – 08:30.

Gesprekke

FAK-gespreksreeks: Die Grootste Afrikaner Wie tel as die grootste Afrikaners van alle tye? Die FAK bied in samewerking met Maroela Media ’n gespreksreeks aan oor groot Afrikaners, na aanleiding van die benoemings uit ’n openbare kompetisie op www.maroelamedia.co.za. Met vyf gesprekke  spook voorste kenners die saak dan uit – telkens tussen twee benoemdes vir die titel “Grootste Afrikaner”. Die volledige program sal in die feesgids verskyn. Hou www.cloveraardklop.co.za dop vir meer inligting. Cachet Kleinteater – 90 min. – Gratis. 2 tot 6 Okt. – 17:00.

Boeke-oase

Die Boeke-oase se program is weer propvol gesprekke oor boeke – alles gratis. Die Boeke-oase is geleë op die feesterrein en is daagliks oop van 09:00 tot 19:00. Graffiti Boeke bring weer stapels en stapels nuwe boeke om van te kus en te keur en Jan se tweedehandse boeke is ’n lekkerte vir die snuffelaars. CD’s sal ook te koop wees. Die volledige program sal in die feesgids verskyn. Hou ook die koerante en www.cloveraardklop.co.za dop vir meer inligting.

Toneel

...Af (Afr. en Eng.) (Geen o/16: T/G) Dié aangrypende drama vertel die verhaal van ’n seun, Joshua Vogua, wat sy hele lewe lank die buitestander was. Die een altyd aan die anderkant as gevolg van sy toestand… skisofrenie. Maar wat beteken dit? Net ’n slim term om diegene te beskryf wat teen die norme van die samelewing rebelleer? Of behoort dit juis die samelewing te beskryf wat nie wíl rebelleer nie? Met sy bekkige beste vriend aan sy sy en ’n ma wat bly spook, word jy meegevoer op ’n pelgrimsreis met dié vraag: Wat presies is normaal? Destination: Sanity School. Met Marlo Minnaar (benoem vir ’n Slurpie-Kanna by vanjaar se Absa KKNK). Teks: Juanita-Juliet van Wyk. Regie en ontwerp: Gaerin Hauptfleisch. Vervaardiger: Marlo Minnaar. Heimatsaal –
60 min. – R80. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. –  16:30, 4 Okt. – 16:30, 5 Okt. – 13:00, 6 Okt. –  16:30.

Annale van ’n windgat (Afr.) (Komedie) (OB) Dis kraakvars, dis eg (Suid-)Afrikaans, dis skreeusnaaks, dis pitkos. Neels Clasen van Binneland vertolk verskeie persoonlikheidstipes – met heerlike komiese gevolge. Die wonderlike woord “gat” word as metafoor vir “persoonlikheid” gebruik. Teatergangers herken hulself en ander (hulle sien hul gatte!) en kan identifiseer met die mense en situasies. Dis lag-sonder-brieke, maar nie sonder diepte nie. En glo dit of nie – dit is vloekwoord-vry. POK-hoofsaal – 80 min. – R75. 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 13:30, 5 Okt. – 13:30, 6 Okt. – 20:00.

A Teacher in the Bushveld (Eng.) (A) Praise for A Teacher in the Bushveld : “Herman Charles Bosman’s short, abruptly ended sojourn as a school teacher in the Groot Marico in 1926 is captured so vividly it’s as if the man himself has been brought back to life.” “This is storytelling at its best, filled with great humour, pathos and poignancy. David Butler’s performance is pitch perfect and a sheer delight.” Adapted and directed by Nicky Rebelo from the writings of Herman Charles Bosman and performed by David Butler. Potchefstroom Central School – 65 min. – R80. 2 Oct. – 14:30, 3 Oct. – 17:00, 4 Oct. – 14:30, 5 Oct. – 12:00, 6 Oct. – 09:00.

ATKV-tienertoneel: Finaal (Afr.) (OB)
Kom kyk hoe jong talent meeding vir prysgeld van R30 000. Tien uiteenlopende stukke uit tien nasionale streeksfeeste spook dit uit. Loodballon van die Hoërskool Louis Trichardt was verlede jaar die wenstuk. Bekendes wat deur die loop van die jare ’n merk op die kompetisie gemaak het, is onder andere Jak de Priester, Pedro Kruger, Klopjag se John-Henry Opperman wat onlangs te sien was in Roepman, Viljé Maritz van Binneland en 7de Laan-akteurs soos Theodore Jantjies en Chris Vorster. Van die stukke mag omstrede kwessies aanraak. Elke vertoning bestaan uit twee toneelstukke. ATKV Hoër Tegniese Skool Potchefstroom – 100 min. – R60. ATKV-tienertoneel 1: 2 Okt. – 10:00 en 3 Okt. – 12:30, ATKV-tienertoneel 2: 2 Okt. – 12:30 en 3 Okt. – 15:00, ATKV-tienertoneel 3: 2 Okt. – 15:00 en 3 Okt. – 17:30, ATKV-tienertoneel 4: 2 Okt. – 17:30 en 4 Okt. – 10:00, ATKV-tienertoneel 5: 3 Okt. – 10:00 en 4 Okt. – 12:30. ATKV-tienertoneel: Finaal-wenner en naaswenner – R75: 5 Okt. – 12:30 en 6 Okt. – 11:30.

Babbel (Afr./veeltalig) (Geen o/14: T/G) Wenner van ses Kanna-pryse en die ATKV-Woordveertjie vir beste dramateks. Iewers in die toekoms, ná ’n revolusie, waak rebelle oor die laaste selfoontoring. Gevegte dreig op die grense van Potchefstroom. Die name van die dooies is op almal se lippe, die onsin van geweld gekerf in hul skedels. Geleidelik verval taal en kruip die chaos van die oorlog tot in die harte van mense. Hoe harder die sein gestuur word, hoe meer weergalm die stilte. Die koste van vryheid is hoog. Onder andere met Tinarie van Wyk Loots, Brendon Daniels en Neels van Jaarsveld. Ondersteun deur die Arts and Culture Trust. Teks, regie en ontwerp: Nicola Hanekom. Uitsaaistasie – 70 min. – R95. 2 tot 6 Okt. – 18:30.

Bittersoet (Afr.) (Geen o/14: S)
Die gevierde dramaturg Deon Opperman lewer ’n ode aan die mens se taaiheid te midde van weerloosheid. Elsabé Daneel beeld vyf uiteenlopende vroue uit. Onderskeidelik verwerk hulle die trauma van onvrugbaarheid, aborsie, verkragting, die weggee en selfmoord van ’n kind, asook om wit te wees in Afrika. Hul verliese is bitter swaar, maar die soetheid lê in elkeen se dapper reis om heel te word en met die alledaagse lewe voort te gaan. Opperman se insig in die psige van die vrou maak die vyf sketse toeganklik vir sowel vroue as mans. Regie: Juanita Swanepoel. Première. POK-hoofsaal – 70 min. – R100. 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 13:30, 4 Okt. – 17:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 17:00.

Bloed (Afr.) (A) Bloed is dikker as water. Sonder om te aarsel steek jy jou hand uit vir die wat jy liefhet. Maar hoe gemaak as die hand of skouer nie voldoende is nie? Hoe gemaak as die antwoord oorverdowend en genadeloos deur jou are klop? Bloed is ’n suster se verhaal van opoffering, hoop, liefde en uitlewering. Met Lulu Botha, Stephanie Hough en Vicky Stemmet. Teks: Yolandé Brittnell-Steyn. Teksverwerking: Stephanie Hough. Regie en ontwerp: Gaerin Hauptfleisch. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. POK-hoofsaal – 65 min. – R90. 2 Okt. – 13:30, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 17:00, 6 Okt. – 13:30.

Die Bram Fischer-wals (Afr.) (A) Beroemd as die kommunis wat Madiba van die galg gered het, was Bram Fischer ook pa, provinsiale rugbyspeler, pianis, lief vir dans en die een helfte van ’n roerende Afrikaanse liefdesverhaal. Gebaseer op navorsing en gesprekke met Bram se medegevangenes Hugh Lewin en Denis Goldberg en sy jongste dogter, Ilse. Gedagtig aan Ilse se woorde dat haar pa se storie baie meer as net “snot-en-trane” is, word daar gekyk hoe Fischer se Afrikanerwortels sy politieke uitkyk en uiteindelik sy lot bepaal het. Met David Butler as Bram. Teks en regie: Harry Kalmer. ’n Vryfees-produksie ondersteun deur die Universiteit van die Vrystaat. Potchefstroom Central School  – 75  min. – R90. 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 20:30, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 14:30, 6 Okt. – 12:00.

Die rebellie van Lafras Verwey (Afr.) (A) Fleur du Cap 2012-wenner: beste akteur: Carel Nel; beste regie: Albert Maritz; en die gehoorgewildheidsprys. “Maritz en sy spelers omskep Chris Barnard se oorspronklike hoorspel tot ’n teatrale belewenis wat lank ná die tyd by jou kom spook.” – Die Burger. “Dis ’n verhaal van Jan Alleman – vasgevang in ’n burokratiese bestel met ’n behoefte om ’n nalatenskap te los, ’n verandering te maak en vir iemand te sorg. Dis ’n storie waarmee ons elkeen kan identifiseer.” – Maroela Media. Met Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Carel Nel, Nandi Horak, Wilhelm van der Walt, De Klerk Oelofse en Roxanne Blaise. Teks: Chris Barnard. Regie: Albert Maritz. Aangebied deur The Mechanicals. Girls High – 100 min. – R100. 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 12:30, 4 Okt. – 15:30, 5 Okt. – 15:30, 6 Okt. – 12:30.

