Hemelroos

  • 3

Is jy rêrig so,
soos ’n blom in die wind
wat die son se strale
met jou prag verbind

Weet jy altyd hoe
dit ’n man kan roer
as jou vonkeloë
in sy hart kom loer

Het jy al besef
dat jy beautiful is
en jou helder glimlag
op my horison rus

Of het ek dalk gedroom
van ’n hemelroos
wat skalks met haar houding
in die maanlig bloos

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top