Hier is al Week 5 se inskrywings. Skryf nou in vir Week 6 en wen R2 000 met jou politieke limeriek. Al ons weekwenners kom in aanmerking vir die Groot Prys van R10 000!
Kompetisiebesonderhede:
Eben De Jager
Wil jy ook ʼn verskil maak?
dan het jy ʼn vername taak
dis beslis
dis gewis
jou stem maak vir die land saak
Elizma de Lange
Hy sê hyʼs ʼn man van formaat
die land sal gewis by sy leierskap baat.
Met ʼn swembad by die skool
wil hy met die kiesers goël.
Dié geld sal moet kom van ʼn sindikaat.
Rina Cascione
Die staatskas loop leeg met ʼn spoed,
maar Dudu was altyd vol moed:
by Zuma kom vra,
hy sê maar wéér Ja;
slurp gulsig aan taxpayers-bloed.
Jenny Fourie
Mure
Meeste was bly oor Neef Cyril
Maar hy sit steeds vas in die mirrel
Die mense is siek
Van dié muurpolitiek
En wil net in vrede voortstribbel
Susan Tiervlei
Zuma was eers ʼn stoelpatat
Maar toe pis hy dit nat
Wíl mos saam met Guptas smokkel
nou is hy ʼn sofapokkel
Bleddie skelme kat!
Eugene Gunning
Kyk na die nuwe fotogalery
Met ʼn glimlag word na stemme gevry
8 Mei is dit kiesers se beurt om te glimlag
Kruisies is immers kiesers se mag
Gaan die glimlag 5 jaar hou of gou sy ry kry?
Jurg Huysamen
Aanstellerige vrou Maureen du Toit
Verstaan nie altyd politiek so mooi
Sy spog by vriendinne
In hogere kringe
My man se kader is herontplooi.
Gerrit Weijmans
Getuig toe voori kommissi
Korrupsi is glatti meer nuusi
ʼt begin by Yengeni
Kry ʼn Benz virre penni
Maa niemand is meer vir hom viesi
Rossouw Brand
Gesant na Venezuela: Waarom nou juis Ace?
Gaan hy iets positiefs wys?
Is Ace die beste kaart om te speel?
Sal sy insette ons bevoordeel of benadeel?
Beste raad: Hou Ace voortaan liewer tuis.
Jean Sleigh
Demokrasie
In Meimaand stem ons alweer
Kan ons dié keer ons noodlot omkeer?
Want die volk is gefop
Maar die geld is nou op
En die ANC hou aan regeer ...
Hanneke Potgieter
Quo Vadis?
In die Kaap sê Patricia de Lill
Aan haar goeie vriendin Helen Zill':
Ek gaan jou nou groet,
Ek los die DA vir GOOD,
Ons sal sien wat die kiesers wil!
Marie Hurter
Ou Cyril, Malema en Mmusi
Baklei vir die leiersposisie
Die baantjie-boeties wag
En die soustrein-sussies lag
Want wie ook al wen, koop weer sushi
Tinkie Kriel
ʼn Gupta-tender vanmeleë goedgekeur
Is soms met ʼn ministerspos vereer
Met die Guptas nou weg,
Tref dit sommiges sleg;
Maar moenie worry nie, ons Fat Cats is mooi geleer
Jan Bezuidenhout
Dudu en haar errepleins,
Het selfs Pravin laat peins.
Maar hoe hou jy Dudu op die grond?
Jaag haar in Nkandla rond.
Dit sal selfs No 1 laat gryns.
Mariette Opperman
Pastoor Lukau laat die oë rek
toe hy ’n man uit die dood opwek.
Hy moet glo hy’s geseën,
want Eskom wil hom leen
en by die Oscars is vir hom plek.
Celesté van Deventer
Nou die dag by sy begrafnis
lê die man en wag in ʼn doodskis
dat die priester moet bid
sodat hy regop sit
toe skrik sy familie hul disnis.
Elma Loubser
Koffers wat kreun met kontant
Vir elke kader en kalant
Korrupsie, kaping en kontakte
Knoeiery, komplotte met kontrakte
Klink kakofonies en bra astrant
Corli Taljaard
In onse land word stemme gekoop
deur dié wat onder Zondo deurloop.
Soos Marelize se fiets
en Lukau se trieks
sal hulle val, mens mag maar hoop.
Chris Hamman
O vrek, ons benodig nou meer spasie
Groter en groter word die verdomde nasie
Vat die grond sommer verniet
Meet en pas bring verdriet
Verniet die huisie, krag en sanitasie
Loretta Szikra
Met ANC kieste vol taxgeld geprop
en rooiberet-rampokkers wat stof opskop,
word ons kreupel land se naam
moertoe met ʼn plank geslaan
en bly DEMOCRACY ʼn nasionale ef-op!