Die vrou vantevore (Afr.) (OB: N) ’n Klop. Die deur word oopgemaak. Daar is ’n vrou by die deur. Die man herken haar nie. Sy het gekom om hom te herinner aan ’n belofte wat hy 24 jaar vantevore gemaak het: om haar ewig lief te hê. Wat volg is ’n vurige verhaal vol humor en kinkels wat mettertyd uitkring tot ’n volbloed tragedie. Met Brümilda van Rensburg, Stian Bam, Erica Wessels, Wilhelm van der Walt en Greta Pietersen. Teks: Roland Schimmelpfennig. Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. ’n Absa KKNK-produksie. Sanlam Ouditorium – 75 min. – R100. 2 Okt. – 20:30, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 20:30, 5 Okt. – 09:00 en 12:00.

Die ware verhaal van Cornia Koekemoer en Botha Botha Botha (Afr.) (Geen o/18: T/S/G) Getroud met rugby se twee gunstelingkarakters, Cornia en Botha, het besluit dat die mense daar buite hul ware verhaal uit eie mond moet hoor – die een vóór Getroud met rugby begin het. “Ek wil hê ons fans moet verstaan hoekom ons rôbbishes is en nie skollies nie,” sê Botha. “En ook dat ons harte het met ons eie sufferings, nes die res,” voeg Cornia by. Geskryf en geregisseer as ’n spesiale vergunning deur Deon Opperman vir Cornia en Botha. “Ek werk nie gewoonlik saam met sulke mense nie,” sê Opperman. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Beeld Totiussaal – 80 min. – R100. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:00, 6 Okt. – 20:00.

Dit voel leeg (as die hart weg is, maar nou is dit alright) (Afr.) (Geen o/16: T/S) Benoeming: Kim Cloete vir ’n Kanna vir beste aktrise. “Kim Cloete maak van die teks ’n boeiende ervaring. Sy bou haar karakter laag op laag soos sy ook die gehoor laag op laag in haar wêreld binnelaat.” – Wayne Muller, Krit. Henry Mylne (7de Laan, Vaselinetjie) regisseer Kim Cloete (Isidingo) as die slagoffer van groteske onmenslikheid. Sy weet hoeveel haar lewe werd is: twee-en-’n-halwe iPods! In Kaapstad word sy een van 27 miljoen slawe wêreldwyd, een van 800 000 mense wat jaarliks oor die landsgrense gesmokkel word. Maar haar verhaal is een van hoop, want sy oorleef. Ook met Vuyelwa Booi (Alyce in 7de Laan). Teks: Lucy Kirkwood. Vertaling/verwerking: Hugo Taljaard (Vaselinetjie). POK-hoofsaal – 90 min. – R95. 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:30, 6 Okt. – 09:30.

Dorings en rose (Afr.) (Komedie) (A)
Dorings en rose steek die draak met paartjies aan die hand van komiese situasies en beeld ’n tipiese verhouding uit van hul eerste kys as kleuters tot hul laaste koppie koffie as bejaardes. Dit is vir almal wat al ooit verlief, verloof, verlore of selfs verstote was en veral vir diegene wat weet trou is nie perdekoop nie. Met Cobus Venter en Carmin Coetzer. Teks: Ben Kruger. Boys High – 60 min. – R65. 2 Okt. – 16:30, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 16:30, 5 Okt. – 13:00, 6 Okt. – 16:30.

Dowwe Dolla dink diep (Afr.) (Komedie) (A)
Twee boeke van Frederick Nietsche en Siener van Rensburg beland tussen Dolla se versameling Mills & Boon’s op haar trip op die Costa Concordia. “Kennis is mag,” sê Nietsche, maar “kennis sonder begrip is gevaarlik”. Soos te wagte kry Dolla onmiddellik ’n uitnodiging van die kaptein om te kom kuier. Die res is geskiedenis, maar die ondervinding laat haar dink… diép dink. “Soos jy sê, Dolla, Afrika is nie vir sissies nie. Staan jy dus maar net sterk en dra die fakkel vir blondines hoog.” – Mariana Malan, Die Burger. Met Margit Meyer-Rödenbeck. Teks: Jurgen Human. Hoër Volkskool – 75 min. – R100. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 16:30, 5 Okt. – 13:00, 6 Okt. – 09:00.

Gatslag (Komedie) (Afr.) (Geen o/18: T/S/N/VO/D)
Kom kyk hoe ’n verskeidenheid Afrikaanse komediante mense elk op hul eie manier laat lag. Hetsy met sketse, grappe, stories, karakters, kletskomedie en skerpskerts. In Gatslag, die hardebaard-ouboet van Slaggat, word daar nie doekies omgedraai nie. Dié spulle is miskien aan die skurwe kant, maar baie beslis ook snaaks. Cachet Kleinteater – 60 min. – R50 (kaartjies slegs beskikbaar by die deur). 2 tot 6 Okt. – 21:00.

Hol (Afr.) (Geen o/12: T)
Wenner van die Fleur du Cap-prys vir die beste spel in ’n solovertoning. Hol: ’n holte of ’n leë ruimte binne-in. Om op hol te gaan is om jou selfbeheersing kwyt te raak. As “jou kop op hol is”, is jy verward. “Hol” beteken ook sinloos, niksseggend of om te hardloop... onder meer. Liesbet hol op ’n hol maag op ’n trapmeul, ’n rottewiel van haar holderstebolder gedagtes. Sy sukkel om haar balans te behou en strompel oor haar verlede. Hol ondersoek die koste van ’n kitskos-bestaan. Met Nicola Hanekom. Regie: Fred Abrahamse. Ontwerp: Marcel Meyer. Vervaardig deur Kunstekaap. ’n Projek van die New Writer’s Season. Potchefstroom Central School – 65 min. – R90. 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 14:30, 4 Okt. – 12:00, 5 Okt. – 09:00, 6 Okt. – 14:30.

Holmakiesie (Afr.) (Komedie) (A)
Almal weet van bollemakiesie slaan, maar wat is ’n “holmakiesie”? Dóén ’n mens dit, of kyk ’n mens dit, of éét ’n mens dit? Marion Holm en Chris Vorster span weer eens kragte saam om ’n teks te skep wat oud en jonk sal laat giggel, goed voel en laat dink. Holmakiesie – miskien kan jy dit ook doen – wie weet… Kom kyk en vind uit! Met Marion Holm. Regie: Chris Vorster. Moontlik gemaak deur Miglio. Girls High – 70 min. – R100. 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 12:30, 6 Okt. – 19:00.

Huis toe (Afr.) (Geen o/14: T)
The Homecoming word allerweë beskou as Harold Pinter (Nobelprys-wenner vir letterkunde in 2005) se meesterwerk – ’n spel van one-upmanship gelaai met dramatiese afwagting en bytende, skerp swart komedie. Dit fokus op ’n wrede en psigologiese kompetisie tussen die karakters, deurweek met seksuele spanning, emosionele impotensie, Oedipus-begeertes, eensaamheid en isolasie, skyn en werklikheid – wat eskaleer tot ’n ontstellende wedywering van die morele en sosiale orde van familieverhoudinge en ’n huwelik. Met Neels van Jaarsveld, Deon Coetzee, Amalia Uys (San-Mari in 7de Laan), Werner Coetser (Bernard in 7de Laan), Johan Engelbrecht en Armand Aucamp. Regie: Henry Mylne (Vaselinetjie, 7de Laan). The Homecoming (geskryf in 1965) se Broadway-produksie het in 1967 die Tony-prys vir beste drama gewen. Première. Sanlam Ouditorium – 120 min. – R100. 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 20:30, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 15:30, 6 Okt. – 20:30.

Kind Hamlet (Afr.) (A)
Veertig jaar gelede speel die formidabele Cobus Rossouw ’n onvergeetlike voorlaaste Hamlet in Afrikaans. Dié rol, elke akteur se droom, word ingestudeer deur Eben Genis. Rossouw en sy ewe begaafde aktrise-regisseursvrou, Sandra Kotzé, begelei hom deur die kronkelgange van Elsinore op sy reis van vakman tot kunstenaar. Kind Hamlet is deels dokumentêr, deels ode; dog volkome teater. Met Cobus Rossouw, Sandra Kotzé, Eben Genis en Ludwig Binge. Teks: Marthinus Basson en die geselskap. Regie en ontwerp: Marthinus Basson. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. ’n Clover Aardklop-produksie. Ondersteun deur die Hiemstra Trust. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Beeld Totiussaal – 80 min. – R100. 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 15:00, 6 Okt. – 13:00.

Kragbox (Kaapse Afrikaans) (Geen o/13)
Greg January wants out, but he knows he has a debt to pay. It is a simple job, a 1-2-3, a break-in – of so het Jimmy Gladdevingers gedink. ’n Gun, ’n poedel, ’n dronk ou vrou, ’n wit BMW, ’n girl met die naam Merryl. Is jy bang? Ontmoet ons by die kragbox. Met Ephraim Gordon en Dann-Jaques Mouton. Ontwerp: Craig Leo. Regie: Mark Fleishman. Kragbox is deel van Magnet Theatre se 25ste verjaardagvieringe. Magnet Theatre word ondersteun deur Kunstekaap. Kragbox is ontwikkel met ondersteuning van die NLDTF. Fees-première. Boys High – 60 min. – R85. 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 13:00, 4 Okt. 13:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09:30.

