Sonreis

  • 7

jy stuur ’n brief na Nooitgedacht
met groot gehaas
en woorde sag

jou poskoets stop by Soekmekaar
met los karos
is jy gewaar

en ek

ek wag vir jou op Wensfontein
met oornagbaard
en goedkoop wyn

vanaand is ver
’n sonreis weg

Lees ook

Hemelroos

  • 7

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top