Debbie Oosthuizen
Die volk aan die suidpunt van Afrika
Wonder oor die leuen en die logika
Tussen biltong en bier
Rand sonder spier
Lê berge blou vol grappe, ja!
Jeanette Snyman
Die president van die land
snoei LP’s van ʼn kant
Dit kos minner
Wát ʼn beginner
Siele nimmer te verpand
Nicolette Fouldien
Aweh Zuma, wie moet djou stront nou uitsort?
Eskom is vedala en die Guptas is vort
Noordkaap gooi ʼn lange
Parlement is ʼn skande
Zuma sê, ˮEish, maak soos ek, vat ʼn stort.”
Hilde Salomé O'Neil
O wee
Zuma se skandes raak mos nooit ou nuus
Selfs Cyril begin hom vir ou Butternut vervies
Gesmous vir een pot kerrie
In Abu Dhabi ʼn herrie
Terwyl die hele wêreld ons koggel, sies!
Willemien Burger
Juju belofte
ʼn Plasie te gaps sonder stry.
Gʼn wet wat jou keer, jyʼs mos vry!
Bring bees en pondok.
Ek sal mos nie jok!
Trek jý net jou kruisie vir mý!
Christi Els
Ramaphosa, Malema, Antie Pet
Watter een sal ons land kan red?
Sonder water, sonder ligte,
Elke politikus versuim sy pligte
En niemand gehoorsaam die wet.
Linky van der Merwe
Daar is ʼn party wat wil wen.
Hul braak haatspraak vir hul stem
Hul dans op en af
Rooi pakkies julʼs laf
SA wil jul glad nie meer ken
Albe Grobbelaar
Dis The Donald, dis Kim en dis May
Dis Merkel wat haar sin nie kan kry
Macron is te sag
Dis Poetin wat lag
En ons sit met Cyril wat gly
Rita Smit
Befaamde burgemeester De Lille
sluk toe vinnig die bitter pil
sy ontwerp nuwe hoedjies
versamel haar maatjies en GOEDjies
want met Mmusi het sy ʼn appeltjie te skil!
Dawie Vorster
Die Parlement besluit oor ʼn nasionale drank;
Die meerderheid is ten gunste van Cabernet Franc.
Die vêr regses sê:
Al wat ons wil hê
Is wat ons tans drink: Allesverloren Blanc de Blanc.
Hoepie Howell
Ons fynspreker Mmusi Maimane
Se aksent was heeltemal te larney
Nou sê hy soms Eish
Om almal te wys
Daar is niemand wat hý nie verstaan nie.
Irene de Kock
Magdronk (Dagdronk)
Net soos toé het jy alweer die mag.
Jy sê alles ˮsal nogˮ as ons wag.
Wel ons wag in die donker,
en jy word al hoe dronker.
Selfs die blinde man sien sonder krag.
Hennie Richter
Afrekening
’n Welsprekende vorige president afkomstig uit KZN
gebruik ˮall the king’s horses and all the king’s men”
om huise vol geld in te samel,
maar begin dan erg te stamel
toe Opvolger laat verneem hoe dié perd net altyd kon wen.
Franci Greyling
Jan en San Burger-Brookes
is deesdae knaend oorhookes
hul weet net nie meer
wie tog is nou weer
die cowboys en wie is die crookes.
Julian van Niekerk
Die Engelse stem toe vir Brexit
Maar Brussel sal hul opʼl pleksit
Stem nou maar weer
Kry dit reg dié keer
Anders sal ons Ierland laat afsit
Marina Conradie
Onderwysbeloftes
Mense met geen B.Ed-graadbewys
maak beloftes oor onderwys
Probleme in die klas word gered
deur kinders soet te maak met ʼn tablet
G’n wonder dit maak ons almal grys!
Michael le Cordeur
Virre verkiesing is ekkie lussie
Kan oekie glo dat kiesers so dom issie
Om te stem vir daai party
Wat na die agste dag van Mei
Gaan maak of hul van niks wissie
Pieter Smit
Oordaad van dis en drank sak swaar abdominaal
Die koste styg vêr bokant die skaal
Weg met Oom Hendrik se “wil jul vreet of wil jul vlieg?”
Waarom ons steur aan Hendrik wat steel en bedrieg?