Liefde, Anna (Afr.) (A)
Liefde, Anna bring die formidabele Anna Neethling-Pohl in al haar onsterflike glorie as aktrise, taalstryder en vuurvreter na die verhoog – met Sandra Prinsloo in die naamrol van haar eertydse mentor. Dit is ’n viering van een van die kleurrykste pioniers van Afrikaanse toneel. Tye van swaarkry en triomf speel in haar geestesoog af waar sy op haar sterfbed lê. Sy herleef hoogtepunte en sleutelfigure uit haar lewe besoek haar. LieSl Marx het omvattende navorsing gedoen vir die teks, geskryf deur Schalk Schoombie. Regisseur Louis van Niekerk het lank saam met Tant Anna gewerk. Met Sandra Prinsloo, Deon Lotz en Gustav Gerdener. Vervaardig deur GZ Productions en LieSl Marx Produksies. Moontlik gemaak deur die Dagbreek Trust. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. kykNET Gimmies – 80 min. – R100. 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 13:00, 6 Okt. – 16:30.

Mafeking Road (Eng.) (Comedy) (A)
Herman Charles Bosman for the next generation! Mafeking Road is a one-hour whirlwind through some of Bosman’s most-loved stories. Directed by the award-winning Tara Notcutt (…miskien), and starring Andrew Laubscher and Mathew Lewis, it is performed using the comic book style, and has been described as “physical theatre at its best” (The Cape Times). With no set or props, the two actors create landscapes, soundtracks and memorable characters, inviting you to take a wild ride through the Groot Marico where Oom Schalk Lourens is waiting to show you a world of love potions, leopards, a never-ending church service and a pretty young girl fresh from finishing school. Potchefstroom Central School – 60 min. – R90. 2 Oct. – 20:30, 3 Oct. – 09:00, 4 Oct. – 17:00, 5 Oct. – 20:30.

Master Harold en die boys (Afr.) (OB: T)
Athol Fugard se Master Harold en die boys speel af in 1950 – vyf jaar nadat die Tweede Wêreldoorlog tot ’n einde gekom het en twee jaar nadat die Nasionale Party, wat die segregasie-beleid op die wetboek geplaas het wat tot apartheid sou lei, aan bewind gekom het. Die inspirasie vir die drama spruit uit Fugard se eie jeug. Die karakters is gebaseer op homself en die twee bruin mans wat vir sy ma gewerk het. Master Harold ondersoek die verwikkeldheid van persoonlike verhoudings en die pyn wat mense juis diegene naaste aan hulle aandoen. Dié aanbieding van Clover Aardklop is die eerste professionele produksie van Master Harold en die boys in Afrikaans en gepas in die jaar waarin Suid-Afrika se bekendste dramaturg se tagtigste verjaardag gevier word. Met Christo Davids, Hennie Jacobs en Jody Abrahams. Regie: Zane Meas. Vertaling: Idil Sheard. Vervaardig deur GZ Productions. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. kykNET Gimmies – 90 min. – R100. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 13:00, 5 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 13:00.

Medea (Afr.) (A)
Coba-Maryn Wilsenach vertolk Dieter Reible se Medea. In dié vertelling word Medea gedwing om as straf en vloek vir ewig haar verhaal te herleef en oor eeue heen met die publiek te deel. Sy moes alles, ook haar kinders, opoffer vir die liefde. In ’n tyd waar tannies met towerspreuke Blou Bulle wil tem vir die liefde en waar gesinsmoorde gereeld voorkom, is die verhaal van Medea nog altyd waar en relevant. Wilsenach is benoem vir ’n 2012 kykNET Fiësta-prys vir haar vertolking. Teks: Dieter Reible. Regie en ontwerp: Marthinus Basson. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. Heimatsaal – 70 min. – R80. 2 Okt. – 13:00, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 13:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09:30.

N is vir neurose (Afr.) (Komedie) (Geen o/16: T/S)
’n Kitchen tea. Liz trou. Rachelle en Shani p** mekaar af. ’n Polisieman. ’n Paar glase rooiwyn later is alles skielik anders. N is vir neurose gaan oor die behoud van vriendskappe, grootword, jonk bly, werk, seks en trou. Alles vóór dertig. Natuurlik gaan ons neuroties wees… Met Hannah Borthwick, Roeline Daneel, Mariechen Vosloo en Wessel Pretorius. Teks en regie: Christiaan Olwagen. Benoem as beste produksie by Woordfees 2012. Aangebied deur Polony. Boys High – 90 min. – R90. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:30, 6 Okt. – 13:00.

Nagwond (Afr.) (Geen o/16: T/S)
Ons dae is gevul met besluite, regte en verkeerde keuses wat uitloop op vreugde of spyt. Dit wat ons wegsteek of bely. Dit wat ons sê as ons stilbly en wat ons skree as ons fluister. En dit wat dan ontsteek agterbly as ons in die nag alleen met onsself sit as die wond begin bloei en die masker wegval. Ná die sukses van ...miskien is The Pink Couch terug met Nagwond, ’n toneelstuk oor drie karakters wat mekaar mis, vind, red en verniel in ’n verhaal oor saamwees, alleenwees, menswees. Met Gideon Lombard, Albert Pretorius en Cintaine Schutte. Teks: Albert Pretorius. Regie: Tara Notcutt. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.Potchefstroom Central School – 60 min. – R85. 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 20:30, 5 Okt. – 17:00, 6 Okt. – 17:00. 

Ont- (Afr.) (Geen o/16: T/N)
Ont- is ’n solovertoning oor die reis van “grootword”, ’n studie oor die samestelling van ’n gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se pakkie Camel Filters. Teks, spel en regie: Wessel Pretorius. Wenner van die beste produksie by Woordfees 2012. Aangebied deur Polony. Heimatsaal – 75 min. – R80. 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 20:00.

Op dees aarde (Afr.) (A)
’n Huldeblyk aan dramaturg Reza de Wet wat vroeër vanjaar oorlede is. Op ’n lenteaand, in ’n klein dorpie vroeg in die eerste helfte van die vorige eeu, berei twee verbitterde oujongnooi-susters en hul goedige boetie ’n onvergeetlike verjaar-dagpartytjie voor vir hul sussie wat twaalf jaar vantevore die tydelike met die ewige verwissel het. Ou koeie tuimel baldadig uit die sloot in dié plattelandse sprokie vol humor en tragiek. Met Wilna Snyman, Joanie Combrink, Alida Theron, Eben Genis en Karli Heine. Regie en ontwerp: Marthinus Basson. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. ’n Ko-produksie tussen Clover Aardklop en Absa KKNK. Première. Sanlam Ouditorium – 90 min. – R100. 2 Okt. – 15:00, 3 Okt. – 13:00, 4 Okt. – 15:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09:00.

Oskar en die pienk tannie (Afr.) (OB)
“Liewe God. My naam is Oskar, ek is 10 jaar oud, ek het die kat en die hond en die huis aan die brand gesteek, en dis die eerste brief wat ek aan jou stuur, want ek het nie voorheen tyd gehad nie. Ek moes leer.” Sandra Prinsloo skitter in haar nuwe solovertoning. Dit is die ontroerende verhaal van die kankerlyertjie Oskar en Ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse in sy laaste dae begelei. Teks: Eric-Emmanuel Schmitt. Vertaling: Naòmi Morgan. Regie: Lara Bye. Vervaardiger: Alexa Strachan. Girls High – 75 min. – R110. 2 Okt. – 16:00, 3 Okt. – 09:00, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09:00.

Risiko (Afr.) (Geen o/18: T/S)
’n Sielkundige riller met ’n angel in die stert, geskryf deur Schalk Schoombie van Samoerai-faam. ’n Sexy dodedans tussen liefde en wraak, pyn en plesier, die doodsengel en sy minnares. Imelda (Dominique Fourie) het skynbaar alles: ryk man, vinnige motor, groot huis. Wanneer sy die geheimsinnige risiko-ontleder Johan (David Konrad) ontmoet, begin ’n plan posvat. Imelda wil afreken met haar man en Johan bied “finale oplossings” vir huishoudelike probleempies. In hom vind sy iemand wat die bordjies op ’n onkonvensionele manier kan verhang. Johan sien in haar die antwoord op sy donkerste fantasie. Boys High – 70 min. – R60. 2 Okt. – 13:00, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 20:00.

Slaggat (Komedie) (Afr.) (Geen o/13: T)
Kom kyk hoe ’n verskeidenheid Afrikaanse komediante mense elk op hul eie manier laat lag. Hetsy met sketse, grappe, stories, karakters, kletskomedie of skerpskerts. Slaggat, die kleinboet van Gatslag, is ietwat nader aan gesinsvermaak. Maar hier en daar moet die spulle se monde steeds met seep uitgewas word. Maar snaaks, is dit snaaks. Cachet Kleinteater – 60 min. – R50 (kaartjies slegs beskikbaar by die deur). 2 tot 6 Okt. – 19:30.

TaMiem van Swellendam (Afr.) (A)
Uitverkoop by die Woordfees vroeër vanjaar en deur Die Burger aangewys as een van die sewe feestreffers. ’n Dokumentêre verhoogdrama oor die legendariese Hertzogpryswenner M.E.R. TaMiem laat jou lag en nadink lank nadat die vertoning verby is. ’n Teaterbelewenis soos van ouds met Bettie Kemp (wenner van die kykNET Fiësta-prys vir beste aktrise in ’n ondersteunende rol in 2011). Heimatsaal – 55 min. – R80. 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:30, 6 Okt. – 13:00.

Teerling (Afr.) (Geen o/16: T/G/D)
In dié uitdagende nuwe drama het P.G. du Plessis vir homself en die geselskap ’n paar beperkinge gestel: die stelstukke bly dieselfde, so ook die akteurs, die rot en die vuilbekpapegaai. Maar drie verskillende verhale ontvou met verskillende karakters. Daar is komedie, spanningsriller en romantiese drama. “Du Plessis kan karakters skep soos min, maar hy kan ook die ‘kamermusiek’ tussen man en vrou skep… ’n teaterhoogtepunt by die KKNK.” Met Milan Murray en Marcel van Heerden. Regie: Sandra Prinsloo. Vervaardiger: Alexa Strachan. ’n Ko-produksie tussen Absa KKNK en Clover Aardklop. Girls High – 95 min. – R95. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. – 16:00, 4 Okt. – 12:30, 5 Okt. – 09:00, 6 Okt. – 16:00.

