Hier is al die inskrywings vir Week 8. Skryf nou in vir Week 9 en wen R2 000! Onthou, die kompetisie duur net 10 weke, so ons is in die pylvak. Stuur jou limeriek na politieklimeriek@litnet.co.za. Die algehele wenner gaan R10 000 ryker wees!
Kompetisiebesonderhede:
Hannelie Hartman
Soos bosluise afklim van ʼn dooie bees
Verlaat hulle Suid-Afrika – dié wat vrees
Mauritius, Australië of die US of A
Kook ons soos paddas in ʼn pot – die wat bly
Wat gaan ek vir my stemsoen kry – prins of kees?
Salomé Siebritz
Net die gedagte aan vote
maak my diep stout
die krag units raak min
die water dun
en load shedding, by wie lê die fout?
Evanthe Schurink
Iemand met die naam Mal Emma
kan selfs vir Confucius bedemma
geleerde in twak praat
so my enigste raad
verkoop twak vir ons skulddilemma
Lafras Verster
Ons woon in die reënboog se nasie
Maar sien slegs rooi met al die inflasie
Die ANC voel ʼn veer
En kan niemand regeer
So hoe klink e-migrasie?
Patricia Viljoen
Dit was eens ʼn land vol van verwagting
toe verval hy onder verkragting
swanger met korrupsie
te arm vir aborsie
staatsnarre bring geen verandering
Bertina Marais
Suid-Afrikaners is onseker oor die 8ste Mei,
Al die mense die gis net en stry,
Cyril en Zuma baklei oor ʼn been,
ʼn Derde gaan dalk daarmee heen,
Ons hoop die nuwe President sal almal kan lei.
Jo-Ann Klazen
O Vader wees ons tog genadig!
Die stembus se opsies is aardig!
Seën ons met ʼn held,
en ʼn trommel vol geld,
Lat Eskom meer krag kan vervaardig.
Elizabeth Visser
In die White House werk Donald aan mure
wat sal skerm teen siek, bose bure
maar vergeet hy dat mens plekke
díe met kos, water, en hekke
eintlik bou vir die inhou van diere?
Kallie Saayman
Eskom se stories is holrug gery
Elkeen lieg by die ander verby
Dan's die steenkool op
Of Medupi's ʼn bokkerop
Lyk my die Guptas het klip aangery!
Annette Mouton
Nomvula beplan haar kerslys fyn
met baie vleis en baie wyn.
Dudu gaan ook nie bieg,
haar handsak is ʼn lieg.
Staatsgeld verdwyn en Bosasa is aan die kwyn.
Venessa Jacobs
Al dra die baas ʼn goue ring
en al wil Malema haatlik sing
ons gaan moet saamstaan
hande vat en laat gaan
anders bly ons ʼn lelike ding.
Simoun Jacobs
Hompie Kedompie sit en wag
Hompie Kedompie is klaar gelag
want by al die konings
en in al die wonings
is SA duister in beurtkrag.
Ilani Rossouw
Die Gupta-troue land op Waterkloof
Al wat hulle doen is steel en roof
Van die melkplaas op Vrede se verse
Tot Eskom se versameling kerse
Zuma het net meer beloof en het hul deurentyd geloof
Ina Kruger
Kragpaalbegraafplaas
Soos stene op die Helde-akker staan ons ry-aan-ry
Maar o wee, ons dood is by dié dode verby
Hul span mos die Paal in voor amPère
En vir LIG – hoop op die sterre
En ons ...? as was ons en as sal ons bly
Cedrico Rhode
Dis fase 4, maar gelukkig is daar ʼn bier by die kampvuur
My broe, die Eskom-wetters maak my mos suur!
Die ANC het nog steeds die krag!
Kyk hoe dik is dai pockets en dai tender mag
Kom die elections, ai, daarna is alles weer vrek duur!
Pirow Bekker
Sunnyside stem
ʼn Stempunt in die opelug in ʼn parkie
is ʼn stalletjie of ʼn vrolike markie
en soos ʼn lekker kêrel
laat val jy dalk jou pêrel
in die buik van ʼn gulsige varkie.
Heidi van der Westhuizen
Verlangs verwant aan Sarie Marais
gaan Pieter nou by die VF plus lê
hy wissel van party
soos die see se gety
maar wil hul hom in die volkstaat hê?
Joshua v d Westhuizen
Jan Alleman word katasa
deur bruin koeverte by Bosasa
Ons kies die ANC
gaan weer ons kruisie gee
sak al dieper in die moerasa.
Julio Agrella
Ek is Bathabile die gekose
Al maak ek kak, ruik ek na rose
As die volk my soek
Kan julle maar vloek
Ek is op die lys, julle die kose
Danie van der Vyver
ˮKhoi-San beweer wittes het hul grond gesteel,
ANC en EFF maak ook aanspraak op ʼn deel.
Maar waar pas Adam en Eva dan in die prent?
Het hulle ooit gekry ʼn halwe sent?`
Gou sit die land sonder groente, vleis en meelˮ
Amos van der Westhuizen
Beret op kop van populis
lyk meer soos pot om in te pis
kamtig militêr
by stemvee populêr
oor vryheid, ekonomie clueless
Joke d’Ath
Eskom, Eskom dompel ons in duister
want die owerhede wou nie luister
die Guptas het die geld gevat
en toe Dubai toe laat spat
eintlik moet hul iewers sit vasgekluister!
Lees ook


Kommentaar
Dit's Fase 4, maar gelukkig is daar ‘n bier my die buite vuur,
Ma my bru, die Eskom wetters maak my mos sier!
Die ANC het nog steeds die krag
Kyk net hoe dik is dai pockets en dai tender mag
Kom die elections, ai, daarna is alles weer vrek duur!
Daai tong in die #Politieklimeriek Kompetisie logo. Ek gril my dood! Hoe het dit gebeur? Asseblief, help my verstaan.
Emma jy vat die koek!