Selfs Zoempie en Dudu reken dis glad nie rojaal
Llewellyn Abdoll
Antie Pat gooi ʼn lange
Die DA vang slange
Hulle beweer hulle is veilig
Want die Wes-Kaap is heilig
Meanwhile sing GOOD oorwinningsgesange
Sampie Strydom
Politieke trawante
Swart en Rooi teen Suid-Afrika se rante
Toyi-toyi Malema en sy rooimier trawante
Boer staan gereed met kettie en klip
Skiet hulle dat die boepense wip
Ons lees daarvan in die Sondagkoerante
Birgit Coertze
Die rooies swaai vuis en skree “Gee t’rug my grond!”
Die bloues hang tussen die draadsitters rond
Die geles voel vere
Koop stemme met klere
En snoer met een trek van ʼn kruisie jou mond.
Val Marsh
Die kaders vreet by die trog
en snork net al kwylend ”skep nog,
onse people se moer
solank jul ons voer
is ander se honger net bog”
Ria Lessing
Staatskaping is ʼn nuwe ding
uit Indië na ons gebring.
As Gupta sê
ˮDit wil ek hê!ˮ
Lag Zuma net ˮhie-hie!ˮ en spring.
Ross Kruger
Kom elkeen en doen jou uiterste bes,
Leer die staatskapers hier ʼn dure les.
Enige keuse maar geensins hulle.
Dié einste deur eie toedoen nulle,
Word sodoende uitgehaal vir ʼn ses.
Johan de Kock
Na lank toustaan vir stemregistrasie
en menig politieke orasie
vol beloftes onvervul
en niksbeduidende prul
kort ek beslis ʼn anti-purgasie
Clive Ontong
ons geliefde land is gekaap
deur die Guptas in ons slaap
te danke aan politikusse se honger na geld
nou is almal net doodstil soos ʼn speld
en elke belastingbetaler voel soos ʼn aap.
Nelia van Zyl
Die liewe minister Dlamini
Verstaan nie altyd so mooi nie
Die rok wat sy vertoon
Is gemaak deur ʼn bekende persoon
Maar sy weet nie nou wie nie
Mieke Jonker
Daar is hierdie plek die parlement
Waar party slaap terwyl ander lament
Toertjies is verniet te aanskou
SA toekoms betaal vir man en vrou
Bring net jou spookasem vir binne die tent
Barend Vos
Daar kom ’n mannetjie genaamd Julius,
wat vir almal wou wys hoe cool hy is.
Toeʼt hy houtwerk gedop
en sy logikaʼt geflop,
en nou weet (amper) almal hoe ʼn fool hy is.
Lynne Lexow
Daar is ʼn man genaam Julie-aas,
hy kan vreeslik skreeu en raas,
hy dra ʼn rooi keppie,
is geen hierjy ˮplebˮ nie,
in ʼn rooi oorpak is hy nou baas.
Johann de Waal
ʼn Kospakkie en t-hemp om ʼn stem te wen
So ry ware demokrasie aan die pen
ondanks hoe hard almal probeer
daar is nog baie van politiek te leer
Tevergeefs want dis soos ons Afrika-politiek maar ken
Wynand Beukes
Vir die DA is hy glad nie meer lus
Vir Cope is sy gevoel al lank geblus
Daarom betree hy ’n nuwe politieke baan met rede
Om te veg vir die regte van wit en bruin minderhede
Peter Marais staan dus nou vir die VF Plus
Dawie Swart
Terwyl ons so praat oor politieke limeriek
Ons huidige politiek maak my sommer siek
Pleks om te keer dat ons krepeer
Belas hulle ons net meer en meer
Alles net daar om vooruitgang te briek!
Cecile Bosman
Die melkkoei by Megawatt Park
Se uier is lelik bevark:
Van al die leegtap
Deur Zuma se klub
Word dit nou as droëwors bemark.
Caren Kearley
Tant Stienie sit op haar eie stoep
sy sien die stasiebehuisingsgroep
ˮHeita! ek soek ook ʼn unit flats
of is daai net vir die coolste cats?”
“Antie daai is nou nie my beroep!”
Liesl Botha
Van Eskom se knaterflater wat ons kant toe gluur,
Binnekringbegunstigdes wat steeds uitspattige trou-venues huur
Dankie tog vir die Zondo-kommissie
En Marelize met haar ˮbaie sukkel” fietsie
Voetstoots elkeen ’n opbrengs van wanbestuur.