Ubu en die Secrecy Bill (Afr./Eng.) (Geen o/16: T/G/S)
Dit is die eeufeesvieringe van koning Ubu op die wit troon. Sy vier vrouens, die politieke raadgewers wat aan sy hakke hap, die media wat getem moet word en ’n nuwe baba, “Demokrasie”, wat heeltyd om aandag skree, maak dinge nie maklik nie. Geheime en bedrog dreig om kop uit te steek en buite die 12 meter-hoë mure van sy paleis is die skare onrustig, hulle is honger en die eeufeeskoek sal dié keer nie hul honger stil nie… ’n Politieke satire oor waarheid en leuens. Met Wessel Pretorius, De Klerk Oelofse, Marlo Minnaar, Johan Botha, Shariffa Ali, Kelly-Eve Koopman, Cintaine Schutte en Greta Pietersen. Musiek: Grethe van der Merwe en Lise Morrison. AV: Niel Vosloo. Teks: Geselskap. Regie: Christiaan Olwagen. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. ’n Clover Aardklop-produksie. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. Beeld Totiussaal – 90 min. – R90. 2 Okt. – 13:00, 3 Okt. – 09:00, 4 Okt. – 13:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09:00.

Voor ek vergeet… (Afr.) (Geen o/12)
Voor ek vergeet... is ’n reistog van geloof, hoop en liefde wat ma en seun saam aanpak. Karen Marx se aangrypende drama is deurvleg met verrassende elemente wat die gehoor die heeltyd laat wonder. Relevante, eg menslike en eerlike teater wat by almal aanklank sal vind. Met Amanda Strydom en Hannes van Wyk. Regie: Gert van Niekerk. Vervaardig deur The Sixth Sense. Ondersteun deur Clover en Leopard’s Leap. Mediavennoot: Huisgenoot. kykNET Gimmies – 60 min. – R120. 2 Okt. – 16:30, 3 Okt. – 13:00, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:30, 6 Okt. – 20:00.

Woza Andries?! (Afr./Eng.) (Geen o/18: N/T/D/G/V/S)
In dié hoog aangeskrewe en skreeusnaakse satire vind die wederkoms in die eietydse Suid-Afrika plaas. Losweg gebaseer op Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon se toneelstuk Woza Albert!, bied Woza Andries?! ’n blik op die jeug van Suid-Afrika se stryd in ’n post-apartheidstelsel – ’n generasie wat die rassespanning van die verlede geërf het. “Kielie jou lagspiere tot jy ontspan en slaan jou dan bloedneus.” – Deborah Steinmair, Die Burger. Met De Klerk Oelofse, Johan Botha, Kelly-Eve Koopman en Wessel Pretorius. Teks: Robert Volker en die geselskap. Regie en ontwerp: Christiaan Olwagen. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. Oorspronklik ontwikkel deur die Universiteit van Stellenbosch se dramadepartement. Beeld Totiussaal – 90 min. – R90. 2 Okt. – 16:30, 5 Okt. – 12:00.

Ander

Die Clover Aardklop Lang Tafel (OB)
Kom vir die eerste keer of kom vir die hóéveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder dié feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse-plataanbome – ’n lang tafel smaakvol gedek en versier, met ’n heerlike viergangmaaltyd (vaste spyskaart). Die prys sluit drinkgoed in. Bring jou familie en/of vriende en kom kuier en eet lekker saam. Lovers’ Lane, Puk-kampus – 120 min. – R245. 7 Okt. – 12:15.

Whisky en kos: Lip-lek-lekker (Afr.) (Geen o/18)
Terug op openbare aandrang. Chris Koch, “Skotse boer” en whisky-ghoeroe, gaan feesgangers vanjaar weer vermaak met sy supergewilde vertoning waar vyf enkelmoutwhiskies uit Skotland geproe word – elk in kombinasie met fynproewerhappies wat dit uitstekend aanvul. Dit gee jou nie net ’n dieper waardering vir die Skotse “heuning” nie – dit laat ook die mond behoorlik water. Christa Galli – 90 min. – R130. 2 Okt. – 11:30, 3 Okt. – 11:30, 4 Okt. – 11:30 en 19:00, 5 Okt. – 11:30.

Kinders

Dinosourus-safari! (Afr.) (A)
Daar word ’n dinosouruseier tydens Clover Aardklop gevind en die natuurbewaarder Salientjie moet bontstaan om vrae van ’n nuuskierige joernalis van CNN te beantwoord. Sal die eier nog kan uitbroei en watter soort dino sal dit wees? Salientjie moet die eier beskerm, want die joernalis wil die eier skelmpies verkoop. Sy het egter ’n groter geheim: Daar is nog dinosourusse. Kom safari saam en kyk hoe help Pups, Steckles, Langnek-Koos, Rexien en Salientjie die laaste dinosouruseier red. Teks en regie: Liena van der Merwe. NG Kerk Noord-saal – 45 min. – R60. 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 12:00, 4 Okt. – 15:00, 5 Okt. – 09:00 en 6 Okt. – 09:00.

Kaptein Blitz en die Skool vir Superheroes (Afr.) (Alle ouderdomme bó 4)
Frank Opperman is Kaptein Blitz, Suid-Afrika se eie superhero. Kom ontdek die fantastiese wêreld van superhelde, super-gadgets en superskurke. In dié toneelstuk is daar meer aksie as in die nuutste Batman-comic en Frank is op sy skreeusnaakse beste as die lompe Kaptein Blitz. Dis ’n storie met SKOP vir jonk en oud! Geskryf deur die bekroonde jeugboekskrywer Jaco Jacobs. Regie: Tara Notcutt. NG Kerk Noord-saal – 50 min. – R70. 2 Okt. – 15:00, 3 Okt. – 09:00, 4 Okt. – 12:00, 5 Okt. – 15:00, 6 Okt. – 15:00.

Victor en die Groen Planeet (Afr.) (A)
Victor, die held van sy pragtige Groen Planeet, reis deur die ruimte om die aanvalle van die bose koningin Capita te stuit. Sy, die magsugtige diktator van haar eie ysplaneet, besteel hul unieke kragbron van skoon en volhoubare energie. Dié kindermusiekteaterproduksie beloof om jong gehore en hul ouers te ontvoer na ’n opwindende planeet met interessante wesens, wat ’n pittige robot insluit. NG Kerk Noord-saal – 35 min. – R55. 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 15:00, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 12:00, 6 Okt. – 12:00.

Kabaret en musiek

Aardspel (A)
Ondersteun deur kykNET en Rapport.
Van die grootste name in Afrikaanse musiek gaan van hul grootste treffers van die oomblik sing. Met onder andere Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Lianie May, CH2, Brandon October en Mathys Roets. Musiekregisseur: Melissa van der Spuy. Clover Senwespark-krieketstadion – 180 min. – R110. 6 Okt. – 20:00.

a Capella: 40 jaar-feeskonsert (Afr.) (A)
Die groep a Capella het herleef met hul 40 jaar-reünie toe oudkoorlede van oor die hele land besluit het om dit met ’n reeks konserte te vier. ’n Album, Ons reik hoër, met ou en nuwe liedjies is ook vir die geleentheid uitgereik. Soos van ouds sluit die konsertprogram ’n wye verskeidenheid van gewyde en ligte koor- en solosang in wat onbegeleid of met begeleiding gesing word. a Capella se kenmerkende vrolike en romantiese nommers met choreografie en kleurvolle kostuums is ’n genot. ’n Besondere vertoning vir oud en jonk. Hoër Volkskool – 85 min. – R110. 6 Okt. – 13:00.

ATKV/Clover-verhoog in samewerking met AngloGold Ashanti (A)
Gratis vermaak word daagliks op die feesterrein aangebied. In die oggende is daar ATKV-kinderproduksies. Deur die dag word heerlike musiek afgewissel met Clover-kletssessies waarin Hannes van Wyk met bekendes gesels. Die volledige program sal in die feesgids beskikbaar wees. Hou ook www.cloveraardklop.co.za dop. Feesterrein – 10:00 tot 19:00 – Gratis. 2 tot 6 Okt.

Blackie Swart en die Johnnie Black Band (Eng./Afr.) (A)
Sluit die fees op ’n jolige noot af en kom luister na Blackie en sy Johnnie Black Band. Blackie en sy orkes speel treffers van sy splinternuwe album, asook ’n klompie ander bekende liedjies wat hy oor die jare versamel het. Van Dire Straits en Kerkorrel tot Louis Armstrong – en selfs ’n paar lekker boeremusiekskoffelnommers. Moet dus nie skaam wees om later die stoele weg te skuif nie. Slegs een vertoning. Klipdrift @ Roots – 60 min. – R90. 6 Okt. – 20:00.

Chris Chameleon en die Drakensberg Seunskoor in “Dreams” (Afr./Eng.) (A)
Met Chris Chameleon, die Drakensberg Seunskoor, Jonathan Crossley (kitaar), James Grace (kitaar) en Riaan van Rensburg (tromme/perkussie). Die ewige verkleurmannetjie is terug en feesgangers gaan getrakteer word op ’n magiese konsert waarin Chameleon en die Drakensberg Seunskoor ’n verhoog deel. Chameleon het besluit om die produksie Dreams te noem omdat dit as kind een van sy groot drome was om in die Drakensberg Seunskoor te kan sing. Weens omstandighede was hy nooit deel van die Drakies nie, maar nou word sy droom op ’n andersoortige manier verwesenlik. Sanlam Ouditorium – 70 min. – R110. 3 Okt. – 09:00.

