Hier is al die inskrywings vir Week 9. Die wenner word Woensdag aangekondig. Skryf nou in vir Week 10 – dis die laaste week van die kompetisie!
Kompetisiebesonderhede:
Muller Dirker
ʼn Bose dwerg en sy trolle
Vir vye verkoop hul drolle
Jakkals Malema
Skep ʼn dilemma
Aan nalopers blinder as molle
Betsi Van der Watt
Takswetter
Sy van verklap vernuf met volkstelling en verkiesing
Wat weet hy tog van belasting, boedels en sulke verkniesing?
Toe maak hul Kieswetter kommissaris
Wat moet kyk dat ons taks agtermekaar is
En hoop ons rekenings is gevrywaar van bevriesing
Kobie Korf
Saxonworld-sous
Trump, Cyril, May is ˮmoody” verby
ˮDit is maak of Brexit,” gil sy
Eish, hulle drink en dink
By sjebeen word geskink
Tweet Trump: ˮna Waterkloof Cyril, RY!”
Jo-Mari Bosman
Een-oog
In die land van die blindes is een-oog koning
Met sy lang rooi das regeer hy sy woning
Hy stotter en skel
En noem Kim sy pel
Maar as daai haan sou kraai, verdien hy sy beloning
Rethea Boer
Politici is ʼn pes van ʼn mess
Een probleem hier word verruil vir ses
Maar wat van ʼn keer
In vertroue verkeer
Óns is SA nie die prez
Yolande Lemmer
8 Mei
In pas met die luim van die 8ste Mei
Wil algar wat staan nou ʼn kruisie kry
Elke een so vermetel
Vasgenael op ʼn setel
Smaak my ek sal by die huis moet bly
Schalk Swanepoel
’n President genaamd Ramaphosa
Ry op die rug van bra Masekela
’seblief tog, stuur my
om die volk te bevry
van die kruis van Atul en Zuma
Edward Mostert
Die trog is oorvol!
Die SOE’s LOL!
Moenie die datum vergeet
So wragtig wie weet!?
8 Mei 2019 het jý die bol!
Madalien Potgieter
Een gratis stem
Donker Afrika se kaal mensie
Lankal uitgetrek deur korrupsie
Dans die riel, of toyi-toyi
In groen, geel, blou of rooi
Een stem, een gratis hoed en hempie
Elizna Hanekom
Helpende hand
Glo beland in Nomvula se hand
Maand’liks Bosasa-geld in kontant
Dalk veel erger as sy
Is die selfies te kry
Van Gigaba se besige hand
Ilke Opperman
ˮAmerica first” is Trump se kreet
ˮGuptas are first” laat Zuma weet
Die een dink hyʼs ʼn held
Die ander steel ons geld
Hul val kan dalk ˮMy f*k, big hole” heet
Trudi Griffiths
Met stemdag om die draai
Wie gaan ons dié keer verraai?
Beloftes o, so mooi
Allerlei word ontplooi
Gaan trek liefs jou kruisie, en speel nie aspaai
Paul Sorensen
Daar is ʼn man by name Cyril
Bekende pêl van die hele spul
Gaan hy Zuma opsluit
En die sleutel wegsmyt?
ˮNa die verkiesing, as Zondo wilˮ
Barry Lessing
Malusi, Nomvula en Faith
Verskyn op die ANC-laith
Dlamini is daar
Ook Zwane sowaar
Die hele boel teen elke praith
Brenda Malherbe
Piet sê die boere moet bieg
Ophou om oor die grond te lieg!
Hoe jou mantel ook draai
Wat jy saai, sal jy maai
Tot jou dood sal die grond jou bly grief
Norman Jacobs
Almal soek geld maar niemand wil werk
Vol tronke ten koste van die kerk
Vandag se rassehaat
So gister se kaart
Wie gaan kom en ons land versterk?
Tyrone Brett Coetzee
Beurtkrag- en waterlimeriek
Ons sukkel met krag en water
Maar sit hier eenvoudig tot later
Die minister koop karre
Vet, rond soos narre
Wag maar jou slag ou mater
Freda van Zyl
Vergeet maar van die lekker sous
Of die geskenke in jou krismiskous
Met vanjaar se petrolprys
Bly ons almal eerder tuis
Terwyl Gumtree ons karretjie smous
Anet Pienaar
Arme Rammetjie Phosa
Se seun is nie ʼn Xhosa
Hy is tóg goed getryn
Om geld te laat verdwyn
Op die soustrein Shosholoza
Gustaf Pienaar
’n Karnallie Jacob Zuma
meen sy sang verdien ’n Ghoema
Maar sy tyd is verby
’n prys gaan hy nie kry
en sy pad tronk toe kry woema
Phil Snijman
Veni venda vici
Daar is ʼn leier wat oor buffels regeer
Hul rinkink aanmekaar en raak net al meer
Kry die hoogste bod
Maar êrens is iets vrot
Die parlementariese trop kan hy glad nie beheer
Stevie Joubert
Ace kan maar hande in onskuld was
oor al die geraamtes in sy kas
hy val van sy troon
al voel hy nou skoon
ons wéét hy speel cowboys en Guptas
Rita van Coppenhagen
Die Hoës verblind ons met kaf
Met donkerte word ons gestraf
hul heul met die krommes
verduister wat stom is …
en bliksem! Die krag is weer af!!!
Carina Stander
Paloekatieke tierlantyntjies
raak by die dag al meer verfyntjies.
Vir jou ware kleure
voel party(e) vere:
ˮVerkies u ʼn swart-én-wit pikkewyntjie?ˮ


Kommentaar
Met die verkiesing oppad
raak die tonge baie glad
Voordat jy vergeet
moet jy altyd net weet
Stem vir die name sonder klad
Terwyl ons moet buk vir Eskom se latte
Draai sekere politici hulleself toe in watte
As hulle nie iets doen
om.die land te versoen
Sien almal binnekort hulle gatte.