Susanne Pike
ʼn dwaas met die naam van Julius
laat ʼn bose koning nie met rus
maar in plaas van die kroon
word die fool slegs beloon
met ʼn pay-back-the-money rooi mus
Guy Robertson
Emma Dilêmma - Sê ma vi jou grêmma
Malêmma wille kitsbankie hê
VBS kon hy nie kry nie
GePS het hy nie kon vry nie
Nou wil hy die grondwet verlê
Ria le Roux
Dis verkiesingstyd
Ons soek ʼn leier … hier en daar
En toe ons ʼn regte Jan Rap gewaar
Wou ons hom kies,
Maar hy sê sies!
Julle hele ou spul is deurmekaar!!!
Stef Delport
Dis Zondo en die arme McBride
wat so krap in die ANC se insaait.
Van Watson se sakke omkoopgeld
word alles in die openbaar vermeld
en almal maak reg vir ʼn m--rse faait!
Elna Janse van Rensburg
Kom stem vir ʼn nuwe Indoena ...
Asseblief net nie vir Zuma!
Kies eerder Ramaphosa
Hy praat mos Zoeloe en Xhosa.
Kyk, die rand begin al weer zumba.
Andries Klopper
ʼn Indoena van Nkandla, ene Zuma
Het gereken hy is ʼn tweede Nkrumah
Maar die kaders het so gesteel
dat Zuma nou slegs kan teel.
Die ergste is … hy sit nou sonder Woema.
Kevin Thompson
Grootdoop die dominee moet loop
Kleindoop die NG Kerk se hoop
Kaapse waterskaarste
Betree die altare:
ˮGod’s waters is nie vir almal oop!ˮ
Pieter J Coetzee
Auntie Patsy; dis Patricia de Lill
raak toe vir ʼn wonder mos stil.
Maar o wee, my bloed
Sy stig toe vir Good
om beter of beste te gil!
Hildi van Dyk
Die Natte was onnosel verby
Hulle kon klomp moeite vermy
Met vodka en braaipakke
En geld in swierige sakke
En ou Suid-Afrika kon net so bly
Ollie Olwagen
Neef Djoe-Djoe van Pollie-se-kwanie
Was dalk slimmmmer as Mmmoesie Maaimanie,
Maar toe vind hy oom Sirrel
Knoop sy stert innie mirrel,
En Marais sais net: "Pop off, my lanie."
Jaco Thom
Ek weet nie vir wie moet Xstem nie,
want my ou party kan nie wen nie.
Die regering is vrot
en die land so bankrot
dat die wenner ook nooit sal kan swem nie.
Nokkie Hartman
Sasa sports
O weemoed, die spanlys verskyn
En Kosie se naam het verdwyn.
Klein Cash kannie hol
hy vang mis die bôl …
Sy naam op die lys lei tot pyn!
Jean Geldenhuys
Baas bie op ʼn peperduur buffel
Eks-baas kies kerrie en bedkarnuffel
Dok op vir ʼn vote
Hoenderpoot en sout
En China lek die stroop op die wuffel
Chris Ludick
Die nuwe woord is korrupsie
Beperk tot die politici
Wat steel by Eskom
En daarmee wegkom
Pasop vir die Zondo kommissie
Joanie Mostert
Die kotiljons, vir Zondo
Kranig' adjunkhoofregter Zondo
Gekaap, ons land smet ten gronde
Murg in ons pype
Kruisie sonder duike
Dans ons die kotiljons, vir Zondo.
Maria Pienaar
Staan vas
Dis moedhou en hard werk, dit als maak mens sterk
Ook hoe jy jou naaste in liefde versterk
Hou AAN om te worry
Oor Tom, Diek en Harrie
Dis liefde, net dit, wat dit als sal laat werk
Dawid van Lill
Die Guptas se kaping van mag
Is vir almal ʼn vreeslike slag
Ná al hulle slenters
Is ons staatskas nou flenters
Terwyl ons op ʼn wonder bly wag
Kompetisiebesonderhede:


Kommentaar
Antie Pat gooi n lange
Die DA vang slange
Hulle beweer hulle is veilig
Want die Wes-Kaap is heilig
Meanwhile sing GOOD oorwinningsgesange
Die verkiesing het die politici op hol
Na watter party gaan die kiesers hol
Patricia se nuwe party is Goed
En die Christen- Demokarate klink so soet
Maar slegs by die EFF kry jy ń overall
En nou is dit Eskom
wat almal verstom
nou is dit lig. dan weer donker
Hier en daar 'n kersie wat flonker
Daar gaan nog baie stront kom...
Op 8 Mei gaan ons stem
vir die party wat graag wil wen.
Is dit dalk `n fout,
Of is iemand net bleddie stout,
want beurtktag gaan ons sekerlik rem.