Classic Blue (Afr./Eng.) (A)
Jannie Moolman en Blackie Swart, twee van Suid-Afrika se mees gesoute dog uiteenlopende musiekkunstenaars, snoer hul talente saam vir klassieke songs – hetsy met hogere note of diep blues-klanke. Van Torna a Surriento tot Misty Mountain Blues; van O sole mio tot Veronica (Blackie se eie komposisie). ’n Vertoning wat al die snare gaan roer. Met Jannie Moolman (stem), Blackie Swart (stem en kitaar), Engeli le Roux (klawers), Cobus “Diksnaar” Burger (baskitaar) en Riek “Sticks” Swart (tromme). Vervaardig deur GZ Productions. Klipdrift @ Roots – 70 min. – R95. 2 Okt. – 15:00, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 09:30.

Die geval van die mal huisvrou (Afr.) (’n  Makabere musiekblyspel) (OB: T)
Oor die “mal huisvrou” het ’n sielkundige die volgende te sê: “Haar kondisie is ’n klassieke geval van mal… Sy is inherent onstabiel, gek en woedend met prikkelbare derm-sindroom en ’n terminale vervolgingswaan wat kom en gaan midde periodes van selfverminking en paranoia. Ek is verder oortuig sy is erg bipolêr en psigopaties met ’n onderliggende dominante, feministies-skisofreniese, sado-masochistiese depressiewe geestesstoornis. Sy is beslis antisosiaal of miskien baie sosiaal met oomblikke van vrees, aggressie, irritasie en gatvolheid. Dit is my beskeie mening dat sy dalk gevaarlik mag wees… of nie.” Jy sal mal wees om dié makabere pret mis te loop. Met Karen Wessels en Hennie Jacobs. Teks en ontwerp: Chris Vorster. Vervaardig deur GZ Productions. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys. kykNET Gimmies – 80 min. – R100. 2 Okt. – 13:00, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 16:30, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09:30.

Die VET-faktor met LieSl Marx (Afr./Eng.) (A)
Dieet is ’n miljardrand-bedryf in Suid-Afrika. Vet is ’n onlosmaaklike, onsmaaklike faktor in elke vrou se lewe. Kom hoor van die vet en maer jare van LieSl Marx. ’n Vet-gebore-brein-vrou wat 15 kilogram ligter is nadat elke mite, dieet en kitsoplossing deurgeëet en gedieet is! Is vet ’n obsessiewe selfgediagnoseerde siekte of die media-leuen van ons tyd? Met dié solovertoning sal daai vrou met die reusagtige… boude, néé stem en grootse vetpret-musiek jou die beste workout gee wat jy in ’n lang tyd gehad het. Net wat jy nodig het om jouself te aanvaar soos jy is en die lewe voluit te geniet. Bring jou beste vriendin en kom lag jou agterstewe af! Regie: Marion Holm. Teks: Hanli Rolfes. Vervaardig deur LieSl Marx Produksies. Absa Mooirivier – 65 min. – R90. 2 Okt. – 16:30, 3 Okt. – 13:00, 4 Okt. – 13:00, 5 Okt. – 19:30, 6 Okt. – 12:30.

Drakensberg Seunskoor in konsert (Afr./Eng./veeltalig) (A)
Die Drakensberg Seunskoor word ná 45 jaar steeds internasionaal as een van die vooraanstaande seunskore gereken – ’n koor wat homself voortdurend herskep en aanpas by die nuutste neigings op die koorfront. Die program sluit in klassieke komposisies, kontemporêr-uitdagende koorwerke, unieke verwerkings van gewilde liedere en die Drakies se kenmerkende interpretasie van internasionale en Suid-Afrikaanse volksliedjies. Moet nie dié debuutoptrede van die Drakensberg Seunskoor by Clover Aardklop misloop nie. NG Kerk Miederpark – 80 min. – R85. 3 Okt. – 12:00.

FAK Fantasties (Afr.) (A)
Die bekendstelling van die nuwe FAK-sangbundel word met ’n baie spesiale Aardklop-konsert gevier. Met musiek van Koos du Plessis, Anton Goosen, Chris Chameleon en al die groot liedjieskrywers van die afgelope tyd, beloof dit om ’n viering van die beste Afrikaanse musiek te wees. Met onder andere Theuns Jordaan, Jak de Priester, Anna Davel, Ollie Viljoen, Brandon October, Mathys Roets, Pieter Smith en die Puk-koor. Musiekregie: Janine Neethling. ’n Eenmalige vertoning by Clover Aardklop! Clover Senwespark-krieketstadion – 150 min. – R100. 5 Okt. – 20:00.

Gert Vlok Nel (Afr.) (A)
Hoewel Gert Vlok Nel so Suid-Afrikaans soos sonskyn in die Karoo of sagte reën op die Tuinroete is, toer hy die afgelope klompie jare baie meer in die buiteland. Sy werk word in sekere Nederlandse kringe vergelyk met dié van Bob Dylan. Met een album en een digbundel het hy hoogtes bereik waarvan die meeste Afrikaanse kunstenaars slegs kan droom. Nou, veertien jaar en baie internasionale toere later, is die tyd reg vir sy lang verwagte opvolg-album. Wees deel van ’n intieme produksie met topmusikante Schalk Joubert (baskitaar), Vernon Swart (tromme), Albert Frost (kitaar), Laurinda Hofmeyr (klawers en sang) en Nicole Holm (sang) en word weggevoer deur die bittersoet lirieke. Slegs een aand by Clover Aardklop. Daar is net 300 plekke beskikbaar. Bespreek nou! Hoër Volkskool – 75 min. – R250. 6 Okt. – 20:00.

Hier huil jy net twee keer (Afr.) (A)
Die opvolgvertoning van die suksesvolle Baby, as ek verby ry. Die titel van die jongste verhoogproduksie van die bekroonde en geliefde skrywer Dana Snyman en die immergroen rockgroep Klopjag kom van die ou gesegde: “Hier huil jy net twee keer. Die dag wat jy hier aankom en die dag wat jy weer egry.” Snyman se stories oor families en hul huishoudings – ontroerend én snaaks – word afgewissel met musiek van Klopjag. Hoër Volkskool – 60 min. – R120. 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 16:30.

Jack Parow (Afr./Eng.) (Geen o/16: T)
Aweh! Afrikaanse rap vannie Kaap tot straight in Potchefstroom… Al my masekinners, zeffers en tjommies welkom. Nou is die tyd vir party, party, party! Impala-hotel – 60 min. – R50 (kaartjies slegs beskikbaar by Impala). 2 Okt. – deure open 20:00.

Jak de Priester – Van Nougat tot nou (Afr.) (A)
Van Nougat tot nou is Jak de Priester se tienjaarverjaardagkonsert – ’n beeldskone produksie oor die pad wat dié liedjieskrywer in dié tyd geloop het. Die program sluit in Sally Williams Nougat, Binnelanders, Groen mamba en etlike nuwe liedjies wat spruit uit eg Suid-Afrikaanse ondervindinge. Tien jaar later… dit is die vertoning om te sien! Klipdrift @ Roots – 90 min. – R100. 2 Okt. – 20:00, 3 Okt. –  09:30, 4 Okt. – 16:00, 5 Okt. – 12:30.

Ken jy tant Mossie? (Afr.) (A)
Ken jy vir tant Mossie, Sarie Marais en Mooie Mietjie? Onthou jy die groot groen bundel onder in die klavierstoeltjie? Die FAK-sangbundel word deur jong musikante afgestof. Van die bekende nommers word opgezoesh en die minder bekendes in die skatkis word ontsluit. Met Babette Viljoen, Steffie le Roux, Werner Ferreira, Izelle Claassen op twee klaviere, viool, perkussie, trekklaviere en saksofoon. Teks: Corneels Schabort. Kisklere is nie nodig nie en kappies is opsioneel. Absa Mooirivier – 70 min. – R100. 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 18:00.

Mathys Roets: 3 jaar later – steeds Mathys! (Eng./Afr.) (A)
Mathys Roets het die laaste paar jaar deeglik kennis gemaak met afskeid, verlies en veranderings. Met foto’s, video’s en musiek wat jou aan die hart gryp, gee hy jou ’n glimp van die pad wat hy geloop het. Hy span weer kragte saam met Matthys Maree op klavier vir ’n knap versameling liedjies wat nie net reg laat geskied aan sy stem nie, maar wat ook die talent van ons land se beste liriekskrywers ten toon stel. ’n Andersoortige vertoning, maar steeds Mathys! Klipdrift @ Roots – 60 min. – R90. 3 Okt. – 14:00, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 15:30, 6 Okt. – 09:00.

Mooier as mooi (A)
Pianis Rocco de Villiers, tesame met drie “jong, mooier as mooi” strykers, sit sy reis op soek na die mooiste melodieë voort. Love Changes Everything, Time to Say Goodbye, St. Elmo’s Fire, Gabriel’s Oboe, Forrest Gump, Endless Love, Chariots of Fire, Edelweiss, Seemeeu en Music of the Night is maar net enkele van die liedjies waarby hy gaan stilstaan. Die strykers wat by De Villiers aansluit, is Andrew Munro, Elsabe Nortjé en Ian Grewar. kykNET Konservatorium – 70 min. – R120. 2. Okt. – 20:00, 3 Okt. – 09:30, 4 Okt. – 13:00.

