Skrywers kuier tussen woorde

  • 0

Die skrywer, Petro Gordon het onlangs haar "Tussen Woorde" voorleesprojek van stapel gestuur. Met hierdie projek poog sy om weereens ’n verhoog vir woordkunstenaars te skep.

Met die eerste bymekaarkoms het sy skrywers en digters na haar radioprogram, "Met woord en melodie" wat elke Maandagaand op die plaaslike radiostasie, Radio KC, 107.7fm uitgesaai word uitgenooi, waartydens hulle hul gedigte en stories voorgelees het.

Plaaslike skrywers soos Alta Cloete wat pas haar nuutste boek, "Geur van vervulling" bekendgestel het, Karin Combrink, Johleen van Niekerk en Michelle Petersen het hul gedigte en stories voorgelees.

Hannes Steyn van Stellenbosch, Marius Absolom en twee deurwinterde skrywers, Elize Parker en Floris Brown het onderskeidelik vanaf Worcester en Parow gekom om aan die program deel te neem.

Petro beplan haar volgende "Tussen woorde" - kuiertjie in Februarie, die maand van liefde, waar kunstenaars hul stories, gedigte en liedjies oor die liefde gaan voorlees en sing.

As jy wil saamkuier, kontak gerus vir Petro by 021 8626736 (na ure) of 071 989 7190 (selfoon).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top