My land, my lied (Afr.) (A)
My land, my lied vat die konsep van jazz en blues, wat sommige mense as volksvreemd beleef, en gee bekende Afrikaanse liedjies ’n volkseie-baadjie. Dit beklemtoon die veelsydigheid van die Afrikaanse taal, die liedjies en die komponiste. Ollie Viljoen, ’n lewende legende met sy trekklavier; Anna Davel met haar goue stem; Schalk Joubert, wêreldbekende baskitaarspeler; die begaafde Lou-Ann Stone op saksofoon; en David Klassen wat ken van tromme slaan, neem die gehoor op ’n verrykende ontdekkingsreis. Eg Afrikaanse jazz met ’n twist! Hoër Volkskool – 80 min. – R95. 2 Okt. – 16:30, 3 Okt. – 13:00, 4 Okt. – 20:00, 5 Okt. – 09:30.

Navi Redd – No Instruments, No Problem (Eng./Afr.) (A)
Ouer, gryser, wyser, snaakser, beter... Die rebelle van a capella is terug in Potchefstroom met ’n klomp nuwe treffers! Geen musiekinstrumente, geen backtracks! Ná tien jaar in die bedryf steeds die één vertoning op die fees wat jy nie mag misloop nie. Klipdrift @ Roots – 80 min. – R 120. 5 Okt. – 20:30.

Old Friends – ’n huldeblyk aan Simon & Garfunkel (Eng./Afr.) (A)
Die duo Marcato (ook bekend as Ben van Zyl en Pieter Smit) bring hulde aan Paul Simon en Art Garfunkel – die legendariese folk-sangpaar van New York van die jare sestig en sewentig wat talle trefferliedjies soos The Sound of Silence en A Bridge Over Troubled Water opgelewer het. Marcato word ondersteun deur musikante van Storm Produktionz en die produksie is vervaardig en geregisseer deur Mel Botes en Richard H. Nosworthy. Klipdrift @ Roots – 90 min. – R100. 6 Okt. – 15:30.

Ping! (Afr.) (A)
CH2, die bekende kitaarduo wat Suid-Afrika (en nou ook die buiteland) oorrompel met hul meestervolle kitaarspel en hul besondere en gewilde eie komposisies, span kragte saam met die aweregse en verbeeldingryke aktrise, skrywer, regisseur en aanbieder Lizz Meiring om ’n vars blik op musiekopvoerings te bied in dié komiese kleinkunskabaret. Hoër Volkskool – 80 min. – R120. 2 Okt. – 13:00, 3 Okt. – 16:30.

Ses Snare in Yellow Submarine (Afr./Eng.) (A)
Vanjaar klim Ses Snare in die “Yellow Submarine” en pak die musiek van The Beatles aan. Van die bekendste en die minder bekende liedjies van die befaamde viermanfenomeen word afgestof en kry die spesiale Ses Snare-behandeling met nuwe kitaarverwerkings vir ses kitare en ses stemme en hope kitaarsolo’s om hul talent ten toon te stel. Met Blackie Swart, Théan Kotzé, Peter Hoven, MD Greyling, Leon Ecroignard en Pieter Smith. Teks: Schalk Schoombie. Musikale konsultant: Matthys Maree. Vervaardig deur GZ Productions. Première. Klipdrift @ Roots – 85 min. – R100. 2 Okt. – 10:30, 3 Okt. – 16:30, 4 Okt. – 13:00, 5 Okt. – 17:30, 6 Okt. – 11:30.

Twenty Seven – It’s Everywhere (Eng.) (A)
A world-class performance featuring seven skilled and passionate musicians, fourteen musical instruments and the visual energy of inspired dancers. This highly entertaining production by Namibian singer and guitarist Andra is crafted around the peculiar appearance of the number 27 in the lives of artists such as Bruce Springsteen, Janis Joplin, Led Zeppelin and others. Andra has remarkable talent and her musical interpretations are known for its honesty, integrity and respect. Absa Mooirivier – 90 min. – R90. 4 Oct. – 19:30, 5 Oct. – 12:00, 6 Oct. – 15:00.

Vagina Dentata – ’n Kabarett (Afr./Eng.) (Geen o/16: T/D/VO/S)
Jy kan in dié wulpse, feministiese kabaret verwag om deur glans, klatergoud en skitterblink skrapse nommertjies – met die mantel van ironie as bykomstigheid – oorrompel te word. Die musikale satire is ’n mengelmoes van The Dresden Dolls, Lady Gaga, Skunk Anansi, Brecht en Annie Sprinkle. Vagina Dentata is benoem vir vyf Kanna-pryse, insluitend vir beste produksie. Met Kelly-Eve Koopman, Roxanne Bain, Greta Pietersen en Wessel Pretorius. Teks: Geselskap. Musiek: Grethe van der Merwe en Lise Morrison. Regie en ontwerp: Christiaan Olwagen. Vervaardiger: Hugo Theart. Aangebied deur TEATERteater. Oorspronklik ontwikkel  deur die dramadepartement van die Universiteit van Stellenbosch. Beeld Totiussaal – 90 min. – R90. 3 Okt. – 13:00, 4 Okt. – 16:30, 6 Okt. – 16:30.

Wouter Kellerman – World Music that Takes U Places (A)
Wouter Kellerman, befaamde fluitspeler en wenner van etlike Samas, is pas terug van sy uitverkoopte Amerikaanse toer waar hy onder meer in die Kennedy Center in Washington, Summer Stage in New York en The House of Blues in Las Vegas opgetree het. Dié is ’n buitengewone geleentheid vir plaaslike gehore om die opwindende samesmelting van klanke en invloede in Wouter se musiek te beleef. Hy word ondersteun deur ’n groep wonderlike kunstenaars op kitaar, baskitaar, klawerbord, perkussie en stem. Absa Mooirivier – 70 min. – R90. 3 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 09.30.

Klassieke musiek

14 stasies van die kruis (A)
14 stasies van die kruis is ’n reeks improvisasies geskep deur die orrelis Winand Grundling. Dit beeld die laaste tyd van Jesus op aarde uit deur middel van kreatiewe en tegniese improvisasies. Winand neem die luisteraar op ’n reis van al die verskeie fasette van Jesus se emosies en belewenis op aarde. Vervaardiger: Johann Enslin. Wenner van twee Kanna-pryse by vanjaar se Absa KKNK. NG Kerk Miederpark – 55 min. – R95.  4 Okt. – 11:30.

Ave Maria / Halleluja (Klassiek/kontemporêr) (A)
Ave Maria / Halleluja  is ’n musikale samevloeiing van komposisies met “Ave Maria” of “Halleluja” as titel. Talle geliefde werke kan gehoor word, onder meer die bekende Ave Maria van Schubert en ook Handel se “Halleluja-koor” uit Die Messias (sommige met ’n effense jazz-aanslag). Die program sluit ook ligter musiek soos Leonard Cohen se Hallelujah en Anneli van Rooyen se Halleluja in. Met Jak de Priester, Hanli Stapela (sopraan), Ockie Vermeulen (klavier, ook verwerker en musiekregisseur), Lizelle le Roux (viool), Abraham Mennen (saksofoon), Juan Oosthuizen (kitaar), Hugo Radyn (tromme), Christi-Louise Swanepoel (kontrabas) en die Hoërskool Wonderboom-koor onder leiding van Albert Morland. Teks: Marlize Leyden. Konsep en vervaardiger: Ilse Schürmann. ’n ATKV-produksie, in samewerking met die US Woordfees. Sanlam Ouditorium – 70 min. – R110. 6 Okt. – 15:00.

Biber en Fux 1: Werke vir viool en basso continuo uit die vroegbarok (A)
Meer as ’n eeu van ontwikkeling in musieksmaak skei die grotes van die hoogbarok – Bach, Handel en Vivaldi – van die avant-garde van 1600, wat met hul radikale terugkeer na teks die Barokera begrond het. Dit is die afstand tussen Mozart en Brahms. En dienooreenkomstig verwonder die vryheid en emosionele uitdrukkingskrag van die musiek van Biber en Fux. Antoinette Lohmann, die Nederlandse Barokvioolspesialis en ou bekende by Clover Aardklop, speel werke van dié onbekende meesters van die vroegbarok vir viool en basso continuo, begelei deur Hans Huyssen op Baroktjello en John Reid Coulter op klavesimbel en orrel. kykNET Konservatorium – 60 min. – R80. 3 Okt. – 12:30.

Biber en Fux 2: Kamermusiek uit die vroegbarok (A)
Die drastiese terugkeer na teks as die leidende beginsel, ook in instrumentale musiek, kenmerk die begin van die Barokera, ingelui deur Monteverdi se operas as grondslag vir die bevryding uit die gekunsteldheid van die laat-Renaissance. Gerig deur die teoretiese onderbou van affekteleer stimuleer dit ’n ongekende opbloei van musikale verbeelding, ’n ontploffing van emosionaliteit en uitdrukkingsvolheid in musikale uitvoering. Antoinette Lohmann lei die Suid-Afrikaanse Barokensemble met werke van Schmelzer, Biber, Fux en ander vir viool, altviool, tjello, dulsiaan, klavesimbel en orrel, bygestaan deur Tanya Spiller, Elmarie van der Vyfer, Hans Huyssen, Gerhard Benadé en John Reid Coulter. kykNET Konservatorium – 60 min. – R80. 4 Okt. – 16:30.

Dismotief – uitvoering (Geen o/12)
Dismotief is ’n produksie wat verskillende kunsdissiplines byeenbring met taal as vertrekpunt. Die projek is ’n alternatiewe uitdrukking van Afrikaner-manlikheid waarbinne daar interdissiplinêr gereageer word op die onlangse diskoers rakende die aard van postkoloniale witheid in Afrika. Gedigte van Tertius Kapp, Loftus Marais en Alwyn Roux word deur komponiste en kunstenaars geïnterpreteer. Die uitvoering is ter ondersteuning van die uitstalling. Met Franco Prinsloo (regisseur), Richardt Strydom (kurator), Steven Bosch (kurator), Pieter Bezuidenhout, Braam du Toit en Abri de Swardt. Ondersteun deur die Dagbreek Trust. Stadsaal – 60 min. – R80. 4 tot 6 Okt. – 15:00.

Duo FourIVTwo in Concert (A)
The innovative mallet percussion duo – Duo FourIVTwo (pronounced four-four-two), with acclaimed classical marimbist Magda de Vries and vibraphonist Frank Mallows – plays an inspired repertoire of newly commissioned works by South African composers, including Alexander Johnson, Paul Hanmer and Peter-Louis van Dijk, as well as music by Mozart. The main feature will be the world premiere of Let the Games Begin by Potchefstroom-based composer Hannes Taljaard. The duo uses an exciting variety of performance techniques, including playing with four mallets and bow, on their custom-made five-octave rosewood marimba and gold bar vibraphone. The audience can look forward to an enjoyable, informative performance of visual spectacle and rich, rhythmic sonorous sensations. kykNET Conservatory – 70 min. – R95. 4 Oct. – 20:00.

MarimBach (A)
International award-winning classical marimbist Magda de Vries makes her solo debut at Clover Aardklop, presenting a programme of music by the master of Baroque music, Johann Sebastian Bach. The programme includes the exuberant Partita for Violin in E major, as well as the moody Cello Suite No. 4 in E-flat major. All adaptations were done by De Vries. The soothing sounds of the concert marimba and the visually graceful performance of South Africa’s best-loved marimbist guarantees to entrance audience members of all ages. kykNET Conservatory – 60 min. – R 95. 5 Oct. – 16:30.

Romantiese tjello – Wolfgang Schmidt (tjello) & Bryan Wallick (klavier) (A)
Die beroemde Russiese tjellis Mtitslaf Rostropowitsj het kort voor sy dood die jong Duitse tjellis Wolfgang Schmidt beskryf as “toonaangewend onder die uitsoek-tjelliste van sy era”. Sedertdien het Schmidt sy debuut onder meer in Carnegie Hall en die Alice Tully Hall in New York, die Filharmonie-saal in Berlyn en die Santory-konsertsaal in Tokio gemaak. Schmidt het twee romantiese stukke vir sy Clover Aardklop-konsert saam met die Amerikaanse pianis Bryan Wallick gekies – die sonates van Richard Strauss en Rachmaninoff. Dié twee komposisies word geskei in ’n gans ander trant met Debussy se kort maar tegnies veeleisende sonate. Strauss en Rachmaninoff se sonates word gekenmerk deur die liriese aard en dramatiese opbou in uitgebreide pragtemas. kykNET Konservatorium – 90 min. – R95. 2 Okt. – 13:00.

Shanghai Brunch (A)
Charl du Plessis is Suid-Afrika se “Piano Man” en geliefde Steinway-pianis. Met Shanghai Brunch kry bekende klassieke werke van Beethoven, Mozart en Chopin ’n nuwe lewe met verwerkings vir sy jazz-trio. Die CD het ’n kykNET Ghoema-prys gewen as beste instrumentale album (2012) en is ook vir ’n 2012 Sama benoem. Die produksie is vir ’n Kanna-prys benoem by vanjaar se Absa KKNK. Met Hugo Radyn (tromme) en Werner Spies (basinstrumente). kykNET Konservatorium – 60 min. – R95. 3 Okt. – 20:00.

The Great Piano Trios (A)
A concert in celebration of three of the greatest and most-loved piano trios ever written. Trio Gloriosa – Camelia Onea (violin), Berthine van Schoor (cello) and Annalien Ball (piano) – was founded in 2010 and named after the South African wild flower Gloriosa superba, better known as the flame lily. Dvorák’s Dumky Trio, his most famous composition, is well-known for its hauntingly beautiful folk melodies, brooding as well as colourful, exciting and a little light-hearted. Trio élégiaque by Rachmaninoff consists of one movement that is built on 12 episodes of an elegiac theme, with a constantly evolving spirit. Beethoven’s Ghost Trio was nicknamed after its second movement, which has a theme that was originally written as music for Shakespeare’s Macbeth. kykNET Conservatory – 80 min. – R95. 2 Oct. – 16:30.

Trio met ’n twist (A)
Janine Neethling is vir die eerste keer in jare by Clover Aardklop met ’n klassieke program aangebied saam met haar sustersvriende van twintig jaar: Bridget Rennie-Salonen en Elizabeth “Lizzie Rennie” Furtner. Die program sluit in klassieke komposisies vir fluit, altviool en klavier, maar die drietal se uniekheid word bewys in verrassende verwerkings van bekende Suid-Afrikaanse melodieë: Mannetjies Roux word as Bach vertolk, African Dream as Rachmaninoff, die TV-reeks Hartland se tema as ’n reeks verwerkings van blues tot Schubert en Vivaldi se Vier seisoene word met Vier Seisoene Kind vervleg. Stylvol, passievol en klassiek. kykNET Konservatorium  – 75 min. – R120. 3 Okt. – 17:00, 4 Okt. – 09:30.

Ver in die (kuns)wêreld – klavieruitvoering deur Benjamin Fourie (A)
’n Verwydering van die gegewe ter wille van kuns en persoonlike vryheid kenmerk dié uitvoering. Die program sluit in Rachmaninoff se Variasies op ’n Tema van Corelli, Peter Klatzow se Earth, Sea, Sky, Ilse-Mari Lee, ’n Suid-Afrikaans gebore komponis woonagtig in Amerika, se Variasies op Ver in die wêreld Kittie en Moessorgski se Skilderye by ’n uitstalling. Benjamin Fourie gee reeds vir meer as twee dekades uitvoerings, wat insluit optredes by feeste in Suid-Afrika en in die buiteland, waaronder die Tweede Wêreld-klavierkonferensie in 2010 in Novi Sad, Serwië. kykNET Konservatorium – 80 min. – R100. 5 Okt. – 13:00.

Viva Italia: Grand Opera Gala (A)
The School of Music of North West University proudly presents Viva Italia: Grand Opera Gala in collaboration with the prominent South African conductor Richard Cock, who will conduct the Johannesburg Festival Orchestra, soloists and a combined choir of a resounding 160 voices. This gala concert promises to enthral the audience with such favourites as Verdi’s “Triumphal March” from Aida and the “Anvil Chorus” from Il trovatore; Puccini’s “O mio babbino caro” and the finale from Act II from Lucia di Lammermoor. The second half consists of Rossini’s Stabat Mater. Sanlam Auditorium – 90 min. – R110. 7 Oct. – 14:30.

Visuele kuns

Feeskunstenaar Daniel Naudé: Animal Farm (A)
Feeskunstenaar Daniel Naudé se foto’s van diere is ’n toonbeeld van aangrypende ontmoetings wat enige vooropgestelde idees oortref. Elke oomblik wat hy vasvang, is ’n “ontmoetingspunt” tussen die kunstenaar en die dier in ’n natuurlike omgewing. Naudé sê: “Ek weet nie wat diere dink nie – hulle is so stil soos my foto’s. Maar ek herken myself in hulle.” Animal Farm het ontstaan tydens ’n reis van Kaapstad na Mosambiek in 2008. In die Karoo het hy ’n Africanis-hond gesien wat op so ’n manier na hom gekyk het dat dit hom twee keer laat dink het oor die mens se heerskappy oor diere. Volgens hom weerspieël die Africanis-hond ons verwikkelde Suid-Afrikaanse kultuur en identiteit op ’n onverklaarbare manier. NWU-galery, Potchefstroomkampus. Gratis.

Absa L’Atelier: 2012 Top 100-uitstalling (A)
Die Absa L’Atelier, tans in sy 27ste bestaansjaar, is die oudste en mees invloedryke kunskompetisie op die vasteland. Dié kompetisie fokus op die uitbreiding van die visuele kunste in Suid-Afrika deur ’n platform te bied vir jong opkomende kunstenaars. G20-voorportaal, Potchefstroomkampus. Gratis.

Barbara Wildenboer: Canaries in the Coalmine (A)
A solo presentation of paper construction, paper cutting, altered books, installation and animation. At first glance the work included in this exhibition, with its birds, clouds and flower and plant-like forms, may appear to be uplifting. On closer inspection, however, it reveals more disquieting aspects. The images include dead birds, and where they are depicted alive they are either tumbling backwards or fighting in flight, or spinning round in what resembles broken cogs of wheels – indicators that all is not as it should be. This exhibition has strong ecological themes and can be considered a reflection of Wildenboer’s personal response to climate and environmental issues that often leave one feeling overwhelmed and distressed in a state of solastalgia (a form of psychic or existential distress caused by environmental change, such as mining or climate change). Craft Centre, Potchefstroom Education Sciences. Free.

Clare Menck: Hidden Life, Twenty Years of Painting (1990-2010) (A)
Curator: Stephan Hundt. Clare Menck has been painting passionately for the last twenty years focussing on subject matter which at first glance appears to be obvious and familiar, yet on closer inspection and engagement with paint reveals a fresh and life-affirming vision of the environments around us. This retrospective exhibition traces the evolution of a unique painter from her final year as a student at Stellenbosch University, through the agonies and frustrations of balancing motherhood and family life with the need and demands of pursuing a career as an independent painter, to the present. Potchefstroom Town Museum. Free.

Craig Müller: 9 hrs 30 min (A)
Guest Curator: Annali Cabano-Dempsey. Craig Müller takes a journey of observation for a limited time through a specific environment. According to Annali Cabano-Dempsey he readdresses everyday things in this course of action to understand the accepted reality in order to reinvent reality: sometimes ridiculing and other times exposing the futility of our dogmatic approach to our limited lifespan. He considers technique and medium secondary to subject matter, although he endeavours to explore and experiment with the technique and media that suits his current needs in art making. He works with acrylic and ink on paper and produces three-dimensional mechanical works in steel. NWU Botanical Garden Art Gallery, Potchefstroom Campus. Free.

Dismotief (Geen o/12)
Dismotief bring verskillende kunsdissiplines byeen met taal as vertrekpunt. Die projek is ’n alternatiewe uitdrukking van Afrikaner-manlikheid waarbinne daar interdissiplinêr gereageer word op die onlangse diskoers rakende die aard van post-koloniale witheid in Afrika. Die vooroordeel, diskriminasie en geweld van die apartheidsideologie het nie aan Afrikaners die geleentheid gegun om ’n egte, outentieke identiteit te kweek nie – en die grootste erfenis hiervan is die etniese skuldgevoel. Dismotief probeer om ’n alternatiewe stem vir Afrikaner-mans te vind en uit te druk. Die uitstalling word vergesel deur ’n musiekuitvoering (sien klassieke musiek). Met Richardt Strydom en Steven Bosch as kurators. Aangebied met die ondersteuning van die Dagbreek Trust. Uitstalling: Stadsaal. Gratis. Uitvoering: Stadsaal – 60 min. – R80. 4 tot 6 Okt. – 15:00.

Friends Sharing Images (A)
Friends Sharing Images is an exhibition co-ordinated by Charlotte Crosse, featuring photographs captured by amateur photographers with a passion for photography with the majority of them in executive positions in the corporate world. The work on view explores photography’s particular ability to describe and convey a sense of place. Whether referencing an immediately identifiable location or one that is conceptual and abstract, each photograph encourages the contemplation of the physical context in which the picture was taken and challenges the viewer to consider how to replicate it in his or her way. Friends Sharing Images is a charity-based initiative. Alumni Hall. Free.

Hanneke Benadé: Murmur/Murmel (A)
Murmur is autobiographical, soft pastel on white cotton paper work by Hanneke Benadé. The artist creates a superficial reality by using models to enact some part of a narrative. This narrative is never literal, but a metaphor of something else, some part of a mental and emotional construction at a stage of her life. “Murmur” refers to a heart murmur, a heart sound, but also to mutter or to whisper a confidential complaint. Murmur refers to what is perceived and how it is reacted upon. Not the world around the artist, but the world within. The figures or characters in the work are frozen in time and thought and they emanate an indistinct sound, a murmur. C6B. NWU Potchefstroom Education Sciences. Free.

INK-Complete: Capturing Music II (A)
Capturing Music is ’n spanpoging tussen die NWU-galery en die kampusradiostasie PUKfm om die verhouding tussen musiek en beeldende kunste te ondersoek. In INK-Complete: Capturing Music II kyk die fotograwe Sean Brand en Christelle Duvenage na die verhouding tussen musikante en hul tatoeëermerke: Musikante is ’n subkultuur in die gemeenskap en tatoeëermerke is die tekens wat hulle saambind. Die liggaam word gesien as die skilderdoek en die tatoeëerkunstenaar is die meesterskilder. Die uitstalling sluit ook ’n kortprent in met die musikante Bouwer Bosch en Francois van Coke. Rodney van der Bergh, die tatoeëerkunstenaar, is die verteller. Alumni-saal. Gratis.

Market Photo Workshop: Tracing Territories (A)
Tracing Territories is the result of an ongoing living heritage project that has taken place in and around the historical site of Makweteng, a historical township in Potchefstroom, over the last year. Sixteen artists photographed various places and subjects and participated in workshops and interventions. The exhibition features ten varied bodies of work by eleven photographers from the Photo Workshop, a photography school based in Newtown, Johannesburg. The exhibition engages concepts of history and living heritage and of memory and place. Alumni Foyer. Free.

Obie Oberholzer: Long Distance (A)
Obie Oberholzer, uncompromising photographer of the impossible, shows an extreme daring view on life when he embraces the world, when he takes his shots. He ventures far and wide, risking life and limb, and cooking up unmentionables in the post-production kitchen, so that we may marvel at the final shot. Many of us have felt the extreme pleasure (and pain) of clashing into that uncompromising head where the integrity of the shot is all that counts. Oberholzer’s Long Distance is on a quest to uncover an extraordinary brand of bliss for the world to behold. The word “planet” comes from the Greek word “planetes”, meaning “wanderer”. Give a thought for the lone star set to wander, daring to shoot, no matter the cost. Alumni Hall. Free.

Paul Cooper: Recent Works (A)
These sculptures are part of a collection comprising cast action figures and found objects. Each sculpture recalls geo- and socio-specific coordinates that in many ways suggest a placement in time in relation to an everyday (urban) experience. Found objects mean that each sculpture can be read on different levels, while they offer a glimpse of commentary on aspects relating to contemporary South African urban identity, they also carry with them traces of personal moments. President Pretorius Museum. Free.

Skilder met woorde III: 1 2 3 blok myself! (A)
Sewe beeldende kunstenaars en digters is opdrag gegee om ’n kunswerk en gedig te skep rondom die tema 1 2 3 blok myself! Deur die wisselwerking tussen die beeldende en woordkunstenaar is kunswerke en gepaardgaande gedigte geskep wat die tema uitbeeld. Die uitstalling word vergesel deur ’n klankbaan van Mr Cat and the Jackal waarop stemkunstenaars die gedigte voordra. Deelnemers aan die produksie is die kunstenaars Strijdom van der Merwe, Pauline Gutter, Nathan Trantraal, Sam Nhlengethwa, Elizabeth Gunter, Karin Miller en Diek Grobler; tesame met die digters Diana Ferrus, Tom Gouws, Ronelda S. Kamfer, Johan Myburg, Melt Myburgh, Martjie Bosman en Danie Marais. C6A. NWU Potchefstroom-opvoedingswetenskappe. Gratis.

SMAC: Collection 17 (A)
Die Stellenbosse Moderne en Kontemporêre Kunsgalery (SMAC) stel ou en nuwe werke van Suid-Afrikaanse kontemporêre kunstenaars ten toon. Tematies handel die uitstalling oor huidige sosiale en kulturele diskoerse en die hantering en uitbeelding daarvan binne die visuele kunste. Die uitstalling is multidissiplinêr en sluit in kontemporêre skilderwerk (Johann Louw, Anton Karstel, Simon Stone, Georgina Gratrix en Jake Aikman), beeldhouwerk (Barend de Wet), konseptuele werk (Willem Boshoff, Ed Young en Sandile Zulu), gemengde media (Sue Pam-Grant), asook fotografie (Roger Ballen en Abrie Fourie). Die kunswerke op die uitstalling word te koop aangebied. Sanlam Ouditorium-foyer. Gratis.

Talita Swarts: Herwinde taal – My Taal (A)
Herwinde gloeilampe word deur talle modelstokperdjiegeesdriftiges gebruik, enersyds as ’n houer wat hul “kunswerk” beskerm en andersyds omdat gloeilampe nie die beeld van die voorwerp binne-in verwring nie. Die doel van dié installasie – wat bestaan uit herwinde gloeilampe met opgerolde tekskunswerke binne-in en vasgesit met beeldhou-kopermonterings – is om ’n eerlike, “onverwronge” blik op Afrikaans te bied, ’n taal wat beskou kan word as herwonne en verworwe. Deur individuele gloeilampe van die installasie te verkoop, word eienaarskap as ’n kenmerk van taal beklemtoon. President Pretorius Museum. Gratis.

Totius & Pierneef: Digter en skilder op uitstalling (A)
Die Totiushuismuseum in Molenstraat was die rektorswoning van Jacob Daniël du Toit, beter bekend as die Afrikaanse digter en Bybelvertaler Totius. Hy het in 1911 as tweede rektor van die Gereformeerde Kerk se teologiese skool in dié huis ingetrek. Min mense weet dat J.H. Pierneef, een van Suid-Afrika se bekendste moderne skilders, ’n goeie vriend van Totius was en dat dié huismuseum ’n aantal oorspronklike Pierneef-skilderye uit Totius se persoonlike versameling huisves. Dié skilderye saam met ander kosbare kunswerke uit Totius se eie versameling, asook enkele Pierneef-skilderye op bruikleen van die NWU-galery word uitgestal. Totiushuismuseum, Molenstraat. Gratis.

Woordkuns-jeugprojek (A)
Aangebied in samewerking met Clover Aardklop en die ATKV. Die
Woordkuns-jeugprojek is ’n multidissiplinêre inisiatief waar die jeug aangespoor word om woorde in kuns te omskep. Kinders tussen die ouderdom van ses en agttien jaar kry die kans om ’n visuele voorstelling te skep wat deur enige vorm van Afrikaanse literatuur (poësie, prosa, drama, lirieke, ens.) geïnspireer is. Die top-inskrywings word uitgestal, wat beoordeel is op grond van die kandidate se interpretasie van hul gekose literatuur, hul kreatiwiteit en hul vaardigheid met die medium. Alumni-saal. Gratis.

Kunssafari (OB: Geen o/12) 
Die kunsuitstallings word geopen met ’n safari. Dié geleentheid sluit ’n wyntjie en versnaperinge in. NWU Botaniese tuin-kunsgalery, Potchefstroomkampus (beginpunt) – 240 min. – R110. 1 Okt. – 16:00.

Kunstoer (OB)
Begeleide kunstoere word daagliks deur Theo Kleynhans aangebied. Sanlam Ouditorium (beginpunt) – 90 min. – R70. 2 Okt. – 6 Okt. – 09:30.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top